BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Toegang tot die HEILIGE GEES VAN ELOHIM ONS MEESTER / Die byeenkoms van Hoë Geeste

22 Hoe moeilik dit vir die wêreldse wyses is om die wedergeboorte in MY HEILIGE GEES te verstaan, blyk duidelik uit MY gesprek met die geleerde Nikodemus van Jerusalem tydens MY aardse leeftyd. Aangesien wêreldse wysheid van geen nut is vir hom wat wil ingaan in die ware gees nie; sal die LIEFDE vir die siel, deur die graad van haar inwonende vuur, die poort na MY HEILIGE GEES oopmaak.

23 Dit is 'n WET VAN LIEFDE dat liefde sal lei tot die bronne van die mees heilige waarhede, maar slegs daardie siele wat in LIEFDE ontvlam en dit opstook tot 'n brandende vuur.

24 Vandag het julle dit makliker as ooit voorheen op Aarde om hierdie VUUR VAN LIEFDE aan die brand te kry, want die nood van miljoene siele onder die woedende gruweldade van die diepste hel dors na julle heftige LIEFDE, en as julle werklik daarna streef om MY, JULLE ELOHIM EN SKEPPER lief te hê, sal julle die lydende siele red en verlos met die heiligste ywer van julle brandende LIEFDE.

25 Sonder 'n brandende vuur in die vuurherd, kan geen smid die yster laat gloei en `n vorm daarvan smee nie; op soortgelyke wyse, sonder die brandende VUUR VAN MY HEILIGE GEES kan menslike siele, gevange in die diepste slawerny, nie gevorm word nie. Want nog harder as die materiaal struktuur van yster en staal, is die stywe beperkte strukture van vele menslike siele. Julle kan dit so duidelik sien in die by verre oorgrote meerderheid siele van MY voormalige "uitverkore volk" Israel; maar julle kan dit ook baie duidelik sien in die meeste mense van hierdie tyd. Die duiwel is so dikwels besig om hulle te ry en nog sal dit hulle nie byval om aan MY, ELOHIM DIE MEESTER te dink nie.

26 Selfs in die skare menslike siele wat MY liefhet, kan 'n HEILIGE BRANDENDE VUUR VAN LIEFDE nooit ontvlam as EK DIE MEESTER nie onder hulle 'n hoë Gees van MY Hemele stuur nie. Aldus die groot boodskappers van MY Hemele, die ware profete en dissipels van MY LIEFDE, wat nog altyd hul verskyning gemaak het onder mense in die VUUR VAN MY HEILIGE GEES, en al die gevare en pyn geïgnoreer, alleenlik gefokus op hulle heilige missie, naamlik om die mens te lei op MY HEILIGE WEЁ.

27 Tog het hulle nooit direk in die VUUR VAN MY HEILIGE GEES na die Aarde toe gekom om gevrees te word, of om in verwondering na gekyk te word nie, want niks sou behaal word vir die rypwording van die menslike siele nie, want ten einde sou die lou massas gou verveeld geraak het, indien sulke hemelse wonders nie ononderbroke sou aangaan nie.

28 Vandaar dat al die hoë Geeste van MY Hemele eers deur 'n onverbiddelike tydperk van toetse en beproewinge in hulle materiële liggaam moes gaan voor MY HEILIGE WIL hulle kon aanspoor dat die tyd aangebreek het om die sluimerende kole van hul hemelse GEES VAN LIEFDE te aktiveer. Tot dan moes hulle eers ervaring in hul fisiese liggaam insamel om hulle toe te rus met kundigheid en 'n gloeiende hart wat hulle in staat sal stel om in te skakel op die weg van opoffering en verlossing.

29 Gedurende die huidige tydperk op Aarde is daar nie net 'n groot aantal hoë geeste van die Hemele onder julle nie, o mense, sê EK DIE MEESTER - die meeste van hulle en die hoogste leef onder julle, en hierdie multivolume NUWE BYBEL VAN MY BARMHARTIGHEID word geskryf deur die twee Hoogstes. Tog is dit nie al nie! Wanneer hierdie eerste volume van MY NUWE BYBEL, "DIE BOEK VAN LIEFDE", oor die hele wêreld versprei het, sal die grootste voorbereidende werk vir die verlossing van die menslike ras deur hulle tot stand gebring wees, terwyl deur MY HART SE-OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE in HAAR huidige inkarnasie die donkerste van die donker reeds ontbind en verlos sal wees.

30 EK het dit reeds gestel dat 'n hele leërskare van MY Hemele geïnkarneer het na die aardse lewe vir die verlossing van alle gewillige siele van die menslike ras.

31 Die versameling van alle hoë Geeste en engele vanuit MY Hemele het nou begin op hierdie ster van verlossing gedurende hierdie huidige tyd met hierdie "BOEK VAN LIEFDE" van MY HEILIGE NUWE BYBEL in MY LIGSIRKEL VAN HEMELE EN AARDE.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205