Boek 19 – GOLGOTA
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

DIE WEG NA GOLGOTA. DIE NAVOLGING VAN JESUS CHRISTUS.
B.D. NR. 5791 - 16 Oktober 1953
Om die weg na Golgota te gaan, is die ware navolging van die Christus. U sal dit wel begryp as u glo dat Jesus Christus vir u hierdie weg gegaan het, dat Hy terwille van u sonde alle smartlike kwellinge van hierdie gang na die kruis op Homself geneem het, dus van u die leed afgeneem het en dit Self vir u gedra het. En u geloof daaroor is ook korrek. Hy het vir u die skuld tot niet gemaak deur Sy lyding en sterwe aan die kruis.
Maar die bekroning van Sy weg oor die aarde was die vereniging met Sy Vader van Ewigheid. Hy het Homself vir ewig met Hom verenig. Hy en die Vader het Een geword. En om die doel te bereik is die navolging van Jesus Christus die enigste weg. En om die doel te bereik moet die mens ook `n aardse lewe vol leed op homself neem, hy moet geduldig die weg oor die aarde gaan tot die einde, al bring dit hom nog groot leed op die hals, nog sulke groot teenspoed en ontberinge. Hy moet die kelk leeg drink tot op die bodem, maar steeds die goddelike Heer en Heiland voor oë hou; sy hele strewe moet wees om Hom na te volg en met Wie hy ook verenig sou wil wees tot in alle ewigheid. Van Hom sal die mens ook krag kry en as die mens swak word, staan die Heiland Jesus Christus naas hom en ondersteun hom, Hy help hom om die kruis te dra totdat hy sy doel bereik het.
En nou sal u begryp waarom vroom, God onderdanige mense dikwels deur leed en siekte agtervolg word, waarom hulle `n kruis gegee word om te dra wat vir hulle byna ondraaglik voorkom. Dit gaan oor die kindskap van God, oor die vereniging met Hom sodanig, dat hulle, wat die naaste aan die Vader staan, onbegrensde krag en lig kan ontvang en onbeperkte geluksaligheid kan voel wat slegs die totale vereniging met Hom kan teweegbring, en dat hierdie stand daarom die kosbaarste is wat op aarde bereik kan word, dog deur groot offers, deur die prysgee van alles wat die mens op aarde as aangenaam ervaar.
Hy moet in waarheid die weg na Golgota gaan, hy mag nie meer na die wêreld kyk nie, hy moet sy blik daarvan afwend, en tree vir tree aflê in nood en kwelling. Hy moet weet dat sy liggaam slegs vir die siel ly, sodat sy dan volkome gereinig voor die Aangesig van God kan tree, om deur die Vader met die diepste liefde aangeneem te word as Sy kind, wat Hom, uit liefde vir Hom, nagevolg het, wat uit liefde vir Hom die weg van die kruis op aarde afgelê het en dat deur Hom hy nou vertroud gemaak word met alle regte van `n kind, want hy het alreeds na die Vader teruggekeer, en ook nou nog op aarde die proef afgelê en deurstaan, wat elke geskape engel moet deurstaan om volkome te versmelt met sy Skepper en Vader van ewigheid, om nou, as volmaakte, te kan skep en werk in die ryk van die lig.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205