BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Redding word gemobiliseer om alles te oorwin wat die hel en sy riole van sonde dien

146 MY GENADE-begaafde huwelik, met die oog op die siel se wedergeboorte in MY HEILIGE GEES, kan nie vroeg genoeg geheilig word sodat al `n siel se kragte voldoende kan groei en ontwikkel binne `n ware, geheiligde huwelik nie, om sodoende haar eie deeltjies op te los wat eens van MY Hemele geval het en nou gebonde is aan die wêreld van MY Teenpool; onthou dat EK DIE MEESTER reeds daarop gewys het dat die gebied van die siel lê tussen die gevalle Gees wat eens vanuit MY voortgekom het en MY HEILIGE GEES VAN VOLMAAKTHEID.

147 Dus sal 'n siel, selfs al is sy vasgevang in haar liggaam, nie meer in die diepte van MY Teenpool ingetrek word nie, maar behou MY HEILIGE GEES in MY HEILIGE VONK binne-in haarself, opgesluit in 'n soort van `n tronk, opgemaak deur haar gevalle en gebonde eienskappe, inteendeel, sy sal nie net die gees binne haarself bevry nie, maar haarself ook oorgee om saam die vlug opwaarts na MY toe te begin, na MY VADERLIKE HART.

148 Nou kan julle sien, KINDERS VAN MY LIEFDE, dat 'n heiligmaking in die huwelik moontlik is en wat die eintlike doel is. Julle sal ook geleidelik besef hoe, deur die regte begrip van die huwelik as 'n kosbare GAWE VAN GENADE VAN JULLE ELOHIM, die mensdom en die hele Aarde verander kan word, en waarom hierdie NUWE BYBEL waarlik julle heilige ANKER VAN VERLOSSING is om julle te red vanuit die blinde wêreld waarin julle leef.

149 Want as die huwelik in die volste onderwerping aan MY geleef word, deur gesuiwerde denke en 'n wilskrag wat gefokus is op volmaaktheid, sal sy vrugte waarlik in alle opsigte geseënd wees, geestelik, sielkundig en aards.

150 Steeds meer as gedagtes, sal optrede in die huwelik `n vername invloed op lewensverwekking hê.

151 Aan die ander kant sal 'n getroude lewe in die begeerlikheid van die vlees en sonder die gedagtes van suiwer Liefde gefokus op MY, maar net die vrugte van begeerte dra, in hul materiële lewe verwoed in hul losbandigheid vermeerder, net soos skadelike bakterieë.

152 Daarom hoef julle nie in die minste te wonder oor die hedendaagse mensdom wie se boosheid daagliks besig is om oral meer waarneembaar te word, en wat die Oordeel bewerk deur hul eie werke nie. En elke getroude paartjie wat toegee aan die versoekings en genietinge van hierdie Teenpoolwêreld, sal die roes van goedheid en waarheid, heiligheid en goddelikheid versnel, dienend as 'n selfvoldane instrument in die hande van MY Teenpool.

153 Daarom moet hierdie NUWE BYBEL, as die HEILIGE ANKER VAN VERLOSSING uit die moeras en duister van hierdie wêreld, DIE HEILIGE BYBEL vir alle mense word en veral DIE BYBEL VAN ELKE HUWELIK, as daar nog tyd is om die ergste van hierdie mensdom af te weer.

154 Met dien verstande dat die wilskrag van beide manlike en vroulike siele gefokus bly op MY, die ewig VOLMAAKTE SKEPPER, soos uitgewys in die eerste drie gebooie, kan die ergste van die onvermydelike Oordeel steeds vermy word en alle lewe in die volmaakte rigting gekanaliseer word, dit is na MY DIE SKEPPER.

155 Daarom doen EK DIE MEESTER EN DIE SKEPPER van julle gees en siel, 'n beroep op julle: Begin julle wilskrag op MY fokus en heilig dit deur die vervulling van MY GEBOOIE, en MY SEEN sal op julle wees in alle dinge!

156 Vir julle, jong manlike en vroulike siele, los die versoekinge van die vleeslike lewe in die slykagtige riole van MY Teenpool en onthou in alle omstandighede wat EK DIE MEESTER julle hier in MY NUWE BYBEL geleer het!

157 En ook julle, mensekinders, wie die huwelik onbesonne ingegaan het, sonder om ooit te gevra het aangaande die ewige en heilige doel van die huwelik, laat alles staan wat maar net die vreugde van die vlees is, en wat geen vreugde van ware, ewige en heilige LIEFDE kan bring nie!

158 DIE HEILIGHEID VAN DIE LEWE met sy ware saligheid in hart en siel is nog steeds beskikbaar vir julle almal, en dit is nooit te laat om die verloop van 'n mens se huwelik te verander, vanaf die rigting van die hel na die van MY Hemele reeds hier benede nie. Want EK DIE MEESTER sal talle GENADEGAWES gee aan wie ookal sal begin om sy hand uit te reik na MY, en daar sal oorvloed vloei na wie ookal voldoen aan MY ALLEEN HEILIGE EN VOLMAAKTE WIL.

159 Deur die vervulling van MY HEILIGE WIL, maak julle dit dus jul eie en julle sal gou agterkom dat julle die velde van die egte saligheid en ware geluk sal bereik.

160 Sommige direkte wenke kan deur MY bygevoeg word aan wie dit ookal aanvullend nodig het by die eerste drie gebooie vir 'n ware geheiligde huwelik, maar laat ons intussen gaan na die volgende noodsaaklike gebod wat lui:


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205