Boek 19 – GOLGOTA
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

LAAT DIE KRUISOFFER NIE TEVERGEEFS GEBRING WEES NIE
B.D.6938 - 7 Oktober 1957
My lyding en sterwe aan die kruis kon vir u mense ook nutteloos gewees het. Die kruisoffer kon vergeefs gebring gewees het vir u wat nie onder die indruk daarvan is nie, vir u wat die Goddelike Verlosser Jesus Christus nie erken nie en wat slegs kennis neem van die mens Jesus - egter geen Goddelike geestelike sending aan Hom toeken nie en homself gevolglik buite hulle plaas vir wie die verlossingswerk volbring was.
U moet uself bewustelik tot Hom wend as u deel wil hê aan die barmhartigheid van die verlossingswerk. Die verlossing hang van uself af, ofskoon Ek vir alle mense aan die kruis gesterwe het. Maar u mense besef nie dat u gebonde is nie, dat u uself nooit sonder die verlossing deur Jesus Christus in die vryheid van die lig en krag sal kan verheug nie, dat u gebonde sal bly, al sou ewige tye verbygaan. U besef nie dat die toestand van onvryheid, van lig en kragteloosheid, nooit op `n ander manier verander kan word as om te gaan via Golgota nie.
En of u ook die Goddelike Verlosser Jesus Christus afwys, of u ook geen ag slaan op Sy werk nie, aan Hom is die beslissing tog gegee oor hoe lank u uself in `n onsalige toestand bevind. U bestaan as mens lyk weliswaar nie so armsalig nie, en daarom sien u nie uit na Die EEN, Wie u `n salige lot kan verskaf nie.
Maar u aardse bestaan as mens, is nie van lange duur nie, en daarna word u eers bewus van die kwellinge van `n gebonde toestand. Dan word u die lewenskrag ontneem wat u as mens besit het, dat u tenminste self nie gekluister in die harde materie is en hierin ook die kwellinge van die gebonde wees moet voel nie. Maar solank u in besit is van die “Ek bewussyn” is daar steeds nog die moontlikheid dat u tot Jesus Christus u Verlosser roep, synde dit op hierdie aarde of in die ryk hierna is, as die uiterste duisternis u nie opneem nie.
Daarom is My liefde onvermoeid besig om u gedagtes te rig op Hom, in Wie Ek Myself beliggaam het om u te verlos. Ek sal weer poog om vir u die daad van Jesus voor oë te stel, steeds weer sal Ek daarvoor sorg dat daar van Sy verlossingswerk melding gemaak word en u mense daarvan in kennis gestel word, u wat nog heeltemal afsydig staan van die kruis en wat aan alles wat met Jesus Christus in verband staan, weinig of heeltemal geen belang heg nie.
Nou eers word elkeen van u aangespreek en op Hom attent gemaak en elkeen van u kan uself in u gedagtes besig hou met wat daar oor Jesus Christus en Sy verlossingswerk verkondig word en elkeen kan nou volgens eie wil `n standpunt oor Hom inneem. Maar hoe hy homself instel, sal beslissend wees vir eindelose tye of selfs vir die ewigheid. Want hy kan eindelose lang tye nog in ellende en gebondenheid vertoef, maar ook kan hy vir ewig vry wees en in lig en krag en saligheid sy Goddelike Verlosser dank vir die werk van barmhartige liefde, waarmee die vryheid vir hom betaal was en waardeur hy weer sy oertoestand terugkry waarin hy salig was.
Geen mens is van hierdie beslissing onthef nie en elke mens berei self sy toekomstige lot, maar My liefde help hom voortdurend om die regte beslissing te neem. My liefde gee hom steeds weer aanwysings, sodat geen mens kan sê dat hy in onwetendheid gebly het oor dit, wat hom verlossing kan bring nie. Dog My liefde bepaal nie u wil nie, want vrywillig het u hierdie onsalige toestand gekies en vrywillig moet u weer die verlossing daaruit nastreef.
En daarom stel ook die verlossing deur Jesus Christus dan ook u vrye wil voorop, anders sou die hele wêreld reeds verlos gewees het en niks homself meer in onvryheid en swakheid bevind het nie, omdat die verlossingswerk vir u mense volbring is.
Net u wil benut die barmhartigheid van die verlossingswerk, as u uself vrywillig tot Hom keer Wie vir u aan die kruis gesterf het, as u Myself erken in Jesus Christus en sodoende sou wil dat Ek vir u mog gesterf het. Dan sal u waarlik uit die toestand van gebondenheid vry word en u sal dan verlos van hierdie aarde kan skei. U sal kan ingaan in die ryk waar u in lig en krag nou onbeperk kan werk - en salig wees. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205