BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die Vrye Wil, kern van MY HEILIGE erflating in die hart van die mens

10 As julle maar net geweet het, o mensekinders, wat die wese van die menslike natuur is, sou julle meteens volmaak geword het! Dit kan EK JAHWEH, JULLE ELOHIM EN SKEPPER julle vertel, mensekinders van hierdie Aarde, want EK alleen weet wat die wese van die menslike natuur is en wat julle in staat stel om MY VOLMAAKTE BEELD te word.

11 Julle mag dalk 'n aanduiding van julle ware aard hê. Dit kan julle kry wanneer julle Liefde vir MY, JULLE ELOHIM EN SKEPPER, opvlam, aanvanklik 'n flou asemteug, maar hierdie vlietende bewustheid is ver te min vir die sekerheid wat nodig is om die selfgemaakte sluier van julle wêreldse blindheid te deurdring, wat verhoed dat julle geestelike helderheid bereik. Hierdie mislukking is die gevolg van julle gebrek aan LIEFDE vir JULLE SKEPPER VAN HEMELE EN AARDE.

12 Enige tyd gedurende jou aardse lewe kan jy duidelik voel waarom jy by uitstek 'n mens is, want op enige tydstip van jou lewe kan jy jou vrye wil uitoefen net soos wat jy voel.

13 Is julle mensekinders dan nie vrye skepsele nie? Is julle dan nie toegerus met vermoëns wat geen ander skepsel het nie?

14 As dit dan so is, behoort jy te erken dat jy deel in 'n GENADEGAWE en dat hierdie unieke en onbeperkte GENADEGAWE onmoontlik gegee kon word deur enigiemand anders as JOU SKEPPER nie, en deur HOM alleen is jy daarmee geseën bo alle ander wesens van SY EWIGE SKEPPING.

15 Die bewustheid van hierdie GENADEvan MY moet jou werklik in 'n toestand van nimmereindigende LIEFDE vir MY plaas. Maar EK sê: Nie om MY ontwil moet jy MY, JOU SKEPPER, onbepaald en vuriglik liefhê nie, maar om jou eie onthalwe, want slegs dan kan MY GENADE in julle in werking tree, naamlik dat EK, JOU ELOHIM EN SKEPPER oneindig is, onbegrens en onbeperkte oorvloed is van die suiwerste HEILIGE GEES.

16 Want dit is waarom EK HY IS, VIR WIE alles moontlik is, want EK IS IN MY ALLES en kan te eniger tyd ALLES van MYSELF WAT EK IS EN AL WAT EK WIL uitgee.

17 Daarom is EK ELOHIM die MEESTER, want omdat EK IS, HET EK DIE VOLLE MEESTERSKAP IN ONBEPERKTE OORVLOED EN EWIGE VOLMAAKTHEID. Dit beteken - en jy beter in jou hart daarop let - dat EK nie eers vir 'n enkele teug van MY EWIGE WESE effens sal afwyk van die VOLLE TOT STAND GEBRINGDE VOLMAAKTHEID IN MYSELF nie.

18 Want as dit nie die geval was nie, dan

sou niks vanuit MY kon kom as LEWE nie,

niks sou homself kon voortplant as LEWE nie,

niks sou ooit kon bestaan as LEWE nie,

niks, as vermenigvuldigende LEWE, sou kon vorder

en ontwikkel tot hoër vorms van bestaan nie!

Nooit sou jy 'n lewendige en onsterflike SIEL gehad het nie!

Nooit sou 'n Gees in jou gewerk het nie!

19 Probeer dus om hierdie LIEFDE VAN JOU ELOHIM te verstaan, Wie as die EWIG GROOTSTE GEES IN VOLMAAKTHEID, jou, o mensekind, toelaat om uit te tree as:

ERFGENAME VAN SY EIE VOLMAAKTHEID

IN SY EWIGE LEWE AS EWIGE LEWE!

20 Julle, o mensekinders, ontvang dus 'n verdere nalatenskap van MY, naamlik die EWIGE LEWE. Julle is EWIG, net soos EK is! En ewig is MY LIEFDE teenoor jou. Want MY LIEFDE is nie 'n verbygaande vlam nie! Dit kan nie kortstondig wees nie. MY LIEFDE kan nie 'n kortstondige opwelling wees nie, want MY LIEFDE is volmaak.

21 MY LIEFDE vir julle, o mensekinders, is dus oneindig en ewig.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205