BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die eerste Gebod vir `n Ware Geheiligde Huwelik

112 DIE EERSTE GEBOD vir 'n ware geheiligde huwelik volgens MY HEILIGE WIL stel vir elke siel, hetsy manlik of vroulik, vas:

113 Reinig julle gedagtes met MY JAHSHUA-MIRIAM-LIEFDE van alle heersende of stygende smerigheid van helse eieliefde, wat niks anders as haarself ken nie, en soek slegs selfbevrediging en nie kieskeurig is oor middele om die maat se liggaam en siel te onderwerp nie, nie eers die weerhouding van onsedelike aanranding, indien nodig nie.

114 Wend jou gesuiwerde gedagtes omhoog tot MY, ELOHIM DIE MEESTER, die vir ewig VOLMAAKTE, en hunker slegs na een ding: Om volmaak te word soos wat EKSELF is, waarna EK jou sal vul met die HEILIGE BALSEM VAN MY HEMELSE VOLMAAKTHEID om so jou gedagtes te bestendig, sodat hulle maar net vervulling wil geniet in die saligheid van hierdie ewige volmaaktheid; dit sal jou siel suiwer en stralend maak, sodat MY HEILIGE GEES gemaklik kan voel daarin en haar totaal kan deurtrek en haar vul om haar wedergeboorte in MY HEILIGE GEES VAN EWIGE LIEFDE EN VOLMAAKTHEID te laat plaasvind.

115 Julle kan verseker wees, o, manlike of vroulike siel: Julle gedagtes is die aanvanklike vorme van die toestand van julle siel; pas dus op om onsuiwer, of nog erger, helse denkskemas in die wêreld in te projekteer. Want kyk: Alles wat julle omring en alle herlewende boosheid van hierdie wêreld wat julle omgewe, poog om mag oor julle te kry, en dit alles is maar uitgedrukte vorme van helse sieletoestande, aangesien alles na sy verwekker terugkeer soos 'n boemerang.

116 Neem daarom ware LIEFDE aan, suiwer LIEFDE, heilige LIEFDE, wat MY JAHSHUA-MIRIAM-LIEFDE is, sodat die denkskemas van hierdie mees heilige LIEFDE alles om julle kan deurdring en na julle kan terugkeer met MY SEЁNING, om dus geleidelik alle uitgedrukte vorme van die hel op te los. Want Hemele en hel is selfgeskape toestande van die verstand en die siel.

117 Het EK nie alreeds in hierdie NUWE BYBEL gesê dat Liefde MY OERTOESTAND sedert die ewigheid was nie? Word ook so en skep in julle siel en in haar werksfeer 'n toestand van volmaaktheid van MY LIEFDE, en daardeur sal julle die eerste voorvereiste geskep het vir 'n ware huwelik wat geheilig moet word deur MY.

118 Enigeen kan hierdie eerste gebod vir 'n ware huwelik vervul indien hy/sy ernstig bereid is om 'n ware getroude lewe te lei en om deel te neem in MY GENADE, om sodoende terug te keer na die ware Ewige koninkryk van die lewe, dit is MY Hemele.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205