BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 55

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die seëninge van die NUWE JERUSALEM

60 Hoe die NUWE JERUSALEM in die nabye toekoms van jou Aarde 'n volmaakte hemelse Koninkryk sal wees.

61 In hierdie NUWE JERUSALEM sal daar geen werkloosheid, geen honger, of enige soortgelyke negatiewe verskynsel wees nie, wat maar die onvermydelike is van 'n liefdelose gefabriseerde wêreld.

62 LIEFDE, egter, synde die Ewige fundamentele toestand van julle ELOHIM EN SKEPPER, is die grootste, eindelose, nimmereindigende skeppingskrag waaruit alles ontstaan en wat ewiglik die bron van alles sal wees, - inderdaad word die konsep van EWIGHEID en ONEINDIGHEID gedra deur die einste fundamentele aard van LIEFDE wat in hoofsaak beide EWIG en ONEINDIG is.

63 Dit is die rede waarom 'n gees wat vanuit MY gaan, EWIG is, want LIEFDE gaan vanuit MY en MY HART SE OERGRONDPOOL as die ewige, vloeiende, handelende, skeppende en handhawende krag.

64 Aangesien WARE LIEFDE alles is, alles sal gryp en aantrek, terwyl wat aangetrek is, in staat gestel word om opwaarts te styg tot in alle ewigheid en oneindigheid, is dit duidelik dat waar LIEFDE ookal heers en waar alles gedra en bymekaargemaak word in WARE LIEFDE, daar nooit enige werkloosheid, hongersnood of ander wonde kan wees nie.

65 Werkloosheid is slegs die gevolg van `n selfsugtige drang na kortstondige, vinnige opbrengste deur niks en niemand te ontsien nie, en daardeur die voortdurende waardes van EWIGE LIEFDE te minag.

66 DIE EWIGE WETTE EN BEGINSELS VAN JULLE ELOHIM EN SKEPPER is heeltemal vreemd vir julle hedendaagse "sakewêreld" en lyk irrasioneel vir julle wêreldse denke, maar julle gaan sien hoe julle "redelike wêreld" uitmekaar gaan breek in die groot maalstroom van julle selfveroorsaakte Oordeel en Verdoemenis, en dan sal julle nie net met leë hande gelaat word nie, maar ook met 'n leë siel, want sy kort LIEFDE.

67 Word daarom die vurigste en barmhartige JAHSHUA-MIRIAM-LIEFDE - wanneer EK JAHWEH jou onverfloud en aanhoudend roep deur MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, - sodat jy nie eendag as 'n bedelaar sal staan, verlate van LIEFDE, voor die HEILIGE HEK VAN MY NUWE JERUSALEM sonder hoop om ooit ingelaat te word, omdat jy geen KAPITAALFONDS VAN LIEFDE kon toon nie!

68 Tog is EK 'n onverbiddelike streng MEESTER VAN LIEFDE, WIE, by die hek van MY NUWE JERUSALEM, die ware onverganklike kapitaalfonds van die lewe notuleer, en wil nie opgehou word deur 'n jammerlike telling van halfpennies van Liefde nie, maar neem genoeë daarmee om 'n vet KAPITAALFONDS VAN WARE LIEFDE te sien, en verleen net toegang tot die NUWE JERUSALEM aan diegene wie niks anders as LIEFDE is nie.

69 Poog gevolglik om julle kapitaal van Liefde te verbeter, om sodoende boustene van die NUWE JERUSALEM te word, om toegang te verkry as volle burgers, want die NUWE JERUSALEM sal die duidelikste realiteit wees,

'N KONINKRYK VAN LIEFDE

70 In hierdie rypwordingsproses van ware LIEFDE sal julle nie net vinnig begin om die fundamentele foute en swakhede van hierdie wêreld te herken en progressief daarvan weg te draai nie, maar julle sal, deur die mate van julle erns, in die onvermoeide werking van WARE LIEFDE, 'n oorsig kry van

DIE NUWE JERUSALEM SE SEËNINGE

71 Alles is geseënd in die NUWE JERUSALEM, omdat al Haar burgers in WARE LIEFDE sal lewe, en EK as die KONING VAN DIE KONINGS, sal permanent MY EINDELOSE SEEN aan al MY KINDERS uitdeel.

72 Dit beteken dat in alle opsigte MY NUWE JERUSALEM se kinders sal deel van MY ware, Ewige rykdom, en dit beteken in die besonder:

73 Dat die krag beskikbaar vir elke burger van die NUWE JERUSALEM vanuit MY HEILIGE JAHSHUA-MIRIAM-GEES nooit sal ophou nie, maar vrylik sal voortborrel sonder om ooit te verminder.

74 Net soos 'n kragstasie wat sorg vir 'n groot aantal masjiene en instrumente met die nodige energie; in die NUWE JERUSALEM is EK MEESTER EN SKEPPER, is EK die EWIGE KRAGBRON VAN LIEFDE wat elke menslike siel voed, sowel as alle ander behoeftes wat sy mag hê, met MY KRAG, MY ONOPHOUDELIKE, EWIGE VLOEIENDE ENERGIE VAN LIEFDE, op voorwaarde dat die menslike kind homself korrek gekoppel hou aan MY, en mits daar nooit 'n kortsluiting sal plaasvind tussen MY en die kind van MY JAHSHUA-MIRIAM LIEFDE nie.

75 Hierdie EWIGE KRAG EN ENERGIE wat van MY uitgaan is gratis, word ook nie geweeg of getel nie, anders sou dit geen krag van MY, DIE EWIGE LIEFDE gewees het nie. Jy ervaar dit reeds ten opsigte van jou lewensenergie wat jy vrylik van MY ontvang en waarvoor EK niks anders in ruil vra as LIEFDE van jou nie. Want as jy MY betaal vir MY WERKE met jou LIEFDE, sal 'n permanente ENERGIESTROOM VAN LIEFDE ontwikkel tussen MY en jou wat alles in en om jou sal dra na die grootste heerlikheid, en sal daardeur ook MY skepping verryk in die werke en gevolge van LIEFDE, sodat julle 'n voorsmaak van MY EWIGE LIEFDE in HAAR EINDELOSE OORVLOED kan ontvang.

76 Daar is natuurlik 'n oneindige verskil tussen 'n kragstasie van julle wêreld en MY, die EWIGE KRAGBRON en die EWIGE VERSKAFFER VAN ALLE ENERGIE, want julle kragstasies sal dadelik stilstaan sonder `n eksterne energie-inset, terwyl EK JAHWEH nooit sal stilstaan nie! Hoekom is dit so?

77 Dit is so, want EK is EWIGE LIEFDE en gryp MY eie self aan vir ewig in die Liefde in MY HEILIGE GEES, dus vermenigvuldig EK MYSELF vir ewig deur voortplanting; en om in wiskundige terme te praat, - eksponensieel tot in die oneindigheid.

78 EWIGE LIEFDE is die grootste ondenkbare en tog denkbare vermenigvuldiger, waarmee MY KINDERS SE LIEFDE tot in die oneindigheid vermenigvuldig kan word, om dus onuitputlik in staat te wees om energie en moontlikhede te ontwikkel wat julle nog beperkte verstand nie eers van kan droom nie.

79 EWIGE LIEFDE is terselfdertyd die syfer van alle syfers, dit is die eenheidsyfer van alle ontwikkelende ordes van belangrikheid, die "1", en word oneindig tot in die ewigheid saam met die "0" syfer van MY HEILIGE GEES, die syfer wat julle sommer uit julle kop "nul" noem, wat bewys dat julle nog glad en geheel nie verstaan wat die ware sin/wese van getalle en syfers is nie, nog minder die diepgaande betekenis van letters en woorde! Watter wiskundige onder julle sou dink om te eksponensieer met 'n "nul"? Wel, die realiteit van MY HEILIGE GEES is die eienaardigste wesenlikheid vir julle!

80 In MY NUWE JERUSALEM, sal MY HEILIGE GEES egter die grootste en die magtigste werklikheid wees wat alles sal bevorder, verhoog en versterk tot ewige en oneindige bestaan.

81 Hierdie vermenigvuldigende krag en mag van MY EWIGE LIEFDE tesame met MY HEILIGE GEES - uit "1" en "0" - is die ewige geheim van opwekking en groei van elke enkele saad. Dit alleen laat EWIGE LEWE toe, dit alleen verduidelik waarom die GEES verenig met LIEFDE en deur vermenigvuldiging ewige onuitputlike WERKE VAN LIEFDE kan voortbring.

82 Onthou wat EK JAHWEH in die gebooie gesê het oor die geheiligde huwelik, naamlik dat elke enkele saad heilig is, hoogheilig, en dat dit nie vermors moet word in die riool van onbeheerste sondigheid nie! Hier het julle nog 'n bewys daarvoor!

83 Trouens, alles in die NUWE JERUSALEM sal ontvou in die onuitputlike rykdom van wat EWIG en ONEINDIG is, aangesien die fundamentele beginsel van werklike LIEFDE, tesame met die werklikheid van die HEILIGE GEES, in die hoogste en heiligste bewustheid geleef sal word.

84 Moet dus nie versuim nie, maar begin dadelik, kinders van MY LIEFDE, om bewustheid oor en oor te oefen en so MY dissipels in die WARE LIEFDE van MY HEILIGE GEES te word, en om voor te berei vir wat nodig is vir die NUWE JERUSALEM met MY DIE MEESTER, IN MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, op die onbreekbare basis van hierdie HEILIGE WAARHEDE.

85 Die NUWE JERUSALEM sal 'n Hemele op Aarde wees deur die blote feit dat alle siele, nadat hulle met hul swakhede weggedoen het, nuwe energie en vermoëns sal ontwikkel deur die samesmelting van hulle SUIWER LIEFDE met MY HEILIGE GEES, want die GEES wat vrygestel word van die GEESTELIKE VONK in elke hart, sal 'n siel vul met groot krag, sal impulse wat tot nou toe ongekend is, genereer, en mensekinders heeltemal oordoen, sodat 'n heeltemal nuwe mensdom na vore sal tree, saam met 'n nuwe Aarde.

86 In die NUWE JERUSALEM sal daar inderdaad 'n voortdurende stryd van die gees wees, maar nie vir hoogmoed of wins nie, maar sal slegs stry met 'n ander vir die bereiking van die BESTE en die HOOGSTE, die geheel en al HEMELSE en HEILIGE uit LIEFDE tot MY en aan MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE.

87 Kan julle julleself indink, kinders van MY LIEFDE, wat 'n eksponensiële geestelike krag vrygestel sal word deur die reünie van al die kinders van MY LIEFDE met MY DIE SKEPPER van alles ewig en oneindig in die mees vurige barmhartige LIEFDE? Dink julle dat MY Teenpool onder sulke omstandighede nog steeds haar truuks op 'n menslike kind sal probeer en iewers kom?

88 Wanneer huwelike in die NUWE JERUSALEM net geheilig sal wees deur MY Heilige Gebooie, wanneer alle sataniese aspekte in die vereniging van twee siele oorkom en verlos sal word, en wanneer die verwekking van nuwe lewe die ALLERHEILIGSTE FUNKSIE IN DIE HUWELIK sal wees, dan sal LIEFDE dit heilig en bestendig tot 'n ewig eindelose verhoging, waardeur die mensdom stap vir stap sal styg, en die hele skepping saam met hulle trek.

89 Die wêreld van die NUWE JERUSALEM sal dan nie meer vergelykbaar wees met die huidige stand van sake nie, selfs tot by die atomiese vlak. En die huidige stand van dinge sal lyk soos 'n ongelooflike vervloë nagmerrie vir MY KINDERS VAN DIE NUWE JERUSALEM.

90 Julle beter julleself vir eens en vir altyd regkry, kinders van hierdie era, en poog om die GENADE VAN MY WEDERKOMS en van hierdie NUWE BYBEL VAN MY te sien, sodat ware lig weer kan skyn op hierdie droefgeestige Aarde, wat al MY engele en geeste uit die Hemele laat sidder, of dit nie heeltemal deur die hel ingesluk sal word nie.

91 Die lig van MY Hemele is gebring en op hierdie Aarde ontsteek deur MY in JAHSHUA DIE GESALFDE, maar dit het uitgeflikker uit die harte van MY aardse kinders, maar nou is dit weer aangesteek deur MY WEDERKOMS IN MY ALLERHEILIGSTE en hierdie NUWE BYBEL. Wees versigtig om nie toe te laat dat hierdie HEILIGE LIG VAN VERLOSSING weer uitsterf nie, en EK DIE MEESTER sal julle help om die vlam in 'n helverterende vuur op Aarde aan te steek!

92 Waarlik het die tyd gekom waar die profesie van MY Johannes van weleer vervul moet word rakende sy sewende visioen van die NUWE JERUSALEM. EK JAHWEH sal dit aan julle verduidelik soos wat dit met die oë van ware LIEFDE en ware GEES gesien en verstaan moet word, want slegs hy wat ten volle LIEFDE geword het, soos wat EK LIEFDE in alle dinge is, sal die sig van die ware GEES hê en sal nie net alleenlik letters, syfers en die buitenste verskynsels waarneem nie, maar sal die ware wêreld van dit wat verborge lê, begin sien, en sy oë sal as te ware supermikroskope word wat verby die buitenste dop sal kan kyk tot in die innerlike kern, sonder om 'n instrument te gebruik daarvoor. Toegegee, julle woon reeds in 'n wêreld van idees, maar dit is projeksies van julle siele se talle boeie, ingegee deur MY Teenpool! Julle mag dalk soms dink dat hierdie siele in ware LIEFDE rypgeword het en het dus `n diep geestelike insig en versiendheid gekry, dat hulle nie meer "normaal" is en nie "ernstig" opgeneem moet word nie, maar EK JAHWEH vertel jou: Pasop om nie te val tussen die geestelike blindes wat heeltemal blind is nie, maar genees eerder jou siel deur suiwer ware LIEFDE in die vervulling van MY GEBOOIE!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205