Boek 19 – GOLGOTA
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

KRUISWEG LANGS GOLGOTA
B.D.6512 - 28, 29 Maart 1956
Die weg na die kruis moet onherroeplik gegaan word, want dit alleen voer julle na die poort van saligheid. Die weg na die kruis is die weg van die liefde en die lyding, dit is die weg tot Jesus Christus, dit is die weg na Golgota.
Jesus Christus Self het vir julle daarop gegaan; nogtans moet julle Hom navolg en alles op julle neem, wat julle beskore is. Maar as julle opreg die weg na die kruis wil neem, na Hom, die goddelike Verlosser, dan sal Hy julle ook sekerlik bystaan, want elkeen wat na Hom toe wil kom, neem Hy by die hand en Hy help hom as hy swak word. Julle moet die weg langs Golgota neem, as julle die poort van die saligheid wil bereik. Alle lyding en pyn van die goddelike verlosser Jesus Christus moet julle jul aanskoulik voorstel en besef dat Hy dit vir julle gedra het.
Julle moet Hom dan as te ware in jul gedagtes begelei op hierdie weg en by Hom bly tot by die uur van Sy dood. Sy leed moet julle leed wees, sodat dit julle harte raak en die liefde in julle tot `n heldere gloed laat oplaai. Julle moet saam met Hom wil ly in die erkenning dat dit julle sonde is waarvoor Hy gely en gesterf het aan die kruis. En so neem julle ook deel aan Sy verlossingswerk, en julle word lewende getuies van Sy Naam.
Niemand kan salig word, wie nie die grootste geestelike gebeure duidelik vir homself maak nie, met `n daad, wat sy gelyke soek nie. Niemand kan verlos word, wat nog nie in sy gedagtes die verlossingswerk beleef het nie, wat dus eenmaal die weg na die kruis geneem het, om nou in alle stilte homself by Jesus op die kruisweg aan te sluit en by Hom te bly tot Sy dood. Steeds weer moet julle mense hierdie gebeurtenis in jul herinnering oproep, en julle liefde tot Hom sal homself steeds meer verdiep, Wie vir julle gely en gesterf het aan die kruis.
Hierdie kruisgang tot Hom en met Hom is onvermydelik, want eers dan dring julle deur tot die grote geheim van die Menswording van God en van Sy verlossingswerk, dan eers dring dit tot julle deur, wat die Mens Jesus vir julle gedoen het, en dan eers sal julle egte volgelinge van Jesus word, sodat die liefde tot Hom julle begeerte prikkel, sodat julle nie meer van Sy wil afwyk nie, sodat julle dan ook bereid sal wees om die grootste leed te dra, om deel te neem aan Sy verlossingswerk.
Die gebeurtenisse van Jesus se kruisiging mag vir julle nie net woorde bly nie, julle moet dit in julle tot lewe wek, julle moet julleself verdiep in die oorgrote leed wat Hy gedra het en daarom dikwels in gedagte die weg na die kruis gaan. En die kruis sal vir julle oplig en wys na die poort tot die saligheid. Dan eers sal julle Sy Naam lewendig kan verteenwoordig, dan eers sal julle self van Verlossing kan spreek, dan word julle siel aangeraak deur die oorgrote liefde van die goddelike Verlosser, dan sal julle egter nimmer meer van Hom afwyk nie, en dan sal julle aan Sy sy die Ligryk kan betree na die skeiding met die aarde, omdat haar weg langs Golgota lei.
En onnoemlike saligheid is hulle beskore, want hulle het nou ontwaak tot die ware lewe, hulle het die dood oorwin danksy Hom, Wie vir hulle gesterf het. Die verlossingswerk van Jesus Christus is van so `n groot betekenis, dat Sy kruisdood steeds weer en in alle innigheid herdenk moet word, dat die mens homself steeds weer van Sy lewe en sterwe `n voorstelling moet maak, om deur te dring na die misterie van Sy liefdeswerk, want hoe meer hy bewus word van die liefdeswerk van Jesus, soveel te meer word liefde tot Hom aangewakker, en die liefde dryf hom nou vanself na die kruis, die liefde neem ook die lyding van `n kruisgang op homself, die liefde is tot alles in staat, om die offer van Jesus Christus te benut en dan as te ware self daaraan deel te neem, want die liefde offer homself.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205