BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 68

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

NUWE BYBELTAALSKEPPINGS In hierdie NUWE BYBEL van ELOHIM DIE MEESTER

1 MY HEILIGE stem is die Ewige aanvangsbron van selfuiting deur die vrye wil van 'n gees, óf in die suiwer geestelike koninkryk van MY Hemele, óf in die veelkleurige tussenryk van die siel of in 'n siel se menswording.

2 Die eerste roering van selfuiting deur die vrye wil van 'n gees is die woord, net soos wat die woord van MY HEILIGE stem, die instrumentale oorsaak was van die geestelike en materiële skeppings, soos oorgedra deur MY apostel Johannes:

"In die begin was die Woord, en die Woord was by ELOHIM, en die Woord was ELOHIM, Hy was in die begin by ELOHIM. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. "

(Johannes 1:1-5)

3 So is dit heeltemal korrek om te sê dat lewe en lig in die mens slegs deur die Woord gebring is. En dit is 'n heilige waarheid dat slegs die woord - maar slegs die ware Woord - weer lewe en lig in julle mensekinders van hierdie tyd sal laat wees!

4 Maak seker dat die ware woord sy oorsprong in die Eerste bron van MY HEILIGE stem het! Want MY heilige stem en die woord is EEN en tog is hulle twee, want die Woord kom voort uit MY HEILIGE stem, dit is een met die stem insoverre as wat dit is een is met MY en MY heilige wil.

5 Maar as die Woord van MY HEILIGE stem, wat gerig is aan MY kinders van hierdie wêreld, nie in 'n werklike Nuwe Skepping omvorm nie, maar eerder as woordspeling deur die menslike verstand as 'n blote taalkundige element, waaruit die lewenskragtigheid van 'n daad vanuit die hart ontbreek, word die eenheid van die Woord met MY HEILIGE STEM ontwrig deur die mensekind, dit skei van MY en word `n blote skaduwee sonder die HEILIGE GEES van MY stem, dan verminder die krag van die woord as die woord vermenslik word en die lig van MY HEILIGE STEM uitgaan en eindig in die duisternis van die siel en hart.

6 Dit is dus van kardinale belang om MY HEILIGE stem in die hart se reinheid te hoor deur die woorde van MY LIEFDE te spreek, om dus so daarmee deurtrek te word tot op die vlak waar julle lewenskragtige dade produseer om so die eenheid met die HEILIGE GEES van MY stem te herwin.

7 MY HEILIGE stem is die Heilige Gees wat vir julle mensdom optree, wat vir julle die beste, die grootste en die hoogste dinge laat vorm aanneem in woorde van Liefde, daarom sal jy nooit die woorde van MY LIEFDE met jou gedagtes kan verstaan of peil nie, maar slegs deur jou brandende Liefde vir MY, waardeur jy kan ingaan in die Heilige Gees van MY stem en bekwaam word om die beste, die grootste en die hoogste dinge te herken en te verstaan.

8 Vergelyk 'n klippie wat in rustige water gegooi word met 'n liefdevolle impuls van MY HEILIGE stem: Net soos wat die klippie uitgebreide golfies produseer op die water, wat volgens die krag van die impak versprei, vorm MY HEILIGE stem ook woord na woord wat in alle rigtings versprei as trillende golwe van Liefde wat angstig is om enigiets te bereik wat bereid is om te leef en ten volle te werk vanuit MY HEILIGE GEES, wat op sy beurt nuwe uitgebreide lewensimpulse sal produseer deur die Woord van MY HEILIGE stem, om so lig te bring aan MY hele skepping vanuit MY HEILIGE lig.

9 Hierdie inleidende opmerkings behoort dit duidelik te maak aan elke menslike siel dat die ontvangs van die woorde VAN MY HEILIGE STEM nie beheer kan word deur rigiede reëls nie, maar dat die menslike volwassenheid en openheid van die hart sal bepaal hoe MY Woorde sal uitbrei in die menslike lewensfeer; die formulering van MY woorde deur die menslike siel hang dus af van die verskillende menings wat varieer na gelang van die onderskeie volwassenheid en wilskrag, wat geen vaste reëls volg nie.

10 As jy lui en onwillig is om te streef na volmaaktheid, as jou geïnkarneerde gees moeg of selfs leweloos is, soos wat dit die geval met byna alle mense op Aarde is, dan sal selfs die aanhoudende Liefdevibrasies van al die woorde van MY HEILIGE stem verbygaan sonder dat dit enige uitwerking op jou sal hê: Jy sal beteuterd met 'n neerslagtige en verswakte siel kyk hoe die paar ware kinders van MY LIEFDE moeite doen om die werklikheid van MY HEILIGE stem, die stem van jou ELOHIM en MEESTER te bring, terwyl jy dit verkies om in die modder van MY Teenpool te rol, eerder as om te luister na MY heilige woorde van die Ewige lig van MY HEILIGE GEES.

11 Dit is die rede waarom julle mensdom nie in staat is om nuwe impulse van MY HEILIGE lig te reflekteer nie, want julle wese word al meer verstrengel deur die vuilheid van duisternis wat enige hoër strewe in julle onderdruk.

12 Dit is weer waarom die woorde van MY HEILIGE stem moet lui met ongehoorde vibrasies, sodat MY HEILIGE GEES nog jou siel kan red. Hierdie fyn vibrasies is veral heilige impulse wat in jou taal verskyn as nuwe skeppings (neologismes/nuwe woorde), beide in die grammatika sowel as in gedrukte vorm, wat jy aanvanklik nie kan begryp nie, en wat jy selfs ook bespot,omdat jy nog steeds in die duisternis vasgevang is; en tog sal sulke siele onder julle, wat hulself nog nie heeltemal aan die duisternis verkoop het nie, waarskynlik nog steeds opgewek kan word deur MY Heilige Woorde wanneer hulle met onbekende klanke lui as nuwe skeppings in jou aardse wese.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205