BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 57

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die NUWE JERUSALEM, belangrike Skema van orde volgens die Openbaring / SIN van 12 x 12 = 144

113 EK JAHWEH gaan julle nou aan MY HEILIGE HAND neem om julle deur die volgende verse van die openbaring te lei wat EK eens deur MY GENADE aan MY Johannes gegee het. Julle sal in die volgende vers sien dat die getal "12" `n belangrike rol speel, sowel as die vermenigvuldiging met sy eie waarde: 12 x 12 = 144.

12 "En dit het 'n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel.

13 Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte.

14 En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam.

15 En hy wat met my gespreek het, het 'n goue meetroede gehad, om die stad en sy poorte en sy muur te meet.

16 En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend-vyf-honderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk.

17 En hy het sy muur gemeet op honderd-vier-en-veertig el, volgens 'n mens se maat, wat die maat van 'n engel is.

18 En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas.

19 En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag;

20 die vyfde sardóniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrísopraas, die elfde hiasínt, die twaalfde ametís.

21 En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas."

(Openbaring aan Johannes 21:12-21)

114 Soos julle kan sien, is die getal "12" herhalend in die NUWE JERUSALEM en die mate van die mure is gelyk aan `n man of 'n engel s`n, naamlik honderd-vier-veertig el; "12" was ook die getal van die stamme van Israel en van MY Apostels, wie se name op die mure aangegee word en "12" was die getal van die poorte en engele daarop.

115 Maar jy mag vra, waar is daar enige verwysing in hierdie NUWE JERUSALEM na "7", die getal van MY HEILIGE OEREIENSKAPPE?

116 Inderdaad is die heilige "7" ook sigbaar en waarneembaar in die NUWE JERUSALEM. EK gaan dit vir julle ontsyfer.

117 Laat ons vir MY, ELOHIM DIE MEESTER, plaas as die syfer van alle syfers, as die ewig heilige, vernaamste en rangskikkende nommer "een" in die middel en laat ons MY ses oorblywende Oereienskappe egalig versprei op die simboliese teken van MY HEILIGE GEES, die sirkel. So is ons oë op 'n omtrek wat eweredig verdeel is in die gewone orde van MY EWIGE LIEFDE, die syfer "1" deur die ses oorblywende Oereienskappe van MY. Dit kan gevisualiseer word deur 'n sirkel by sy radius in ses gelyke omtreksgedeeltes te verdeel.

118 Laat ons dan vir MY as die getal "Een" verbind met die ander ses rangskikkkende gehaltepunte, eerstens op so 'n wyse dat die punte wat ooreenstem met ewe getalle, dan dié wat ooreenstem met onewe getalle, aan mekaar te koppel; so verkry ons twee gelyksydige driehoeke gerangskik rondom MY, die sentrale punt, wat die simbool vorm van daardie ster, wat MY "uitverkore volk" eens as 'n simbool van MY HEILIGHEID - HUL ELOHIM JAHWEH geneem het. As ons nou 'n tweede sirkel rondom die syfer "Een" trek, MY sentrale punt, met 'n radius wat die interseksiepunte van beide die gelyksydige driehoeke sal verbind, kry ons 'n binnekring met die ses rangskikkende punte van MY ses Oereienskappe wat georden word deur die getal "Een".

119 Ons het dus een van die vernaamste toonaangewende sleutelposisies van MY HEILIGE GEES geopenbaar wat in elke gees van krag moet wees, naamlik dat die innerlike self in volmaakte orde moet straal deur die buitekant, terwyl die buitenste self die innerlike self moet weerspieël, sover as wat 'n gees in volmaakte harmonie moet leef en optree. Dit raak aan die raaisel van die getal "12", wat die volmaakte uitdrukking van die totale orde van enige gees en sy werke moet wees, indien hy dit ten doel het om vir ewig binne-in MY HEILIGE ORDE te leef.

120 Hou hierdie ontsyferde skets van MY BINNESTE EN DIE BUITENSTE ORDE in gedagte, terwyl julle dit oorweeg dat hierdie simbool nie geneem kan word as 'n ideologie van MY "uitverkore volk" nie, maar dat dit eerder die HEILIGE SKEMA VAN ORDE VAN JULLE ELOHIM, MEESTER EN SKEPPER VAN HEMELE EN AARDE is, wat julle oral in werking behoort te stel!

Die NUWE JERUSALEM,


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205