Boek 19 – GOLGOTA
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

GEESTELIKE LEIER OP AARDE . JESUS CHRISTUS
B.D. 6284 - 14 Junie 1955
Die mense het leiers op aarde nodig, want om slegs die ware weg te vind en te gaan, daarvoor ontbreek dit hulle aan die krag van die insig, geestelik is hulle nog blind, hulle oë herken nie die weg omhoog nie, en daardeur sal hulle dikwels die verkeerde weg neem, ondanks hulle wil om die ware doel te bereik. Want die afgrond oefen `n groter aantrekkingskrag uit, waaraan hulle sonder hulp ten prooi sou val. Ek laat hulle daarom vergesel van leiers, aan wie hulle hulleself kan toevertrou, maar hulle nie gedwonge voel om te volg nie.
Hierdie leiers ken die ware weg presies, omdat hulle van bo kom en almal daarheen wil lei waar die lig is, waar hulle self vandaan kom. Hulle is self vervul met lig, maar weet tydens hulle lewe op aarde, nie dat hulle uit die Ligryk kom nie, want alle mense wat op aarde is, is onderworpe aan dieselfde wette. Dit ontbreek hulle aan alle herinnering aan vroeër, sodat hulle volledig vry kan bly in hulle wilsbeskikking.
Dieselfde geld vir die leiers wat deur My onder die mense geplaas is - wat hulleself slegs in soverre van hulle medemens onderskei, dat die doel van al hulle strewe is om `n graad van rypheid op aarde te bereik, - terwyl die medemens, wat hulle strewe op wêreldse dinge gerig het, nou eers gelei moet word na `n ander doel.
Wat by die eersgenoemde in hulle aard skyn te lê, moet die ander langsaam deur opvoeding bygebring word. En dit is moeilik, sowel vir die leier om sy medemens tot iets te beweeg wat vir hom minder begeringswaardig lyk, asook vir hierdie mens self, om homself af te wend van hierdie begeringswaardige dinge en om volkome onbekende goed na te strewe. Maar dit is juis die beproewing van die aardse lewe, wat die mens moet deurstaan, en dat hulle deurstaan kan word, hoef nie betwyfel te word nie, omdat Ek slegs dit van julle verlang, wat moontlik vervul kan word.
Maar nou sal daar, deur die toedoen van My teenstander, orals, dit wil sê, op alle kruispaaie van die weë, leiers hulleself aan die onkundiges aanbied, omdat hy ten doel het om die ware weg vir die mens verborge te hou, sodat hulle daarby verby loop en die weg volg, wat hulle deur hierdie leiers getoon word, wat egter volstrek ongeskik is om omhoog te lei, omdat hulle self nie die weg ken nie. Daarom moet julle mense nou op julle hoede wees en elkeen wat julle wil lei vooraf ondersoek, of hy self die ware doel nastreef.
Julle is daartoe in staat, want `n goeie leier moet julle na die kruis van Golgota voer, hy moet julle eers na die kruis lei, waaronder julle jul moet oorgee aan Hom, Wie vir julle aan die kruis gesterf het. Julle moet uit die mond van julle leier ervaar wat die betekenis is van die verlossingswerk, julle moet deur hom die oorgrote liefde en barmhartigheid van die goddelike Verlosser leer herken, en julle moet nou ook herken Wie dit was, Wie vir julle die dood van `n misdadiger gesterf het, en waarom Hy dit gedoen het. `n Goeie leier sal julle die kennis kan gee, en hom mag julle ook onbesorg volg. `n Leier wat die weg egter nie ken nie, lei julle nie na Golgota nie, hy noem miskien sydelings die werk van die Mens Jesus, om daardeur die geloof te wek aan sy reg om julle te mag lei, maar julle sal geen korrekte verklaring kry oor die betekenis van die Verlossingswerk nie, julle sal wel dikwels die Naam, Jesus Christus, uit sy mond hoor, maar anders nie as dat Hy `n historiese figuur sou gewees het, Wie se lewe en leer `n etiese waarde gehad het. Die diepere samehang is egter vir sulke leiers vreemd.
En daarin sal julle beproewing afneem, welke die ware weg is en welke leier julle vol vertroue mag volg, want die weg na die doel voer langs Golgota, `n ander weg na die hemel is daar nie. Die ware leiers word egter aan julle deur die goddelike Verlosser Self gestuur, en wie nie deur Hom gestuur is nie, is ook geen ware leier nie. En so sal julle ook kan beoordeel, welke die ware leer is: Slegs dit wat die verlossingswerk van die Christus voorop stel. Slegs dit kan homself in die waarheid staande hou, hulle wat self, verlos deur Jesus se bloed, nou deurdronge van Sy gees is en daarom geregtig en in staat is om hulle medemens te lei, omdat hulle weet dat die mense hulleself eers moet oorgee aan die liefde en barmhartigheid van Jesus Christus, voordat hulle die weg kan volg wat omhoog lei na die Hemel, My Self tegemoet, Wie dan as Mens Jesus gesterf het aan die kruis, om julle mense te verlos.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205