BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 50

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Wedergeboorte in die Vuur van die HEILIGE JAHSHUA-MIRIAM-GEES, 'n Geval van die Skepping in die Hemele en op Aarde

38 Maar een ding moet EK DIE MEESTER dadelik sê, veral vir diegene wat besluit om die volmaakte weg van LIEFDE te gaan, en om MY HEILIGE WIL sonder voorbehoud en vir alle ewighede te vervul:

39 WEDERGEBOORTE IN DIE VUUR VAN MY HEILIGE JAHSHUA-MIRIAM-GEES sal elke gees wat op die weg is met MY GENADE en wat uiteindelik wedergeboorte bereik as die hoogste toekenning van MY GENADE in die HEILIGE GEES van MY EWIGE JAHSHUA-MIRIAM LIEFDE, gebring word op 'n vlak waar hy werksaam kan raak in MY EWIGE SKEPPING vir die take wat vir die WARE KINDERS VAN MY LIEFDE gehou word. Dit kan inderdaad nog te moeilik vir julle wees om nou te begryp en daar is geen noodsaak vir verdere besonderhede hier nie, maar wat julle maklik kan bedink is dat dit julle na onbekende toestande van saligheid sal bring.

40 Voorwaar, sê EK DIE MEESTER, hierdie weg wat geneem word in MY LIEFDE EN BARMHARTIGHEID is so wonderlik dat elkeen onmiddellik MY HEILIGE STEM moet begin volg tot in die kleinste besonderheid! Selfs al is die wedergeboorte in die VUUR VAN MY HEILIGE GEES die grootste Genadegawe en die hoogste doelwit om te bereik, maar nie haalbaar vir almal gedurende hierdie aardse lewe nie, nogtans sal die heilige strewe in jou om suksesvol te wees met hierdie poging die VUUR VAN LIEFDE in jou aan die brand te steek en binnekort sal jou siel deeglik skoongemaak word, terwyl die wedergeboorte van die siel vir jou heeltemal nuwe kanale sal oopmaak waarvan jy voorheen nooit van kon gedroom het nie.

41 EK DIE MEESTER stort op 'n KIND VAN MY LIEFDE MY Genadegawes wanneer EK sien dat hy volhard in sy strewe om 'n BEELD VAN MYSELF te word. Sy weë sal wonderlik verlig word deur MY IN MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE; want wanneer Ek omring word deur Liefde van 'n aardse kind, sal EK hom omhels met die volle TOESTROMING VAN MY LIEFDE.

42 Selfs al kan niks bereik word sonder die toetse en beproewinge nie, nogtans sal MY LEIDING elke KIND VAN MY LIEFDE in staat stel OM GROOT DINGE TE BEREIK:

43 Daar is byvoorbeeld reeds 'n groot ding bereik met die deurvoering van 'n deeglike skoonmaak van jou siel deur die brandende vuur van jou LIEFDE, sodat EK in jou kan begin woon in die volheid van MY HEILIGE GEES. Dan sal niks jou enigsins langer bind nie: Nie die WET VAN SONDE EN VERSOENING, of enige aspek van hierdie Teenpoolwêreld nie; MY HEILIGE GEES sal in jou vermoëns vrylaat waaraan jy nog nooit voorheen gedink het nie en wat jou grootliks sal verras. Jou siel sal dan waarlik vry word. Jy weet nog nie wat dit beteken en wat die toestand van jou eie self is wanneer jy 'n vrye siel besit nie.

44 Neem 'n voorbeeld: 'n Siel was vir 'n lang tyd verslaaf aan verskeie gewoontevormende dwelms wat geen onmiddellike uitwerking op die liggaam se gesondheid het nie, maar dit in die lang termyn sal ondermyn, soos die verkeerde gebruik van alkoholiese drank, rook, en as 'n gevolg, 'n onbeheerbare drang vir alle vorme van opwinding. Vanaf die oomblik dat hierdie siel bewus word van haar ware hemelse bestemming en hierdie gewoontes begin verminder, totdat sy dit geheel en al los, sal die sielpotensies, wat tot dusver dwelmbesmet geword het, geleidelik beskikbaar word vir die invloei van MY LIEFDE en MY HEILIGE WIL. Die siel sal sigbaar helderder en helderder word en sal binnekort begin te straal vanuit die liggaam, en kort voor lank sal die siel 'n volledige ander mens van haarself gemaak het. MY Teenpool sal dan nie meer 'n woning vind in so 'n siel wat nou, in plaas daarvan, 'n woning van MY HEILIGE GEES VAN LIEFDE geword het; alle gebondenheid sal verwyder word binne die siel en insoverre as wat sy begin om deeglik aan MY HEILIGE WIL te voldoen, sal 'n HEILIGE VUUR VAN LIEFDE binnekort in haar opvlam; die oorblyfsels van wat ookal nie behoort tot 'n suiwer siel nie, word dan weggesmelt en die siel is nie net gered van die wêreld van MY Teenpool nie, maar opgelig na MY JAHSHUA-MIRIAM-LIG wat haar voltooiing sal bevorder.

45 Waarlik sal 'n groot ding dan bereik wees! En uit hierdie voorbeeld kan julle sien dat dit nie so vergesog is vir 'n ELOHIM-geliefde kind se siel om op te staan tot wedergeboorte in die VUUR VAN MY HEILIGE GEES nie.

46 Hierdie wonderlike doel is inderdaad binne die bereik van elke gewillige siel. Dit gaan natuurlik nie sonder toetse, wat nie genoeg beklemtoon kan word nie; want sonder toetsing kan niks duursaam bereik word nie, wat des te meer geld vir alles wat bedoel is om vir ewig te hou in MY KONINKRYK. Maar wat dan bereik is, het EWIGHEIDSWAARDE.

47 Die gedagte daaraan moet julle gelukkig maak, o mensekinders, naamlik dat iets EWIG bereik kan word, in plaas van die vashou aan die verganklike en jou graf grawe met eindelose sorge oor aardse rykdom! Nietemin sal konsentrasie oor die opbou van Ewige rykdomme vir die siel en die gees gladnie aardse welsyn uitsluit nie. Op geen manier nie, sê EK DIE MEESTER!

48 Al wat saak maak is: Om nie 'n slaaf van die verbygaande materiële goedere te word nie, of die hoogste prioriteit daaraan te gee om te werk vir die wêreld asof dit vir jou ewige saligheid sou bring nie. Om hierdie punt te verstaan, kan jy dink aan diegene wat EK DIE MEESTER ook bedeel het met materiële beloning, nadat hulle aan MY hulle hart sonder beperking gegee het en net een ding geken het: Om gehoorsaam te wees aan MY en ALLEEN MY HEILIGE WIL te vervul. Lees die Ou Testament sorgvuldig en jy sal bevestigend vind wat EK DIE MEESTER hier vir julle sê; tot aanvulling sal julle meer hieroor hoor in die laaste hoofstuk van hierdie NUWE BYBEL.

49 Weerhou jou van ongerymde vertolkings van MY EVANGELIE VAN LIEFDE, as dit die kern van die Heilige Waarhede mis! Inderdaad, het EK DIE MEESTER, nie hierdie ster van verlossing vir MY kinders geskep om hulle rug te keer na hierdie wêreld en gekke te word nie. Nooit sou die mensdom verlos kon word en MY HEILIGE LIG bereik het, as Kinders van MY Liefde hul in afsondering sou onttrek nie; Inteendeel, die LIEFDE moet vaardig die wêreld ingedra word in 'n tasbare, voorbeeldige optrede om dit so te verander, soos wat reeds breedvoerig in die vorige hoofstukke aangetoon is.

50 Hier is nog 'n voorbeeld om MY punt te staaf: Baie siele, druppend van godsdienstige gevoelens, sal wegtrek in `n oordrewe uitstorting van woorde, deur te beweer dat dit of dat hier en daar in die Bybel geskryf is en dat ELOHIM nooit iets nuuts sal byvoeg tot die Skrif nie en om daardie rede deesdae enige kontak met MY HEILIGE STEM weier. Daardeur sny hulle hulself geheel en al af van MY DIE MEESTER, en sodoende van die Ewige proses van opleiding en bevordering in MY Skepping; meer dikwels as minder eindig hulle in 'n geestelike verstywing wat redelik dikwels sal lei tot fisiese lyding wat sal voorkom dat hulle besef dat hulle op die verkeerde pad is. Hulle sal Liefde predik, maar sal dit nie leef nie. Hulle kan glad nie begryp dat hulle MY, ELOHIM DIE MEESTER eintlik nie liefhet nie, maar dat hulle in hul selfsugtigheid geval het vir hulle vergesogte idees oor ELOHIM.

51 Sulke siele het dikwels in hierdie aardse lewe baie kenmerke van hulle soortgelyke ekstremistiese vorige lewens saamgebring; hulle is nie gereed om hulle - streng gesproke- goddelose eienskappe op te gee nie; hulle het nog altyd op hierdie Aarde as fanatici gewandel en sal nooit oortuig word deur 'n wonderwerk van watter aard ookal nie, maar sal dit eerder brandmerk as die duiwel se werk, soos wat gebeur het in MY aardse lewe as JAHSHUA DIE GESALFDE; en so sal hulle nie sien dat hulle die hand uitreik na MY Teenpool, wie se dissipels en instrumente hulle in werklikheid reeds geword het nie.

52 Julle het sekerlik teen hierdie tyd al 'n hele aantal sulke siele ontmoet het; moet nie met hulle in gesprekke betrokke raak nie! Slegs die vurigste en mees barmhartige LIEFDE kan daardie siele met tyd en die mees verdraagsame geduld ontsluit. 'n Enkele aardse lewe sal selde genoeg wees om iets waarneembaar te bereik in hulle, maar dit sal in die meeste gevalle net in MY KONINKRYK VAN SUIWER GEES gebeur.

53 EK DIE MEESTER moes julle hierdie voorbeeld gee, sodat julle, o Kinders van MY Liefde, nie ontsteld sal word en die PERELS VAN MY LIEFDE gooi vir wie dit nie sal herken nie.

54 Kyk, as jy heeltemal in die gees van MY HEILIGE LIEFDESGEBOOIE EN VERMANINGS ingaan en die suiwerste en vurigste LIEFDE word, soos verduidelik is in hierdie NUWE BYBEL, om MY DIE MEESTER dus toe te laat om jou te lei in die VUUR VAN MY HEILIGE JAHSHUA-MIRIAM-GEES wat lei tot die WEDERGEBOORTE, sal jy begiftig word met die vermoë om van siele se neigings gewaar te word, om so tot die regte gevolgtrekkings te kom en om op te tree in ware en suiwer LIEFDE. Julle sal dan op die weg wees, nie net om ware pilare vir MY NUWE JERUSALEM op Aarde te word nie, maar om ook die vlak te bereik waarvan EK in die begin gepraat het.

55 Op hierdie weg sal jy die nodige beproewinge moet deurgaan in die VUUR VAN MY HEILIGE JAHSHUA-MIRIAM-GEES, deur vas te hou aan MY HEILIGE HAND in MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE! Vrees tog nie daardie beproewinge nie, want hulle is maar proewe van MY LIEFDE en MY GENADE, aangesien niks behalwe MY LIEFDE jou sal omhels nie, en MY GENADE is bedoel om jou vir die hoogste bekwaamheid voor te berei, naamlik die hoogste prestasie vir 'n ware KIND VAN MY LIEFDE, op Aarde sowel as in die Hemele.

56 Inderdaad, die,

WEDERGEBOORTE

IN DIE VUUR VAN MY HEILIGE

JAHSHUA-MIRIAM-GEES

IS

'N SKEPPINGSGEBEURTENIS

IN DIE HEMELE EN OP DIE AARDE

57 EK DIE MEESTER sê dat dit inderdaad 'n baie rare gebeurtenis sal wees. En al MY Hemele verheug hulle tydens so 'n gebeurtenis; want 'n alles-deurdringende Hallelujah sal MY Hemele vul wanneer 'n Gees, wat eens van MY Hemele as 'N KIND VAN MY LIEFDE uitgegee is, op hierdie Aarde in die menslike gewaad van die gevallenes geklee, deur middel van sy siel se wedergeboorte in die vuur van MY HEILIGE JAHSHUA-MIRIAM-GEES, sy oorspronklike goddelike kindskap in alle volmaaktheid herstel.

58 Want so 'n gees, as MY waarlik WEDERGEBORE KIND IN MY VOLMAAKTE LIEFDE, het die hel op Aarde inderdaad met al sy versoekings oorkom en sy weg gestry totdat alle bande van materiële swaartekrag afgegooi is; hy sal alle gevegte van beide toegelate en opgelegde beproewinge beveg het, om so te manifesteer as 'n ware KIND VAN ELOHIM EN MY EWIGE LIEFDE.

59 Daardeur sal dit bevestig wees dat EK ELOHIM, DIE MEESTER, nie net DIE ALMAGTIGE is nie, maar ook ELKE KIND VAN MY LIEFDE wat gegroei het om LIEFDE VAN ALLE LIEFDE te word, deur die onvoorwaardelike vervulling van MY HEILIGE WIL; so 'n kind sal dan almagtig wees voor MY Teenpool se wêreld, en die Dag van Skepping sal kom wanneer al die Geeste van MY Hemele wedergebore sal wees as KINDERS VAN MY LIEFDE; terwyl die Teenpool-Skepping, wat die gevalle Gees van MY Hemele is, nie meer sal bestaan nie.

60 Elke wedergeboorte wat in die vuur van MY HEILIGE JAHSHUA-MIRIAM-GEES bereik word, is 'n enorme skeppende gebeurtenis met die oog op die tyd wanneer die volledige verlossing van alle gevalle en gevange lewe in die hele Skepping bereik sal wees.

61 Let ook daarop dat daar verskillende grade van weder-geboorte is, die hoogste wat ooreenstem met 'n Gees wat vanuit MY Hemele gegaan het met 'n vry aanvaarde taak in die wêreld van MY Teenpool, om in sy liggaam en siel oneindige lewenspotensies en aspekte van die Gevalle Gees te inkarneer, om gedra en onderwerp te word as 'n hoogste offer, en om uiteindelik opgelos te word in 'n ewige stryd met MY Teenpool, totdat wedergeboorte bereik word in die brandende vuur van MY HEILIGE JAHSHUA-MIRIAM-GEES.

62 Dit is nie moeilik om te verstaan dat 'n taak van kardinale belang binne MY Skepping daardeur bereik is nie en dit behoort ook nie moeilik te wees om uit te vind wie opgewasse is vir so 'n taak nie, behalwe MYSELF DIE MEESTER VAN DIE HELE SKEPPING.

63 Wedergeboorte in die vuur van MY HEILIGE JAHSHUA-MIRIAM-GEES behoort vir almal van julle te wees, Kinders van MY Liefde, die hoogste en wonderlikste hemelse doelwit, wie se verkryging met 'n vurige hart, brandend in die Liefde vir MY en MY ALLERHEILIGSTE nooit uit die oog verloor moet word nie, aangesien dit werklik haalbaar is, dit kan EK DIE MEESTER julle verseker. En as julle julle oë gevestig hou op hierdie hemelse doelwit, sal julle nie net wankel of terugval nie, maar sal in staat wees om aan die verwagtinge te voldoen!

64 As julle na hierdie wêreld kyk in die perspektief van hierdie hemelse doelwit, sal julle geneig wees om dinge eerder geestelik as aards te sien, en julle sal op die ou end besef dat hierdie materiële wêreld `n illusie is voor die HEILIGE AANGESIG VAN JULLE ELOHIM EN SKEPPER; dit het sy skynbestaan slegs te danke aan sonde en word toegelaat om te bestaan op die Aarde as 'n ster van verlossing deur MY GENADE EN BARMHARTIGHEID, vir so lank as wat die laaste sonde nog nie afgebreek en ontbind is nie.

65 Julle sal sien, Kinders van MY Liefde - as julle ver genoeg gevorder het om geestelike sig in dinge te hê - dat oral deur hierdie skynwêreld, die ware volmaakte wêreld skyn van

MY EWIGE LIEFDE.

Kom almal na MY toe

wie se werk hard is, wie se las swaar is

en Ek sal julle verligting gee

(Matthèüs 11:28)

So het Ek eens gepraat as

DIE SEUN VAN DIE MENS

IN

JAHSHUA DIE GESALFDE

net soos wat Ek dit nou sê

aan jou deur

HAAR

IN WIE EK ELOHIM DIE MEESTER

weer gekom het na hierdie Aarde

AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205