BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 59

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Heilige aanbieding van Genade vir die Magtiges van hierdie Aarde

150 Hieruit kan julle sien hoe MY GENADE deur enige persoon verkry kan word en dat niemand uitgesluit word van die NUWE JERUSALEM op Aarde nie, en ook die heersers van hierdie Aarde wat reeds aangespreek is deur die KONINGIN VAN MY HEMELE kan nog steeds deel in MY GENADE, as hulle gereed is om bedagte heersers te word van die mensekinders wat aan hulle toevertrou is.

151 EK JAHWEH sê vir julle: Dit is 'n ongekende Genade wat julle aangebied word, magtiges van hierdie Aarde, sodat julle die onvermydelike oordeel kan ontkom. Gee ag en neem hierdie aanbod van MY GENADE VAN JULLE ELOHIM EN MEESTER in alle erns op, voordat dit te laat is!

152 Niks sal gered kan word en oorgebring word na die NUWE JERUSALEM toe nie, behalwe LIEFDE en Haar werklike dade.

153 Gee ag hierop met alles wat julle het! Julle weet baie goed wat die grense van julle vermoëns is, en enige poging om daardie grense met geweld te breek, sou dwaas wees, want EK JAHWEH sal nie toelaat dat julle daarbuite spring nie; as julle julle kragte sou wil probeer, sal dit uiteenskeur, wat sy bron ookal mag wees! Daar is geen bron van enige krag wat kan voorgee om te bestaan voor die aangesig van MY, ELOHIM DIE MEESTER nie. Enige krag wat in MY VERDRAAGSAAMHEID geduld word, laat net MY mensekinders die uiterste van hulle vrye wil toe, sodat hulle ietwat ervaring kan kry, totdat hulle besef, of in hierdie lewe of 'n ander op Aarde, dat daar niks hoër en meer volmaak is as MY ALLEEN HEILIGE WIL nie, en dat hulle vrye wil slegs sy volmaakte doelwit vind in die KRAG VAN DIE LIEFDE.

154 Daarom, let op, julle die magtiges van hierdie Aarde! Maak die regte keuse, maar dink tog nie dat EK julle dit vertel omdat EK JAHWEH julle om die een of ander rede nodig het nie! Moenie so dwaas wees so iets te glo nie! WANT EK DIE MEESTER EN ALMAGTIGE SKEPPER VAN HEMELE EN AARDE het niemand nodig nie! Inteendeel, almal het MY nodig, en veral julle, die "magtiges", om julle siele te red! Want EK sou graag wou sien dat julle siele gered word, daarom dat EK JAHWEH julle hierdie raad uit MY barmhartigheid gee! As die balansstaat van julle heerskappy geen bates van ware Liefde sal toon en as julle nooit gewen sal word deur hierdie NUWE BYBEL van MY nie, kan julle nie gered word nie, omdat julle so diep vasgevang sit in die web van die onbreekbare WET VAN SONDE EN DIE VERSOENING wat julle so sal vashou na hierdie aardse lewe soos 'n spinnerak - 'n web van skuld wat julle vir julleself gespin het! En niemand kan julle bevry van hierdie web nie, maar net EK die MEESTER deur MY GENADE, want nooit sal jy hierdie drade op jou eie ontwar nie!

155 EK DIE MEESTER EN ALMAGTIGE kan julle vertel dat daar voormalige magtiges van die Aarde is, wat gedurende hul leeftyd byna almagtig was, en wat nou na millenia, verstrik is in hierdie web van skuld, want in hul onverbeterlikheid van hart en siel hulle het nie tot hul sinne gekom en geen beroep op MY GENADE gedoen nie.

156 Vandaar dat MY OPROEP aan julle, die "magtiges" van hierdie Aarde, 'n HEILIGE AANBOD DEUR MY GENADE is, waardeur julle kan sien dat EK JAHWEH, so ver as moontlik, die onvermydelike oordeel wil verswak, want inderdaad vind EK geen behae in die komende oordeel nie en EK wil liewer almal van julle gered sien, sodat julle die NUWE JERUSALEM kan binnegaan.

157 Dit is waarom EK julle aanraai om nie die boog van skuld te oorrek nie, maar om eerder MY HEILIGE ARM aan te gryp! Om die boog van skuld uit pure koppigheid te oorrek, sou beteken dat julle deur julle eie toedoen die OORDEEL aktiveer wat sy veroorsaker met onverfloude krag sal verswelg. Aan die ander kant beteken "om MY heilige arm te gryp" om die OORDEEL uit stel vir so lank as MY GENADE nodig sal hê, om sodoende te vermy dat die hele Aarde 'n begraafplaas sal word vir al MY mensekinders!

158 Besluit daarom nou, julle "magtiges", sodat MY BARMHARTIGE ARM julle kan aangryp! EK JAHWEH kan intussen niks meer vir julle doen nie. Dit is nou vir julle om te besluit of EK JULLE ELOHIM, MEESTER EN SKEPPER, julle siele moet red of nie!

159 Elkeen wat nie bereid is om MY HEMELE in te gaan via die NUWE JERUSALEM nie, het slegs homself te blameer vir die gevolge. EK JAHWEH, in MY GENADE en uit die grootste BARMHARTIGHEID VAN MY EWIGE LIEFDE, het genoeg tyd gegee vir waarskuwings en vermanings!

160 Wie ookal sal luister na MY HEILIGE STEM, na al die heilige woorde en gebooie in MY NUWE BYBEL, en sal klou aan MY HEILIGE ARM VAN HAAR in wie EK JAHWEH teruggekeer het na hierdie Aarde om die mensdom te red en te verlos, sal in staat wees om die NUWE JERUSALEM binne te gaan nadat die stormgety (tsunami) van MY Teenpool afgeloop het, en hy sal homself nie net kan verfris en herstel met

"1 EN hy het my getoon 'n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van ELOHIM en van die Lam,"

(Openbaring aan Johannes 22:1)

wat die EWIGE RIVIER van MY HEILIGE GEES is, maar om ook die oorvloedige vrugte van die EWIGE ORDE te oes, dit beteken om gelukkig voorsien te word deur MY HEILIGE GEES, terwyl hy Ewige WERKE VAN LIEFDE totstandbring in `n eindelose verskeidenheid, soos toegelaat deur die HEILIGE GEES. Die leidrade wat EK julle gegee het om die geestelike taal te verstaan sal julle in staat sal stel om julle weg beter te vind deur die volgende vers van MY Johannes:

"2 In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom/hout van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies."

(Openbaring aan Johannes 22:2)

161 Die "hout van die lewe "beteken die krag van die wil wat saamgesmelt het met MY HEILIGE WIL VAN VOLMAAKTHEID en dus vrugte dra in MY ORDE volgens MY OEREIENSKAPPE. Die "blare van die hout " beteken die uiterlike gerigtheid van die wil wat "die bediening van die genesing van die nasies/heidene " deur die openbaarmaking van MY GENADE aan die kinders van MY LIEFDE wat eens gebreek het met MY, maar wat MY weer gevind het, dus wie heeltemal een geword het met MY HEILIGE WIL om MY WARE KINDERS te word.

"3 En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van ELOHIM en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien."

(Openbaring aan Johannes 22:3)

162 Dit beteken dat niemand uitgesluit word van die NUWE JERUSALEM nie en dat almal MY DIE MEESTER sal dien, en waar die woord "dienskneg" niks te doen het met 'n slaafwerker nie, maar 'n WARE SEUN VAN MY LIEFDE aantoon wat - terwyl hy sy oë ophef na MY, ELOHIM DIE MEESTER toe - baie vrolik MY heilige wil sal vervul vir sy eie heil.

163 En die ware beloning van hierdie dienaars van MY in die NUWE JERUSALEM sal wees dat hulle toegelaat sal word om MY HEILIGE AANGESIG te sien; hulle sal sigbaar die SEEL VAN HULLE ELOHIM EN MEESTER op hulle voorhoof dra, en dus sal hulle MY Lig dra sodat - soos reeds gesê - in die NUWE JERUSALEM geen sonlig meer langer benodig sal word nie, en dat alles sal ontwikkel in die LIG VAN ALLE LIG, in MY HEILIGE LIG VAN EWIGHEID, en MY ware dienaars sal deur MY VOLMAAKTHEID van ewigheid tot in ewigheid regeer.

"4 En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees.

5 En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die JAHWEH ELOHIM hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid."

(Openbaring aan Johannes 22:4-5)

164 Hierdie heerskappy sal nie die minste ooreenkoms toon met enige regeringstelsel van die wêreld nie, - en so kan jy, wie ookal 'n eerste verligting deur MY HEILIGE GEES het - raai dat MY HEILIGE STEM alles deur MY ware diensknegte sal doen, op so 'n wyse dat geen parlement of 'n verkiesing per stembrief nodig sal wees nie; want in die NUWE JERUSALEM sal MY WARE KINDERS gestem het deur die "absolute meerderheid" vir MY ALLEEN, HULLE ELOHIM, VADER EN SKEPPER VAN HEMELE EN AARDE. Hierdie regering sal geen onopgeloste probleem ken nie, en dit sal nie 'n diktatorskap of 'n demokrasie wees nie, maar dit sal die REGERING VAN MY LIEFDE wees met die WYSHEID VAN ALLE WYSHEID wat sal regeer: MY EWIGE VOLMAAKTHEID sal regeer soos oral in MY SKEPPING:

"6 EN hy het vir my gesê: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die JAHWEH, die ELOHIM van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur.

7 Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar."

(Openbaring aan Johannes 22:6-7)

165 So het EK JAHWEH aan MY Johannes die komende oordeel en die koms van MY NUWE JERUSALEM deur MY aankondigingsengel Gabriël getoon. Want dit is 'n HEILIGE EN EWIGE WAARHEID dat hy wie MY HEILIGE WOORDE vervul, geseënd is! As julle, o mensekinders van hierdie wêreld, slegs 'n klein aanduiding kan kry van die innerlike bewustheid van die werklikheid dat volmaakte saligheid gekoppel is aan die vervulling van MY HEILIGE WOORD, sal julle werklik anders optree as wat julle tot nou gedoen het, en julle wêreld sal nie meer die speelterrein van MY Teenpool met al haar ondergeskikte magte en kragte wees nie.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205