Boek 19 – GOLGOTA
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

DIE KORTSTE WEG IS DIE WEG VIA DIE KRUIS
B.D.7300 - 6 Maart 1959
Ek wil u die kortste weg wys wat na My lei, terug in die vaderhuis. Dit is die weg via die kruis, die weg na Jesus Christus Wie My as die mens Jesus omhul het, sodat Ek vir u die verlossingswerk kon volbring, die werk van genoegdoening vir u vroeëre groot skuld van hulle wat hulle van My afwend het. Die werk van erbarming volbring My Liefde vir u, My sondig geworde skepsele, wat hulleself daardeur in die grootste ongeluk gestort het en daaruit bevry moes word.
My Liefde wil vir u die skuld oorneem en vir u boete doen, want die Liefde was die enigste wat hierdie groot skuld tot niet kon maak. Uself het van alle liefde afgesien, u het elke toestraling van Liefde van My kant afgewys, u was heeltemal sonder enige liefde en omdat hierdie groot oerskuld juis net met liefde weer goed te maak was, moes My Liefde vir u die skuld delg wanneer Ek wou, sodat u ook weer vry kon word en na My sou terugkeer. U het deur My verlossingswerk nou ook daarvan vry geword, met die voorbehoud dat dit in uself lê om weer in vryheid na My toe terug te keer, dat u dit self moet wil om weer deur My toegestraal te word en deurstraal met My Liefde, wat krag, lig en vryheid is.
Hierdie wil sal u dus eers moet genereer, as u in die kring van hulle opgeneem wil word, vir wie Ek die bitterste dood aan die kruis gesterf het. Slegs u wil is nodig dat aan u dan ook die vereiste krag gestuur word om die weg na My te kan aflê, want om hierdie weg te gaan, beteken dat u gewillig moet wees om u weer in die bereik van die son van My Liefde te begewe, omdat u u wese wat tot nou toe liefdeloos was, moet verander tot liefde.
Daar is dus slegs één weg wat weer na My terugvoer, die weg van die liefde, wat u eers sal kan gaan, wanneer hierdie weg na die kruis voer, omdat u andersins te swak is, ondanks u goeie wil, om werke van liefde te verrig, solank My teenstander u nog in sy mag het, solank die goddelike Verlosser Jesus Christus nog nie in u lewe gekom het nie, wat u slegs aan die kruis van Golgota kan vind, wanneer u uself op die weg begewe na Hom. Want Hy alleen kan en sal u nog swakke wil versterk, deurdat Hy u met Sy aan die kruis verworwe barmhartigheid oorstelp, en u so deur die sterkte van u wil dit terugkry wat u eens besit het en deur u val in die diepte verloor het.
Wanneer Ek u dus die kortste weg wil toon, beteken dit dat u absoluut met Jesus Christus in verbinding sal moet tree, dat u vir Hom sal vra om versterking van u wil, om vergewing van u skuld en om verlossing uit u nog gebonde toestand. En dit alles het ook dieselfde betekenis as `n lewe in liefde, met onophoudelike werksaam wees in liefde, dat u wese heeltemal omvorm word en u dit weer so aan My Wese aanpas, Wie die ewige Liefde is.
Elke mens wat sy beste doen om in liefde te lewe, sal ook sy oë opslaan na Jesus Christus aan die kruis, hy sal self skuldig voel en vra om vry te word van sy skuld, hy sal in die swak toestand van sy siel die weg neem na Jesus Christus en `n beroep doen op Sy aan die kruis verworwe barmhartigheid. Hy sal homself by Hom aansluit omdat hy homself te swak voel en hy sal nie verder hoef te gaan nie as na die kruis, omdat hy alles daar sal vind wat hy nodig het om weer opgeneem te word in sy vaderhuis.
Die vergewing van die sondeskuld is vir hom verseker, omdat hy ook sy wese verander het, ook dat die gang na die kruis `n sterk innerlike behoefte word vir hom en hy daarom ook `n baie diep berou sal hê oor sy skuld. Maar hierdie verandering van sy wese sal nie plaasvind sonder die wil om lief te hê nie, want dit is juis die liefde waarin die wese ontbreek en wie dit weer in homself moet ontsteek om homself aan My Oerwese aan te pas. Maar die mens sal dit ook kan doen, wanneer hy slegs van goeie wil is om sy opgawe op aarde te vervul, waarvoor aan hom die bestaan op aarde geskenk is. Die wil is alles en hy kry verseker versterking deur Jesus Christus. Daarom kan die goddelike Verlosser egter nie uitgeskakel word nie en daarom is die gang na die kruis die enigste groot taak van die mens, waarvan die volbrenging hom egter krag en vryheid, lig en geluksaligheid verseker, soos dit aan u beloof is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205