BOEK 2 - DIE WYSHEID
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13.

HOOFSTUK 6

DIE HUIS IN DIE HEMELE

1) Werklik is die voorraadskure van MY HEMELE vir elke rein en opregte bekeerling bedoel. Dit sal altyd oop en toeganklik wees, omdat vriende, kinders en familie in die HUIS van voorraad geen tekort sal beleef nie. Die wat kies om nie in die HUIS te vertoef nie, sal altyd en gereeld `n nood voel druk. In die voorafgaande hoofstukke het EK die geheime rondom bekering en eienskappe om te bemeester, uitgelê en nou sal dit stawend geskied. In die BYBEL van ouds is geskryf dat die een wat sy broer vergewe ook sonder sonde gereken sal word, daarom sal die broer en die een wat vergifnis toegestaan het, in LIEFDE herstel word voor MY en EK sal hulle verblyf in die HUIS seën. Vergeet daarom van jou broer se oortredinge en wees vry.

Vryheid in die HUIS behels eenheid met LIEFDE en al haar eienskappe. Daarom kan enigeen en elkeen in die huis gevoed wees, want eienskappe vul tekorte aan. By jou naaste sal jy jou vervulling vind en elkeen sal MY beleef met oë wat begryp.

2) Jou naaste is jou hulp om waardigheid te leer. Die HUIS van die ewigheid is waar jy jou herkoms sal besef. Nou is als nog vaag, maar eers as jy jou aardse laste afgelê het, sal jy die waarde van ewige RUS en LIEFDE begryp. Hê jou mede-gelowiges lief wat voluit leef vir heiligmaking en wees barmhartig oor die wat in duister wandel. Strawwe en reëls soos in die eerste Bybel is geldig waar uitvoerbaar, maar om hulle af te skei van die gemeenskap gaan geen gemeenskap oorhou nie. EK sal self oor hul lewenslot besluit en niemand mag meer `n ander doodslaan as straf nie. Net EK ken die Weg van `n siel en wat dit sal baat.

3) Die dooies roep om nuwe kanse en sal dit op tyd gegun word, maar lewendes het nog kans om die HUIS van die HEMELE deelagtig te word.

4) Neem jou kans en benut dit om MY HUIS `n werklikheid te maak, want die tyd daarvoor is min en EK is Barmhartig oor almal om hierdie woorde `n werklikheid te maak.

5) Geesteskwessies wat uit misdaad spruit is moeilik om te hanteer, maar EK sê vir julle dat as `n siel leer om homself lief te hê met Liefde uit MY Hemele, sal alle misdaad verdwyn. Onderrig dus julle kinders om selfwaarde, selfwaardering en nederigheid te hê en julle het die stryd gewen om kinders vir MY HUIS op te voed. Nederigheid is die moeilikste van die drie om te onderrig, maar as jy kan uitwys hoe die swakste persoon die gelukkigste is in elke situasie, byvoorbeeld deur nie te ooreis of te beseer of te kwyn van uitputting nie, maar altyd `n glimlag te hê, sal wedywering en daardeur ook eendag, misdaad, verdwyn.

6) Nederigheid en gehoorsaamheid loop hand aan hand en daarom sal onderrig in nederigheid ook lei tot self-respek en gehoorsaamheid. As `n kind leer om homself en gevolge te bedink, en so sy naaste as deel van hom ervaar, sal hy of sy die Krag ontvang om LIEFDE uit te leef. EK IS LIEFDE.

7) LIEFDE as begin van die weg as mens is die grootste vooorreg en kans op vordering tot `n inwoner van MY HUIS.

8) Jy as mens alleen het kans om inwoner van MY HUIS te word, daarna sal jy net kneg kan wees. EK benoem elkeen wat met MY verenig as beërwer van MY KRAG.

9) Nêrens in die hele heelal sal nog `n liefdesasem lei tot KINDSKAP nie. Net in hierdie ster van LIEFDE, sal EK die oordeel gee volgens werke.

10) Lewe volgens MY WOORD en LIEFDE sal jou omvorm tot `n waardige draer van MY volheid. Daagliks is nuwe KRAG te put uit MY as ELOHIM en julle wat in MY HUIS woon is die erfgename daarvan.

11) Waarlik sal elkeen wat sy weë neerlê en in LIEFDE leef besef wat die waarde van `n ONS is in die ewigheid en elkeen sal dit uitbeeld op `n eie manier.

12) Jou gedeelte van die EWIGE HUIS lyk anders as die erfgenaam langs jou of oorkant jou, daarom mag niemand die ander oordeel nie, maar ondersteun om MY te vind op hoër en dieper vlakke.

13)Weerhou jou daarvan om te proe aan die Liefdeswyn wat EK skink vir jou naaste en hou self jou leë glas vir MY dat EK dit kan vul met wat goed is vir jou.

14) Niemand sal op mekaar nydig wees of neersien, solank julle almal die OERBRON van LIEFDE, MIRIAM, in julle lewens en harte verwelkom nie. Net EK kan dan julle werke rig.

15) Almal wat hierdie BOEK lees is nie uit dieselfde agtergrond en vlakke van geloof nie, tog een in die LIEFDE, daarom bring EK julle saam deur hierdie BOEK van alle tye as `n nuwe Volk en Kudde vir MY. Laat elkeen nederig kyk na sy hart of hy werklik al hierdie linligting begin toepas het, voordat hy of sy kritiek lewer, want net EK, JAHSHUA-MIRIAM-GEES van LIEFDE is die BRON waaruit hierdie lewende water spruit en dit sal elkeen heel, van watter hartseer, pyn of verlies hulle ookal besig is om te herstel.

16) Dra dit vir MY na elkeen wat honger het - jou JAHSHUA-MIRIAM-GEES het beveel.

17) JAHSHUA en MIRIAM is een en daarom is die NUWE BYBEL aan julle geopenbaar; sodat julle bewus kan word van die groeiende LIEFDE in MY VADERHART vir MY Skepping. EK wil elke gedeelte wat EK geskep het weer met MY verenig en die LIEFDE is die enigste weg daartoe.

18) EK sien uit na die omvorming van elkeen se wil om die LIEFDE hulle toestand van bestaan te maak, dan is ONS vir ewig by mekaar.

19) MY HUIS is `n werklikheid vanaf hierdie tydstip op aarde. Niemand sal `n eie lewe kan lei in MY nuwe orde sonder `n las van verlatenheid nie. Vreugde en LIEFDE sal elkeen wat in geloof lewe `n voorsprong gee in alle ontwikkeling, aangesien dit KRAG voortbring wat lewe baar.

20) Weet dat elkeen met verlustiging MY WOORDE sal ontvang as hulle harte rein gewas en vol geloof is.

21) EK roep elkeen uit hulle moeras van ongeloof en wanorde na MY HUIS van orde en rus in die LIEFDE. Glo dat die toestand van LIEFDE vir jou moontlik is en bou jou geloof op die ROTS. Dit sal jou sleutel tot MY HUIS bly.

22) Die HUIS waarin EK julle verwelkom is die gemene faktor tussen almal wat EK behoue laat bly vir MY NUWE HEMEL en NUWE AARDE. Elkeen wat oorbly, sal mekaar vind, herken en aanneem as werkers van geloof.

23) Hoekom berei EK julle voor op aanneming van mede-gelowiges? Want nie almal sal reeds die siel kan evalueer en `sien' nie, daarom sal sommiges uit plek voorkom, maar EK bepaal die lot en die kans van elke siel volgens die LIEFDE wat lewend word daarin.

24) Voltooi is hierdie hoofstuk en daarmee lei dit die volgende vlak van geloof in, naamlik: Beërwing van HEILIGHEID.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205