BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die eerste Besluit van 'n Geskape Gees

28 MY VOLMAAKTHEID word bereik en is onveranderlik vir alle ewigheid in MY HEILIGE DRIE-EENHEID. Dus, vir alle ewigheid kan slegs die absoluut volmaakte vanuit MY ontstaan, sonder om ooit die geringste spoor van onvolmaaktheid te toon.

29 Julle kan dan vra hoe onvolmaaktheid in die skepping voorkom, as slegs Ewige volmaaktheid vanuit MY kan voortkom?

30 MY ANTWOORD op hierdie vraag sal julle die oplossing gee wat julle beide hoop en versekering sal gee vir julle moontlike terugkeer na MY HEMELE, die KONINKRYK VAN EWIGE LIEFDE EN VOLMAAKTHEID.

31 Dieselfde moment wanneer 'n GEES VAN VOLMAAKTHEID van MY ELOHIM DIE SKEPPER, as 'n geskape gees uitgaan, word hy voor die keuse geplaas om te besluit of hy volmaak soos EK DIE SKEPPER wil bly al dan nie. Dit hang van NEDERIGHEID af: NEDERIGHEID, nie om na homself te kyk as oorspronklik geskape volmaaktheid nie, maar eerder om te begin om MY, ELOHIM DIE SKEPPER onmiddellik as EWIGE LIEFDE EN VOLMAAKTHEID lief te hê, en MY te herken AS HY WIE hom geskape het en hom vir alle ewigheid sal onderhou.

32 Vrye wil, synde die belangrikste kenmerk van volmaaktheid, sal dus die volmaak geskape gees wat vanuit MY voortgekom het, onmiddellik konfronteer met die behoefte om vrylik te kies tussen eieliefde en Liefde vir MY in die nederige erkenning dat hyself 'n gees is wat geskape is deur MY. Daardeur word LIEFDE NEDERIGHEID in die aangesig VAN ELOHIM DIE SKEPPER; NEDERIGHEID gee dan WARE LIEFDE weer.

33 As die keuse van die vrye, geskape gees egter geneig is na homself, sonder om MY lief te hê, dan verander DIE OORSPRONKLIKE SUIWER EN VOLMAAKTE LIEFDE in eieliefde, terwyl DIE WARE LIEFDE-NEDERIGHEID aspek in hoogmoed verander. Die volgende fatale tree wat deur so 'n volmaak geskape gees gegee word, sal misvormde beelde van die Liefde en gees voortbring.

34 Bepeins gedurig in julle hart hieroor, sodat dit vir julle duidelik sal word hoe en waarom onvolmaaktheid en die absolute onvolmaakte, die Bose, uiteindelik binne MY skepping verskyn het, alhoewel EK, ELOHIM DIE SKEPPER, SELF EWIGE VOLMAAKTHEID IS!

35 Julle sal dan geleidelik verstaan waarom MY EERSGESKAPE GEES SATANA volmaak in alle opsigte soos EK, DIE SKEPPER was, toegerus met al die eienskappe van MY VOLMAAKTHEID, glansryk in haarself, binne MY EIE GLANSRYKHEID, en so vrylik selfvoldane eieliefde gekies het om 'n Teenpool van MYSELF te word.

36 Die latere Oergeeste wat vanuit MY HEILIGE, VOLMAAKTE DRIE-EENHEID voortgekom het, toegerus met dieselfde noodsaaklike volmaaktheid, kon 'n beperking op MY EERSGESKAPE GEES se eieliefde geplaas het, aangesien hulle getuies was van MY EWIGE SKEPPENDE VOLMAAKTHEID.

37 Maar geestelike vryheid laat enige besluit toe, anders sou vryheid maar net `n woord wees.

38 MY EERSGESKAPE GEES SATANA het vir haar eie mag in die verleende GLANSRYKHEID VAN MY HEILIGE GEES gekies. Dit beteken dat sy vir haar eie self besluit het. Die gevolg daarvan was vir haar onvoorspelbaar, maar tog was dit vir MY duidelik tot op die laaste en verste gevolge.

39 Die rede vir hierdie onvoorspelbaarheid van MY EERSGESKAPE GEES SATANA, ten spyte van al haar toegekende mag, krag en heerlikheid, is dat EK, SKEPPER EN GEES VAN ALLE GESKAPE GEESTE, HY IS WIE EK IS, en - soos julle alreeds gehoor het – DIE ONUITPUTLIKE BRON VAN EWIGHEID TOT EWIGHEID TOT IN ONEINDIGHEID, wat vir ewig om MYSELF 'n suiwer geestelike grens van MY SFEER vorm wat niemand kan oorsteek nie. Hierdie HEILIGE SFEER word gevorm deur MY DRIE-EENHEID, wat bestaan uit MYSELF, DIE EWIGE ELOHIM, SKEPPER, MEESTER EN HEMELSE VADER JAHSHUA, MY ALLERHEILIGSTE – MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, en die onvernietigbare, ewigdurende WERKENDE SFEER VAN MY HEILIGE GEES, waarop MY ALMAG rus en sy aktiwiteit uitoefen.

40 Net so het die besluit van MY EERSGESKAPE GEES 'n sfeer van haar eie-ek voortgebring, wat aanvanklik slegs 'n sfeer van wilskrag was, en nog nie 'n sfeer van werking en invloed nie. Die eerste gevolg van hierdie self-voortgebringde individuele sfeer, was dat MY EERSGESKAPE GEES haarself van MY HEILIGE DRIE-EENHEID afgeskei het. Die kind van MY HEILIGE DRIE-EENHEID het begin om so haar eie weë te hê.

41 Maar in alle billikheid aan hierdie kind van MY HEILIGE DRIE-EENHEID, moet dit gesê word dat EK ELOHIM DIE MEESTER onsigbaar en ontoeganklik gebly het vir hierdie hoogste kind Satana van MY HEILIGE GEES, en dat haar sig daardeur op haar eie self gerig was. Nogtans het MY ONBEPERKTE LIEFDE vir hierdie kind van MY HEILIGE DRIE-EENHEID, MY EERSTE GEES, haar omhul met alles wat binne MY ONEINDIGE ALMAG gelê het!

42 En omdat MY HEILIGE GEES VAN DRIE-EENHEID, hoewel onsigbaar, al meer waarneembaar is in die gees se innerlike kern - wat die GEESTELIKE HART is - en slegs aanskoulik kan word deur LIEFDE vir MY, word die Gees se vryheid van keuse slegs ten volle gerespekteer, terwyl sy die moontlikheid oophou om haar eie werksfeer met MYNE te verenig.

43 Sy benodig hierdie OORSPRONKLIKE BEGINSEL om LIEFDE in staat te stel om te bloei en te floreer in 'n eindelose verskeidenheid. EK DIE SKEPPER kon nie bekostig om hierdie OORSPRONKLIKE BEGINSEL ongeldig te laat verklaar deur 'n nog groter LIEFDE teenoor MY EERSGESKAPE GEES SATANA, DIE EERSTE KIND VAN MY HEILIGE DRIE-EENHEID te betoon nie. Die gevolg sou 'n verarming van LIEFDE gewees het, geestelike luiheid en 'n groeiende gebrek aan wilskrag; geen vrye geeste nie, maar geeste in gebondenheid sou uiteindelik in MY Skepping ingetree het, strooipoppe wat nie in staat sou wees tot ware LIEFDE nie en hulle sou ontdaan van die wil tot ware LIEFDE gewees het.

44 Hierdie OORSPRONKLIKE BEGINSEL VAN MY DRIE-EENHEID wat werksaam is in MY, was veronderstel om eindeloos in MY Skepping op te tree deur MY EERSTE GEES SATANA, toegerus met alle mag en heerlikheid van MY. Om hierdie rede is twee verdere OERGEESTE toegeken aan hierdie eersgeskape Gees om te korrespondeer met MY EIE NOODSAAKLIKE DRIE-EENHEID, beide geskep vir die oneindigheid van MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE in die volheid van MY MAG.

45 Dus moes 'n tweede DRIE-EENHEIDS BEGINSEL MY EWIGE EN ONEINDIGE SKEPPING vul en deurdring; tog was 'n verdere skeppende beginsel nog onmisbaar daarvoor en moes geïntegreer word as DIE ORDE VAN MY HEILIGE SKEPPING in die geestelike werksaamhede van MY EERSGESKAPE GEES SATANA,naamlik die fundamentele waarborg van MY EWIGE OEREIENSKAPPE, waarsonder EK nie ELOHIM kon wees IN MY EIE GEBIED VAN ORDE nie, en waarsonder die beginsel van voortplanting, of enige skeppende daad nie bereik kon word nie, en ook sou niks die wesenlike asem van die Ewige Lewe kon ontvang nie:

46 Neem deeglik kennis hiervan, mensekinders van hierdie wêreld, en julle sal verstaan waarom julle nooit iets vir ewig kan skep nie- maar slegs kortstondig, en dat al julle werk en arbeid iewers moet eindig. Die vermoë en eienskappe van MY GODDELIKE SELF alleen sal langdurigheid voortbring! En dit kan bereik word binne 'n ware en volmaakte huwelik, soos wat later verduidelik sal word. Laat ons nou eers voortgaan met MY GEESTELIKE OERSKEPPING.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205