BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die Heilige Basiese Voorvereistes vir 'n Heilige Huwelik

100 Die begin van 'n ware huwelik, soos geheilig voor MY ELOHIM DIE MEESTER, het nie nodig om te wag tot die tyd van die huwelik nie, maar vind plaas sodra die vleesgeworde siel bewus geword het, deur MY GEESTELIKE ERFENIS daarin, van haar roeping om op te staan en haarself te vervolmaak. Tog is hierdie oomblik nog steeds te flou om die siel te forseer op die weë van MY HEILIGE GEES. Dit is soos wanneer 'n hemelse gees wat pas van MY uitgegaan het en in haar eie toegeruste vrye wil moet besluit of sy MY bo alles sal liefhê en MY in absolute gehoorsaamheid sal volg, of om haar eie weë te volg, soos wat EK alreeds aan julle geopenbaar het.

101 Hierdie oomblik vind plaas volgens MY HEILIGE WIL, in elke siel, hetsy manlik of vroulik, maar die oomblik van hierdie gebeurtenis hang af van so baie gebeure in die siel dat dit nie hier gedemonstreer kan word nie: Al wat gesê kan word, is dat dit volgens MY GODDELIKE ORDE op die regte tyd sal gebeur. Daarom kan geen siel argumenteer dat MY HEILIGE HAND nooit gereed was om haar te help in haar vordering of haar bekering nie.

102 Nou is hierdie NUWE BYBEL VAN MY bedoel om aan hierdie oomblik van ontwaking nie net 'n groter impak op die siel te verleen nie, maar meer om 'n tweede kans vir die siel se redding te wees vir ingeval die siel dit die eerste keer gemis het. Daarom word 'n spesiale GENADE na julle aardse kinders uitgestrek, juis in hierdie tye van buitensporige verkeerdhede tussen mans en vroue, om julle te red van die val in die dieptes van MY Teenpool en om julle te lei op die hoogvliegende weë van die ware huwelik.

103 Hoe gouer hierdie oomblik aanbreek vir 'n siel, hoe beter, aangesien sy dan al hoe gouer die HEILIGE WEЁ sal volg wat sal lei tot 'n ware en volmaakte huwelikslewe en op hierdie wyse 'n smartlike lot op Aarde ontkom. As 'n siel egter alreeds die verkeerde rigting geneem het voordat hierdie oomblik ontstaan, waarvan die omstandighede altyd MY HEILIGE WIL is, ter wille van die siel se eie volwassewording, is dit nie te laat vir alles nie en MY LEIDENDE HAND kan nog steeds aangegryp word. Dit is veral nou die geval in hierdie tyd, wanneer, DEUR MY TERUGKEER NA DIE AARDE IN MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, MIRIAM, MY HEILIGE ARM in enige situasie aangegryp kan word.

104 Oordink dus, MY kinders van hierdie Aarde, met alle erns oor dit wat alles hier geopenbaar, bekendgemaak en aan julle geleer word, sodat hierdie werklik heilige oomblik julle kan deurtrek met die volheid van MY LIEFDE om julle te verander - hetsy manlik of vroulik - in ware dissipels van JULLE ELOHIM EN MEESTER IN SY HEILIGE LIGSIRKEL VAN HEMEL EN AARDE, sodat die NUWE JERUSALEM op Aarde gebou kan word, waar 'n ware heilige huwelik geleef sal kan word.

105 Die ongetroudes wat hierdie oomblik in hul siel ervaar, sal MY GENADE verkry deur gelei te word tot 'n ware en volmaakte getroude lewe, met dien verstande dat hulle gereed is om MY HEILIGE WIL te vervul in alles wat neergelê is in hierdie NUWE BYBEL. So 'n huwelikstaat sal geheilig word voor MY ELOHIM DIE MEESTER, en sal 'n JAHSHUA-MIRIAM-HUWELIK genoem word.

106 Aan die ander kant, as die oomblik in 'n getroude siel aanbreek, sal sy MY GENADE verkry deur haar eenheid te verhoog tot die toestand van ware huwelik voor MY HEILIGE AANGESIG.

107 Wie alreeds 'n ongelukkige huwelik beleef wanneer hierdie oomblik van GENADE sy/haar siel sal tref, hierdie siel sal net so deel in MY GENADE insoverre dat die voorwaardes van getroude lewe verander sal word, op voorwaarde dat hy/sy bereid sal wees om sy/haar gade in alle dinge te vergewe en absoluut gehoorsaam te wees, deur te doen wat verwag word van MY HEILIGE WIL en wat in hierdie NUWE BYBEL geskryf is.

108 Wie die bande van die huwelik deur egskeiding verbreek het, mag nietemin in sy siel getref word deur hierdie oomblik van GENADE deur MY GENADE, om sodoende gelei te word tot die beste van sy geestelike belange volgens MY HEILIGE WIL.

109 Laastens, selfs al daardie siele wat nog steeds heeltemal verdwaal is en op die paaie van die helse sondes was, kan steeds getref word deur hierdie oomblik van GENADE, insoverre hulle bereid sal wees om hul oë opwaarts te wend na MY DIE MEESTER IN MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE en om so 'n nuwe lewe te begin sonder om terug te val, al is dit net vir 'n enkele gedagte in hul ou foute en sondes.

110 Niemand is dus uitgelaat van MY allesomhelsende JAHSHUA-MIRIAM LIEFDE nie; almal kan gelei en gered word en die hele Aarde kan gesuiwer word vir die NUWE JERUSALEM wat, volgens MY HEILIGE PLAN VAN DIE SKEPPING, gereed is om 'n werklikheid te word op hierdie Aarde van verlossing. Dink, kinders van die Aarde, oor wat dit beteken, besef in watter TYD VAN GENADE julle woon en wat gedoen word vir julle deur JULLE HEMELSE VADER VAN EWIGE LIEFDE in SY BARMHARTIGHEID!

111 Daar behoort dus net een ding te wees wat vir julle saak maak, naamlik om met heilige erns hierdie HEILIGE GEBOOIE aan te neem vir 'n ware huwelikslewe wat geseën en geheilig is deur MY, en om beslis weg te draai van alles wat die sondige wêreld van MY Teenpool nog probeer inprent in julle gedagtes.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205