Boek 19 – GOLGOTA
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

DIE VERKRYGING VAN VRYHEID IN DIE HUIDIGE TYD TOT DIE EINDE
B.D. 6700 - 28 November 1956
Vir ewig nog, kan die boeie van die gevangenskap julle druk, maar julle kan ook in `n baie kort tydjie daarvan verlos word, want aan julle staan waarlik alle middele ter beskikking deur die goddelike Verlosser Jesus Christus, Wie vir julle gesterf het aan die kruis. Bedink dat julle nog eindelose tye sal moet smag, wanneer julle geen gebruik gaan maak van die barmhartigheid van Sy verlossingswerk nie, wanneer julle nie julle toevlug sal neem tot Hom, Wie alleen julle boeie kan losmaak nie. En bedink dat julle tydens die lewe op aarde kennis daarvan kan neem, welke weg julle moet gaan, om julle uiteindelike vryheid te verwerf.
Soos julle wat volledig sonder bekendheid met Jesus Christus en Sy verlossingswerk julle gang gaan, kan julle Hom ewemin aanroep om hulp. Maar die kennis word elke mens aangereik, al is dit ook op heel verskillende wyses, en die weiniges by wie dit nie deurdring nie, omdat die rypheid van hulle siel nog nie die graad bereik het, wat tot voleinding op aarde kan lei nie, sal in die hiernamaals nog kennis oor Hom opdoen en met goeie wil ook bevry kan word uit hulle boeie.
Maar die kennis van Jesus Christus is nie vir die mense op aarde verborge nie, en waar dit vir hulle nie van buite af bygebring kan word nie, daar bemiddel My Gees, wat die mense in die waarheid binnelei, soos wat Ek dit beloof het.
Dit moet julle weet, om julle bewus te maak van die groot betekenis van julle verblyf op aarde, dat daar maar `n manier is om heeltemal vry te word en as salige wesens die Ligryk binne te kan gaan, dat julle almal hierdie weg sal ken, maar wat julle ook nou moet gaan. Julle moet almal die weg na die kruis neem, julle moet jul almal oorgee aan Jesus Christus, om die poort van die saligheid binne te kan gaan. Maar niemand sal sonder Jesus Christus salig kan word nie, maar steeds sy boeie nog so lank moet dra, totdat hy die besluit neem om hierdie weg tot Hom, die weg na die kruis, te neem.
Julle mense het egter nie meer baie tyd oor nie. Bedink dit, dat julle in die kort tydjie tot aan die einde die vryheid kan bereik, maar dat julle dit vir `n eindelose lang tyd weer verspeel, wanneer julle Jesus Christus uitskakel, wanneer julle Hom, hoewel julle Hom ken en kennis van Sy werk van barmhartigheid het, afwys of onverskillig teenoor Hom bly en Hom nie om hulp vra op die weg na die voleinding nie.
Julle weet nie welke geskenk van barmhartigheid vir julle gereed lê nie, waardeur julle bevryding sal vind uit ewige gevangenskap, maar dit word steeds weer vir julle gesê, sonder dat julle geloof daaraan heg. Julle kan slegs deur Jesus Christus verlos word van die sondeskuld, uit die mag van My teenstander, en julle hoef nie meer lank onder sy heerskappy te bly staan nie; julle kan julle vrymaak van hom en alle boeie van julle afwerp, want Een is daar wat julle sal help, wanneer julle julleself slegs tot Hom wend en Sy hulp afsmeek. En dit staan julle nog net `n kort tydjie ter beskikking.
Versuim julle dit, dan bly julle nog vir eindelose lang tye in sy mag, tot daar ooit eenmaal opnuut die moontlikheid gebied word om Hom aan te roep om erbarming. Verleng nie self die tyd van julle gevangenskap nie, maar neem die blye boodskap van die verlossing deur Jesus Christus verheugd aan, en wend julle tot Hom, sodat Hy julle ook in vryheid stel, dat Hy Sy bloed ook vir julle mag vergiet het.
Gaan Hom nie verby nie, julle wat Hom ken. Glo dat alleen Hy julle kan red van sonde en dood, en gaan die laaste tree van julle ontwikkelingsgang op hierdie aarde, gaan na die kruis van Golgota. En in salige vryheid sal julle kan opstyg in die Ryk van die Lig, waar vir ewig geen nag meer sal wees nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205