Boek 19 – GOLGOTA
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

"WIE IN MY GLO." DIE BARMHARTIGHEID VAN DIE VERLOSSINGSWERK
B.D.3445 - 23 Februarie 1945
Dit is op hierdie oomblik dringend noodsaaklik om die barmhartigheid van die verlossingswerk te vra. Want nou sal dit blyk, hoe die wil van die mens baie sterker kan wees, wat terwille van die dood van Jesus Christus, bid om krag en barmhartigheid.
Jesus Christus het die mees pynlike dood aan die kruis gesterf, om die mense lyding te bespaar. Hy het die leed van die mense op Sy skouers geneem, Hy het die kruis vir hulle gedra en sodoende kan die mense teen lyding gespaar bly, mits hulle hulleself gelowig onder die kruis plaas, mits hulle Jesus Christus aanroep om Sy bystand, sodat Hy hulle las van hulle kan afneem en dit in hulle plek dra.
En die mens sal na hierdie aanroep versterk wees, want die Goddelike Verlosser Self gee hom krag as barmhartigheid van Sy verlossingswerk. En sy wil sal versterk word, alle angs sal van hom wyk, hy sal met meer krag omhoog strewe, en aardse leed sal hom nouliks raak, omdat Jesus Christus dit vir hom help dra.
Maar hoe min mense roep Hom aan om hulp. Hoe min mense bely die geloof in Hom en Sy verlossingswerk en hoe selde word die barmhartigheid van die verlossingswerk afgesmeek en aldus bewustelik ontvang. Hulle roep God aan, maar herken Hom nie in Jesus Christus nie, en daarom het die leed op aarde `n maat bereik, wat oorvol skyn te wees.
En die mense moet die leed self dra. Hulle moet dit op hulleself neem, omdat hulle nie in Hom glo nie. En daarom is die nood so hoog, en die mensdom is swak van wil, omdat hulle sonder Jesus Christus hulle weg gaan en daarom, enorm swaar belas, deur groot louterende lyding heen moet gaan.
God wil die mens op aarde nog die geleentheid gee om Jesus Christus te herken, deurdat Hy hulle self die weg na Golgota laat gaan, die wat die omhulsel van hulle siele moet laat smelt, die wat in hulle die vonk van liefde moet laat ontsteek, sodat hulle nou ook die weg tot navolging van Jesus Christus kan gaan en Hom Self as Verlosser van die wêreld leer ken. En as die lyding maar tot die doel bydra, dat hulle Jesus Christus aan die einde van hulle lewe nie afwys nie, dan het hulle baie gewen, en hulle sal daarvoor vir ewig dankbaar wees en ook die lyding seën, wat hulle hierdie herkenning gebring het. Maar die vermindering van die lyding op aarde kan hulle net bewerkstellig, wanneer hulle in diep geloof tot Hom daarvoor bid, sodat Hy hulle kan help om die kruis te dra.
Sy volgelinge egter sal alle swakheid van wil verloor, hulle sal onbevrees deur die lydingstyd heen gaan, want hulle put die krag uit Hom, hulle maak gebruik van die barmhartigheid van die verlossingswerk en dus ontbreek dit hulle nie meer aan krag waarmee hulle alles bedwing wat die wêreld van hulle eis nie, en waardeur hulle ook nie deur die leed terneergedruk word nie. Want Jesus Christus dra vir hulle die leed, Hy het vir die sonde van die mensdom gesterf, en so het Hy ook die straf vir die sonde op Sy skouers geneem.
En die mens kan gesuiwer uit sy aardse lewe tevoorskyn kom, as hy slegs met diep geloof in Hom, om vergewing van die sonde bid. Hy het die middel tot loutering, die leed nie nodig nie, terwyl die ongelowige mense slegs alleen deur leed nog gered kan word, mits hulle nie `n algehele verstokte instelling het nie.
Die barmhartigheid van die verlossingswerk staan die mens onbegrensd ter beskikking, en hy kan steeds en voortdurend daarvan gebruik maak. Maar dit werk nie vir hulle, wat Jesus Christus afwys nie en hulle aardse lot ontwikkel homself nie so eenvoudig nie, omdat dit die tyd van die einde is, dit moet benut word, as die siele nog gered wil word. Wie in Jesus Christus glo, weet hy is nie verlore nie, want hy vlug met elke nood na die kruis. En hy sal nie tevergeefs vra nie. Sy leed sal draaglik wees, sy wil sal versterk word en sy krag tot oorwinning oor alle geestelike en liggaamlike nood sal toeneem, en hy sal sy lewenstryd goed deurstaan, en sy aardse weg sal suksesvol wees, hy sal geestelik ryp word en die ewige lewe wen. Want Jesus Christus Self het hom beloof: “Wie in My glo, die sal nie sterwe nie, maar die Ewige Lewe hê”.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205