BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 64

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die drie Bybelfases

223 EK JAHWEH het aan julle mensekinders tot hier 'n geestelike verklaring gegee van die belangrikste punte van die Openbaring aan Johannes, waarby EK sal voeg:

224 Deurdring jou siel met hierdie dinge, nie net somtyds nie, maar so dikwels as moontlik, en skuif dit diep in jou hart in om hul heiligste dieptes te verken, en jy sal elkeen van hulle as 'n HEILIGE WAARHEID ervaar, terwyl jyself geleidelik groei en jy sal dikwels in staat wees om die verre, maar die tog so nabye toekoms van hierdie aardse lewe te beskou. Die groeiende verfyning van jou siel se tekstuur sal toelaat dat jy visioene sal sien wat die waarheid van MY heilige woorde sal bevestig. Dit kan nie verstaan word deur 'n suiwer intellektuele oefening nie, maar slegs deur die HEILIGE YWER VAN JOU HART SE LIEFDE VIR MY in MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE.

225 Teen hierdie tyd sal julle die waarheid besef van die verklaring dat die Bybel tot dusver nie afgeseël kon gewees het met die NUWE TESTAMENT nie, maar dat die EWIGE OMVANG VAN MY LIEFDE slegs deur hierdie NUWE BYBEL van MY geopenbaar kon word, wat die hele versameling van die Skrifte in 'n HEILIGE DRIE-EENHEID kroon van OU- en NUWE TESTAMENT, met hierdie HEILIGE NUWE BYBEL nou as 'n HEILIGE ANKER VAN VERLOSSING, nie net vir hierdie mensdom nie, maar vir alle siele en wesens in die wêreld van materie.

226 Hier is 'n oorsig van die groot tydperke van menslike ontwikkeling deur middel van die drie fases van BYBELSE VOORSTELLING:

227 In die eerste BYBELFASE het EK JAHWEH gereël vir 'n onbekende Moses om die antieke Egiptiese koningshuis met die heidense aanbidding van die gode te skud aan aan die wortel van sy goedgeorganiseerde, maar moreel verrotte regeringstelsel, en het die mensdom op Sinai, vir sy volwassewording, die reddende gebooie gegee, met verwysing na MY DIE SKEPPER en MY VOLMAAKTHEID; verder het EK vir Moses die eerste BYBELFASE in sy sewe boeke laat bevestig, wat gelei het tot die OU TESTAMENT - soos in DIE BYBEL - nie net vir MY gekose volk Israel nie, maar vir alle mensekinders wat ontwaak het tot geloof in MY, DIE UNIEKE WARE ELOHIM VAN HEMELE EN AARDE.

228 Die tweede BYBELFASE is geïnisieer deur MY DIE MEESTER SELF, in MY aardse lewe as die onbekende seun JAHSHUA, wat begin het met MY geheimsinnige geboorte op Aarde deur die "Onbevlekte Ontvangenis" van MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE in die deugsame, maar onopmerklike meisie "MIRIAM", van die huis van Dawid. Hierdie tweede BYBELFASE het sy hoogtepunt bereik deur MY OPSTANDING in die KRAG VAN MY HEILIGE GEES na die VERLOSSENDE DOOD aan DIE KRUIS VAN GOLGOTA, gevolg deur die martelare loopbaan van MY apostels en die pad van lyding wat voorberei is vir al diegene wat onwrikbaar geglo het in MY, ELOHIM DIE MEESTER JAHSHUA DIE GESALFDE, DIE GEKRUISIGDE VAN GOLGOTA. Die NUWE en die OU TESTAMENT moes versprei word, nadat hulle vertaal was, as die BOEK VAN BOEKE, "DIE BYBEL", onder die mense van byna al die nasies op Aarde.

229 Voorwaar, sê EK JAHWEH, elke regdenkende verstand moet besef dat hierdie twee BYBELFASES onmoontlik nie 'n volledige algemene herbelyning van die hele mensdom deur die EWIGE VOLMAAKTHEID VAN ELOHIM DIE MEESTER kon veroorsaak nie, maar eerder toegelaat het vir tydperke van geleidelike ontwikkeling van MY kinders se geïnkarneerde gees, wat in so vele geestelike blinde stegies tot stilstand gekom het, self tot vandag toe. Dwaasheid, praatsieke dwaasheid, en blatente of verborge hoogmoed alleen is in staat om voor te gee dat die BYBEL CORPUS beëindig is, sodat ELOHIM met daardie twee BYBELFASES vir eens en vir altyd 'n einde gemaak het aan die oneindige aktiwiteit van SY EWIGE GEES.

230 Die derde BYBELFASE, op die Aarde bekendgestel deur hierdie NUWE BYBEL, is die SKEPPINGSTYDPERK VAN DIE NUWE JERUSALEM; hierdie tydperk, soortgelyk aan die vorige BYBELFASES is ingelui deur heeltemal onbekende en ongewone aspekte van MY HEILIGE WIL. Inderdaad, beide die KONINGIN VAN MY HEMELE MIRIAM, en MY ROTS VAN GELOOF, PETRUS, het in hul menslike gewaad net so onbekend gebly, tot by die publikasie van hierdie eerste volume van MY NUWE BYBEL, as wat die herder Moses en die timmerman se seun JAHSHUA en SY beskeie liggaamlike moeder MIRIAM. Weer in parallel met die eerste en tweede BYBELFASES wat hul onderskeie klimaks deur MY Plan van die skepping gehad het, nou deel van die geskiedenis van die mensdom, is die hoogtepunt van die derde BYBELFASE beslis die OPSTANDING van MY WARE KINDERS in die NUWE JERUSALEM.

231 So 'n opstanding van MY WARE KINDERS sal ervaar word deur almal wat MY ALLEEN HEILIGE WIL sal vervul, vertrouend op die HEILIGE VERLOSSINGSARM van MY MOEDER VAN WELEER MIRIAM, ongeag hoe lank hulle onder die kinders van MY LIGSIRKEL VAN DIE HEMELE EN AARDE was, want EK JAHWEH kan in elke hart insien en sal weet wie opreg bereid is om vanuit die bodem van sy hart 'n BEELD VAN MYSELF te word, terwyl sy oë voortdurend na MY opgehef is.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205