BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 1 –

DIE KONINGIN VAN DIE HEMELE: DIE HEILIGE LIG VAN LIEFDE VAN MY HEMEL

1 Dit is MY Heilige Wil,

kinders van hierdie Aarde,

dat julle LIEFDE sal word,

DIE vurigste, genadigste

JAHSHUA- MIRIAM-LIEFDE

net soos wat

EK JAHWEH, JULLE HEMELSE VADER

JAHSHUA

hierdie LIEFDE van EWIGHEID tot EWIGHEID is.

2 Want hierdie LIEFDE, MY kinders, los nie net alles op nie, maar verlos jou van al die bande van die duisternis waarin jy vasgevang is deur die oerewige Wet van Sonde en Versoening, wat nie net 'n onverbiddelike wet vir elke siel, ongeag haar oorsprong is nie, maar ook die grootste WET VAN DIE LIEFDE, waarsonder daar geen versoening vir enige skuld is nie, ongeag sy gewig.

3 Dit moet dus duidelik wees dat 'n kind van hierdie Aarde MY hemele slegs deur LIEFDE kan bereik en gevolglike dade van LIEFDE. Hierdie LIEFDE sal egter nooit eie-liefde, gretig vir haar eie voordeel wees nie, want so 'n liefde is die van MY teenpool - Satana.

4 Ware LIEFDE moet bereid wees om te dien, net soos 'n teer bruid haar gade sal dien en dit is die LIEFDE wat EK JAHWEH in jou hart geplaas het.

5 Jy het egter hierdie suiwer put van MY JAHSHUA- MIRIAM-LIEFDE binne-in jou laat opdroog deur te dien onder MY teenpool wat haar bes doen om jou heeltemal vas te gryp met haar duiwelskloue.

6 Daarom het EK JAHWEH teruggekeer na hierdie duister Aarde om aan julle die HEILIGE LIG VAN MY HEMELE, wat DIE HEILIGE VUUR VAN MY JAHSHUA- MIRIAM-LIEFDE is, te bring!

7 Want die LIEFDE moet nie net straal vanaf julle aangesigte nie, maar ook julle hele wese inderdaad verander sodat julle onherkenbaar vir julleself sal word, deurdat julle reeds hier op Aarde kinders van MY hemele word!

8 Begin dus onmiddellik om aan jouself te werk met al jou energie om alles binne jouself te onderdruk wat nie in MY Hemele kan ingaan nie!

9 En dit is onontbeerlik vir elke menslike siel voor sy tot ruste gaan in die nag om nederig voor MY DIE MEESTER te kniel, en self in gebed te vra: "MY ELOHIM EN MEESTER, het EK hierdie dag op `n wyse deurgebring dat U kan juig oor MY, U sondige kind, of het EK nuwe sondes op MY laat kom deur MY nalatigheid en liefdeloosheid met betrekking tot MY naaste?" As elke siel haarself dit elke aand afvra, sal sy gou 'n groot verligting binne-in haar hart bemerk, want nou streef sy daarna om nie meer te sondig nie en voortaan nie meer die grootste LIEFDESGEBOD van haar ELOHIM EN MEESTER te oortree nie, naamlik:

WEES VIR ELOHIM BO ALLES LIEF

EN JOU NAASTE SOOS JOUSELF!

10 Want aan elkeen wat hierdie gebod opneem, o MY kinders, sal die Goddelike GENADE van 'n ware kind van sy ELOHIM EN MEESTER reeds hier op Aarde toegestaan word.

11 Verder moet jy nooit jou daaglikse werk begin sonder om MY DIE MEESTER, te dank vir alles wat EK julle gegee het in MY oneindige Liefde nie. Hierdie dank moet spruit uit die mees innerlike van jou hart met die vaste voorneme om 'n ware JAHSHUA- MIRIAM-KIND te word.

12 Dus, seën en wees lief vir almal, sê EK JAHWEH, sodat die LIG weer kan kom na die Aarde! Hierdie HEILIGE LIG VAN MY HEMELE moet nie net straal uit elke hart wat werklik bo alles lief is vir MY, ELOHIM die MEESTER nie, maar dit moet vanaf jou versprei deur MY hele skepping tot by die mees afgeleë dele.

13 Want dit is LIEFDE, niks buiten LIEFDE wat EK DIE MEESTER, aanhoudend en vir ewig aan julle mensekinders gee nie. Maar wat bied julle MY in ruil? Julle hele hart? Nee, sê EK JAHWEH, selfs dié wat huil "MEESTER, o MEESTER!" en ontelbare gebede stamel, is nog ver weg!

14 Alleenlik 'n ware gebed komende uit die bodem van die hart - 'n ware uitroep – word aangeneem, maar nie net 'n uiterlike beweging van die lippe of 'n dreuning van eindelose smeekgebede nie; EK JAHWEH sal dit nie ontvang en nie daaraan aandag skenk nie, want dit is 'n uiterste gruwel voor MY HEILIGE AANGESIG. Neem kennis, mensekinders, dat 'n opregte gebed tot MY, JOU ELOHIM EN HEMELSE VADER moet 'n gebed wees, nie net met volle erns nie, maar ook met die mees gloeiende Liefde waartoe jou hart in staat is!

15 Begin dus leer hoe om so 'n ware gebed te verwoord, wat 'n gebed van die hart moet wees, net soos wat 'n algebraïkus begin om sy tafels van vermenigvuldiging te leer, en aanhou totdat dit die soort van gebed is wat dit behoort te wees, naamlik `n gebed van Liefde vanuit die hart wat deur MY DIE MEESTER aanvaar sal word, as jy gereed is om 'n nuwe lewe hier op Aarde in die diepste nederigheid te begin met MY,ELOHIM EN MEESTER BINNE MY HART SE OERGRONDPOOL MIRIAM!

16 Hierdie nuwe lewe moet 'n lewe van Liefde wees, net soos die lewe wat EK DIE MEESTER as voorbeeld een keer in JAHSHUA DIE GESALFDE gestel het, net soos wat EK dit nou weer doen in die KONINGIN VAN MY HEMELE, WIE na vore sal kom op hierdie Aarde wanneer EK JAHWEH dit so sal besluit.

17 Maar hou ook in gedagte dat die LIEFDE gepaard gaan met strengheid, of anders sou dit nie WARE LIEFDE wees wat elke menslike siel wil red nie!

18 Vandaar dat MY strengheid in WIE EK DIE MEESTER, na hierdie Aarde teruggekeer het, in werklikheid MY grootste Liefde en Genade is. Of kan jy jou indink dat 'n kind van MY LIEFDE gered kan word van die afgrond van die duisternis met 'n blote sussende, liefkosende liefde? Dit is onmoontlik vir iemand om dit te glo!

19 Laat niemand dus aanstoot neem met die strengheid van MY MOEDER VAN WELEER, MIRIAM, WIE nie net die vrou bo al die vroue is nie, maar ook die man bo alle mans is!

20 Wat dit egter impliseer, sal slegs duidelik word vir die kind van MY LIEFDE wat genoegsaam volwasse is om die taal van sy ELOHIM en die MEESTER te verstaan.

21 Waak en bid dus en vra aanhoudend om nie 'n slagoffer te word van Satana nie, wie in die glansryke kleed van MY Teenpool gewikkel is, en kyk op na MY DIE MEESTER in die KONINGIN VAN MY HEMELE en dan sal jy Satana herken, wie jou in stukkies wil skeur soos 'n wolf in skaapsklere; want groot is die mag van MY teenstander en wees dus daarom op die uitkyk om nie heeltemal as prooi in haar kloue te val, waarin sy jou vir eeue gevange sal hou nie!

22 Maar julle kan dit alles vermy deur die LIEFDE wat sal en moet gloei in julle harte om MY GENADE werksaam te maak in julle.

23 Ontwikkel dus LIEFDE, die vurigste en barmhartigste JAHSHUA- MIRIAM-LIEFDE teenoor elke siel sodat

DIE HEILIGE LIG VAN LIEFDE

van

MY HEMELE in jou hart ontvlam.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205