BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Oorsprong van die "Uitverkore Volk"

88 So het EK DIE MEESTER, die grootste Barmhartigheid betoon, juis aan daardie groep geeste wat aangesluit het by MY EERSGESKAPE GEES SATANA, wie rondom haar versamel het as 'n groep gewillige engele, wat daarna gestreef het om in MY Hemele 'n aparte almag van hul eie te plaas. Hierdie was 'n groep engele wat toegerus was met wonderlike eienskappe vanuit MY, maar tog deur MY EERSGESKAPE GEES SATANA mislei tot selfverheerliking en was deur haar gedruk om MY DIE MEESTER te oortref: Sonder hierdie groep opponerende engele, wie deur MY GENADE toegerus was met die hoogste kwaliteite van MY LIEFDE, sou MY EERSGESKAPE GEES SATANA nooit daarin geslaag het om 'n Teenpool vir MY ALMAG te word nie.

89 Terwyl Ek besig was met die skep van die materiële wêreld, na die val van MY EERSGESKAPE GEES SATANA van MY Hemele, met haar hele Teenpoolskepping, het EK DIE MEESTER hierdie ondermynende groep van voormalige engele van MY KONINKRYK, nie net met al die vernaamste kenmerke van MY GENADEGAWES, insluitend hul menslike kleed, gelaat nie, maar hulle ook gegradeer volgens hulle rang onder MY eersgeskape Gees as die "uitverkore volk" tussen al die ander nasies op Aarde, want deur die WET VAN SONDE EN VERSOENING moes hierdie groep ook die swaarste las van die skuld van MY EERSGESKAPE GEES deel. Dit is waarom, in MY GENADE, hierdie swaar skuldbelaaide Teenpoolgroep direk deur MYSELF gelei was om hulle in staat te stel om op die kortste manier van die skuldlas wat van die Hemele afgebring is, ontslae te raak, en die pad huiswaarts te vind na MY KONINKRYK VAN SUIWER LIEFDE; wat hulle nie aanskou het nie, selfs nie toe hulle nog 'n groep engele in die suiwer gesigskring van die HEILIGE GEES was nie. Sonder daardie hoër rang van "uitverkore volk" onder die nasies op die Aarde, sou hierdie Teenpoolgroep onder MY EERSGESKAPE GEES, as gevolg van die skuld wat op die hals gehaal was in die Hemele, nooit die pad terug na die verbeurde hemelse huis kon vind nie, maar sou volkome verbrysel gewees het onder hul skuldlas.

90 So het EK DIE MEESTER MYSELF in MY BARMHARTIGHEID onthul aan hierdie "uitverkore volk", eers as die WARE UNIEKE ELOHIM VAN HEMEL EN AARDE, en hulle deur MY Profete gelei in waarlik eindelose geduld, ten einde hulle skuldlas te verlig en om hulle deur beproewings te help om al hul swakhede te bemeester, om sodoende nie meer te struikel onder versoekings voor MY DIE MEESTER nie; om daardie rede het EK DIE MEESTER in MY grootste DAAD VAN BARMHARTIGHEID, vlees aangeneem in hierdie volk as hulle VERLOSSER EN MESSIAS.

91 Daarom kon die verlossing van die Oersonde van al die gevalle geeste deur MY JAHSHUA-BLOED, saamgeval het met die verlossing van die skuld van hierdie "uitverkore volk", as hulle MY maar net herken het, hulle ELOHIM in JAHSHUA DIE GESALFDE, in plaas van om MY aan die Kruis vas te spyker; Meer nog, MY EERSGESKAPE GEES en Teenpool, die eens hemelse gids en verleier van MY "uitverkore volk", sou onmiddellik ontneem gewees het van haar krag en sou haarself moes onderwerp in MY LIG tot haar ELOHIM EN SKEPPER, en haar Teenpoolmag sou beëindig gewees het.

92 MY "uitverkore volk" sou nooit verstrooi geword het as hulle nie in hul blindheid die verskriklike misdryf op Golgota begaan het nie; nooit sou daar enige vervolging gewees het van MY dissipels en al die aardse kinders wat in MY geglo het nie; nooit sou MY Teenpool in staat gewees het om rasend teen MY te word nie, hetsy in 'n Herodes, in 'n Kajafas, of in 'n Nero nie. Nie net kon die menslike ras 'n ander rigting ingeslaan het nie, naamlik die een wat lei na die Hemele, maar ook sou die hele Skepping in geheel 'n trap hoër gelig gewees het.

93 Daarom kan hierdie "uitverkore volk" niemand behalwe hulself blameer vir hul tragiese lot onder die nasies van hierdie Aarde nie, net soos wat elkeen homself behoort te blameer vir sy lot as hy MY nie herken en erken as ELOHIM DIE MEESTER en MY nie wil volg nie.

94 Tog kan geen volk op Aarde meerderwaardigheid eis oor hierdie "uitverkore volk" deur die inperking van sy reg om te lewe, of deur die ontkenning van sy bestaan nie; want alle nasies en rasse dra in hulself 'n graad van skuld en 'n graad van genade om die pad na MY KONINKRYK VAN EWIGE LIEFDE EN VOLMAAKTHEID te herwin. Elke skuldige gees van MY Hemele is in 'n ooreenstemmende graad binne 'n volk en `n ras geplaas, waarin hy die beste en die vinnigste verlos sal word van sy skuld. Daar is geen guns voor MY HEILIGE AANGESIG vir enige volk of ras om oor enigiemand anders op hierdie Aarde te heers nie, want voor MY, ELOHIM DIE MEESTER en SKEPPER VAN ALLE LEWE EN DINGE, is almal gelyk en almal is MY KINDERS en dra in hulleself die goddelike vonk van MY ERFENIS, en slegs die MAG VAN MY LIEFDE behoort te gloei in elke mens se hart om te verenig en alles saam te bring in hierdie LIEFDE, maar ook om enige swakheid te oorkom met hierdie LIEFDE, om so 'n ware HEMEL OP AARDE te laat plaasvind.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205