BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 63

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

DIE JAHSHUA-MIRIAM-KERK

218 Omdat die vlees egter, as gevolg van die hoë suiwerheid van WARE LIEFDE deur die gebooie van hierdie NUWE BYBEL van MY, nie geneig sal wees om vir die versoekings te val wat deur MY Teenpool in die NUWE JERUSALEM opgevoer sal word nie, sal sy haarself beroep op hoogs geestelike truuks om MY ware kinders te verstrik gedurende die tyd van toets en beproewing.

219 Dit is die rede waarom

DIE JAHSHUA-MIRIAM-KERK

van die NUWE JERUSALEM gebou sal word deur Petrus, MY ROTS VAN EWIGHEID TOT EWIGHEID, op die vaste rotsbed van MY HEILIGE GEES, en hierdie NUWE BYBEL voortkomend uit die HART SE OERGRONDPOOL VAN MY EWIGE LIEFDE het reeds hierdie GEBOU OP DIE ROTSE geword : "DIE BOEK VAN BOEKE vir die NUWE JERUSALEM", soos wat EK DIE MEESTER reeds beklemtoon het. En die gees van MY teenstander kan nie in die heilige stad inbreek nie, nie deur die hekke nie, nog minder oor die onoorklimbare MURE VAN DIE NUWE JERUSALEM, volgens MY HEILIGE ORDE.

220 Maar by die verstryking van die een "duisend jaar" deur MY HEILIGE WIL, sal MY Teenstander losgelaat word van haar reinigingsgebondenheid, en selfs vrye toegang kry tot die NUWE JERUSALEM, en dan het die tyd aangebreek om te sien aan watter kant DIE KRAG VAN EWIGE LIEFDE is!

221 EK JAHWEH sê dat die "eerste opstanding", soos aangekondig in die Openbaring aan Johannes, gevolg sal word deur 'n veel groter "TWEEDE OPSTANDING". Die brandstof vir die versoekings van MY Teenpool sal deur die ywerigste JAHSHUA-MIRIAM-LIEFDE verbrand word, terwyl die "angel van die dood" weggeneem sal word van die sondige vlees en die nuwe JAHSHUA-MIRIAM kleding van MY WARE KINDERS sal nie meer 'n kreukel van sonde toon soos voorheen nie, maar slegs die GEES VAN DIE EWIGE HEILIGMAKING.

222 Dan kan lewe op hierdie verlossende ster "Aarde" verdere stappe neem vir 'n DERDE OPSTANDING waardeur MY HOOGSTE EN EERSTE KIND sy weg terug sal vind na MY KONINKRYK VAN EWIGE LIEFDE EN VOLMAAKTHEID.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205