BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Take van Verlossing van die Huwelik

95 Kinders van MY LIEFDE, wend nou julle oë na binne, op sterkte van hierdie openbaring en herken dat daar ander redes is vir al die lyding op hierdie Aarde, as daardie valse redes wat deur julle intellek opgedis word, en vra julleself nou af wat julle kan doen om die oorsake van skuld deur bewustelike en aktiewe LIEFDE uit te wis, sodat die mensdom kan vorder na 'n nuwe ware tydperk van lewe.

96 Na al hierdie openbaringe behoort dit vir julle helder duidelik te wees wat elkeen van julle kan doen – afgesien daarvan watter argumente julle intellek ookal opgeroep het en wat slegs verwoesting voorspel vir julle– om so die GAWE VAN GENADE VAN JULLE ELOHIM EN SY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE vir julle volwassewording en opstanding in die LIEFDE korrek te begryp: DIE HUWELIK.

97 Want die huwelik is nie aan julle gegee deur julle ELOHIM EN HEMELSE VADER, vir die onthalwe van wellus nie, maar om te groei IN MY BEELD EN GELYKENIS. Meer nog, die huwelik is aan julle gegee om by te dra tot die redding van alles wat van MY Hemele in die diepte van die hel geval het deur hul eie skuld. Daarbenewens is die huwelik bedoel om vlees te gee aan 'n ewiglewendige siel, waardeur julle die skuldige geeste van die Hemele kan help om omhoog te styg na DIE WARE KONINKRYK VAN DIE LEWE.

98 Derhalwe, deur die diepste rede van MY LIEFDE EN GENADE, is die huwelik inderdaad iets heilig, die huwelik is oorheilig vir hulle wie dit korrek verstaan en dit uitleef volgens MY HEILIGE WIL. Tog sal elkeen wie dit ontheilig, deur dit in die modder van sonde te trek, nie net nog 'n skuldlas oor homself bring nie, maar deur die duiwelse aspekte van sondigheid sal hy MY Teenpool dien, wat hom in absolute duisternis van die lewe wil werp.

99 Deur 'n ware en volmaakte huwelik te lei, ignoreer julle nie net die eienskappe van MY Teenpool nie, maar help julle ook om haar te verlos, want sy het `n houvas op elke swakheid van die menslike liggaam en siel, om laasgenoemde aan haar te onderwerp in die dwangbaadjie van die vlees en dus van die dood. Begin dus, o mensekinders, om uit te styg bo die materie en die dood deur dit te volg wat nou aan julle geopenbaar sal word vir julle ewige redding aangaande die HEILIGE HUWELIK deur MY EWIGEDURENDE LIEFDE.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205