BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die sesde gebod vir ware geheiligde huwelik

267 Die sesde gebod vir 'n ware geheiligde huwelik omvat die toepassing van Godgeoriënteerde GEDULD, waardeur 'n ware doel slegs haalbaar sal word, en in die besonder MY Skepping se hoofdoel van die HEILIGE HUWELIK, binne MY VOLMAAKTHEID.

268 Sonder geduld, geen volmaaktheid nie! Geduld is 'n wet van volmaaktheid op sigself, voortspruitend vanuit MY, DIE EWIGE SKEPPER VAN VOLMAAKTHEID!

269 Kyk rondom julle en julle sal moet besef dat selfs in die kleinste dingetjies julle nie anders kan as om te bly by en julle te skik volgens hierdie wet van volmaaktheid nie! Dit kom daarop neer dat julle nie eers kan voortbestaan sonder om te voldoen aan hierdie wet nie! Julle kan nie peuter met die behoorlike rypwording van natuurlike vrugte nie, ook nie met julle omgewings- en die lewenstoestande wat ondergeskik is aan MY HEILIGE WIL nie, sonder die gevaar om skade aan julleself te berokken, ook kan julle nie 'n ware huwelikslewe lei sonder MY, JULLE ELOHIM EN SKEPPER nie!

270 Aangesien die meeste van MY mensekinders egter ontoeganklik is vir hierdie argument, word hulle gedruk om die doel van volmaakte Liefde en `n gelukkige huwelik op te offer met hul eerste vlaag van Liefdesiekte. Maar in plaas daarvan dat hulle hul oë ophef na MY, met die eerste tekens van 'n gevoelige skeuring, met die gevolglike verwarring wat oorgelaat word om te ontwikkel tot volledige vervreemding, of die ergste van alles – eers word 'n pinkie en dan die hele hand uitgereik na MY Teenpool; en kort daarna word die hele siel met haar liggaam aan haar oorgegee! En in baie gevalle onderwerp beide man en vrou hulle aan MY Teenpool "SATANA" vir hul volkome ondergang.

271 In die meeste gevalle egter, is een van die partye nugterder en sal dan al die wee van hierdie huwelik moet dra. Aan hom/haar bied MY NUWE BYBEL spesiale hulp vir sulke lyding, wat selfopofferende Liefde in staat stel om in goddelike geduld sy of haar huwelik te herskik in die lig van MY ORDE, om `n eenheid te word in beproewing en bevryding.

272 Indien die lydende party heeltemal oorgee aan MY, MY GEBOOIE onderhou in alle dinge met die ernstigste vasberadenheid en gereed is om die offer van ondersteunende Liefde te aanvaar, dit is om sy of haar lewensmetgesel in volmaakte geduld te dra, met al sy of haar gebreke en swakhede, dan kan groot dinge nog bereik word: óf die herstel van 'n ware, geheiligde eenheid, of deur die offer van blywende Liefde die toestaan van MY GENADE om op te staan na hierdie aardse lewe, tot die eerste trap van MY KONINKRYK VAN EWIGE LIEFDE.

273 Soos julle kan sien, kan 'n huwelik in elk geval nog steeds deel hê in MY GENADE, met dien verstande dat die gade wat gereed is vir lyding en selfopoffering, sy of haar absolute geloof in MY ELOHIM DIE MEESTER bely, alles in MY hande plaas en begin om MY HEILIGE STEM te volg. Dit word in die huidige TYD VAN GENADE op Aarde al hoe makliker teweeggebring deur MY TERUGKEER in MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE en kan in elke geval die vrugte van MY GODDELIKE GENADE dra.

274 Geduld het vanuit LIEFDE gekom! Trouens is daar geen ware LIEFDE sonder geduld nie! Geduld is in wese dieselfde as LIEFDE, aangesien dit een van die hoogste OEREIENSKAPPE VAN ELOHIM is. MY LIEFDE sal nooit EWIGE LIEFDE wees, as Geduld nie een van die mees barmhartige eienskappe was nie. Julle sal skaars in staat wees om te verstaan as EK julle vertel dat daar selfs in MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE nog steeds 'n sentrale punt van GEDULD is.

275 Of julle in die nag die gewelf van die Hemele bewonder met sy ontelbare sterre, of julle oor berge en valleie kyk, en of julle die groot uitgestrektheid van die see bepeins, oral sal julle MY LIEFDE in GEDULD teëkom. Want alles wat julle sien, is lewend, EWIGE LEWE en nêrens EWIGE DOOD nie, selfs al blyk dit dat menige vorme van lewe "dood" is; tog is dié vaste vorms, soos die berge, nogtans EWIGE LEWE; want dit omvat daardie lewe wat, vanuit die diepste wysheid, vir verlossing moet wag tot aan die einde van julle ster van verlossing "Aarde". Julle kan 'n idee kry van die geweldige lewende krag wat daarin opgesluit is, deur die kernenergie wat vrygestel word van die digste materie; tog vra julle, o mensekinders, nie vir MY DIE SKEPPER, of dit MY HEILIGE WIL is dat julle hierdie rustende "kernenergie" vrystel wat vir hul regte verlossing wag nie!

276 EK DIE MEESTER sê vir julle: moet nie peuter met MY SKEPPINGSPLAN nie, en ingeval julle nie seker is of julle vrye wil met Myne gaan bots in MY WERK nie, word julle goed aangeraai om in die diepste nederigheid na MY toe te kom om MY te vra wat om te doen, of anders loop julle die risiko om onbedag julle oordeel te aktiveer deur julle eie toedoen, MY kinders!

277 Wees geduldig in alle dinge, net soos wat EK geduldig is met julle, en altyd wag om te sien of julle bereid is om MY LIEFDE te herken!

278 EK IS GEDULD VAN EWIGHEID TOT EWIGHEID, net soos EK LIEFDE VAN EWIGHEID TOT EWIGHEID IS!

279 As dit nie die geval was nie, kon niks van ewigheidswaarde enige vordering gemaak het nie! Wees daarom geduldig in julle getroude lewe, hou mekaar in ware geduld van MY LIEFDE, verloor nooit julle humeur nie, maar wag totdat julle metgesel die regte insig vanuit suiwer LIEFDE verkry, om dit wat nie kan standhou voor MY HEILIGE AANGESIG nie, sodanig te verander of te verwerp.

280 En wees die grootste geduld met jouself, wie ookal die ander dra; want daardeur word julle volwasse om sulke Kinders van MY Liefde te word wat EK kan gebruik as ware instrumente en pilare van MY EWIGE LIEFDE. Probeer om nooit blindweg op te tree nie, om so geen siel te benadeel nie, hetsy joune of jou naaste s`n, want EK het reeds die wonder van die siel aan julle bekend gemaak en dus kan slegs ware LIEFDE met eindelose geduld die wonder van die opheffing van 'n mens se eie siel en 'n naaste s`n van die binding van skuld en swakheid na die trappe van die hemelse leer bereik, wat lei na MY KONINKRYK VAN VOLMAAKTHEID!

281 Aangesien die uiterste geduld slegs te vinde is in MY, DIE MEESTER VAN DIE EWIGE LEWE, en EK alleen die grootste werke van geduld, ter wille van verlossing, kan bereik, kan julle daaruit verstaan dat nie net MY LIEFDE, eens in JAHSHUA DIE GESALFDE, vir julle gekom het nie, mensekinders, maar ook MY GEDULD, omdat EK geweet het dat EK weer na julle toe sou moes kom, mensekinders van hierdie sondige Aarde, ten einde MY WERK VAN VERLOSSING te volbring vir julle.

282 Voorwaar, sê EK JULLE ELOHIM EN MEESTER, in die lig van al julle tekortkominge wat vir ewig hulleself herhaal en elke dag erger word, o mensekinders, het MY GEDULD, ter wille van julle, byna haar einde bereik! En tog sal MY GEDULD nooit toelaat dat sy self weggevoer word soos julle s`n nie, o, mensekinders. Nee, MY kinders, MY GEDULD het altyd en sal vir altyd heers; sy weet hoe om nog 'n hoër graad van MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE tevoorskyn te bring: Volmaakte sagmoedigheid en barmhartigheid!

283 Dit lei ons van MY SEWEVOUDIGE GODDELIKE WESE na die sewende en laaste gebod vir 'n ware geheiligde huwelik.

284 Op die Kruis van Golgota het EK in JAHSHUA DIE GESALFDE aan julle bewys, o mensekinders, hoe DIE LIEFDE VAN ALLE LIEFDE geleef moet word in volkome sagmoedigheid en barmhartigheid, om sodoende op te staan uit die beperkinge van die aardse lewe, na die ware KONINKRYK VAN EWIGE LEWE.

285 Dit moes julle gelei het, o mensekinders, om MY HEILIGE NAAM "JAHSHUA" aan te gryp vir die ware uitdrukking van julle ELOHIM EN SKEPPER en SY EWIGE LEWE, en daarom kan EK slegs in "JAHSHUA" julle HEMELSE VADER wees, WIE julle nie net verlos het deur SY SAGMOEDIGHEID EN BARMHARTIGHEID van die skuld van julle val van MY Hemele nie, maar WIE op dieselfde tyd, deur SY DOOD AAN DIE KRUIS, julle die vryheid verleen het om soos KINDERS VAN SY EWIGE LIEFDE te wees, vry van die mag van die Teenpool op hierdie ster van verlossing "Aarde" genoem, as dit julle wil is.

286 As julle, o mensekinders, bereid is om binne julle huwelik hierdie sewende gebod van sagmoedigheid en barmhartigheid in praktyk te stel deur die opheffing van julle oë na MY aan die KRUIS VAN GOLGOTA, sal alles vir julle moontlik wees; julle sal in staat wees om alles te oorkom wat nie ware LIEFDE is nie; julle sal in staat wees om dit te doen en op te staan uit enige binding om die "kroon van die lewe" te verkry, wat die EWIGE LEWE is!

287 Sodat julle, o mensekinders, hierdie "Kroon van Lewe" al hoe makliker kan verkry, het EK DIE MEESTER IN MY GENADE, weer na hierdie Aarde in MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE teruggekeer as julle MOEDER VAN VERLOSSING, sodat julle MY STERK EN HEILIGE ARM in Haar kan aangryp.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205