BOEK 3 - DIE BEKRAGTIGING
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

Hoofstuk 9

My kinders, die volgende gebeure in My lewe was gekenmerk deur versameling van mense as leerlinge en navolgers. So wil Ek hê moet elkeen van julle vir My wees, ‘n ywerige student en navolger van wat Ek gespreek het tydens My tyd op aarde. Die weergawes daarvan wat in julle hand behoue gebly het, is net ‘n breukdeel van wat Ek al onder My ywerige luisteraars versprei het. Open julle harte om My lewendig in julle te vind, sodat Ek julle kan lei na die Fontein van hierdie helder waters wat Lig werp op My lewe en woorde tydens My verblyf op aarde.

Watter rol die Miriam-Liefde in hierdie les het, sal spoedig na vore kom.

Ek het mense genees van siektes en dooies opgewek uit die dood, maar dít was simboliese werk vir wat Ek vir al My navolgers doen. Dooie plante is julle as julle nie groei of vrug dra nie en met My Water wek Ek julle op uit die dood, neem Ek julle by die hand en blaas My Lewensgees in julle harte om meer en helder My stem te hoor, om gretig uit te kom en My tegemoet te hardloop as Ek ‘n ruk stil was en terugkeer. Ek wil hê dat My kleintjies elke gelykenis in hulle harte moet opneem om lewend op te staan in My en uiteindelik soos Ek. Amein.

Ek sal julle lei en vertel wat elke gelykenis wat nog onbeantwoord gelaat is, beteken. Amein. Ek wil dat julle soos Ek in die wildernis aan Lucifer kon sê dat ‘n mens nie van brood alleen sal lewe nie, maar van elke lewende Woord wat uitgaan van Elohim. Waarmee sal ‘n jongeling sy pad dan suiwer hou? Deur dit te hou na die Woord van die Allerhoogste. Amein.

My Liefling-kinders wat hierdie lees, besonder groot is die uur waarin Ek hierdie bekendmaak aan julle harte, want dit is die uur waarin Ek op die aarde neerdaal in haar wat My ten volle gevind het. Sy sal My Woord opneem en met haar verenig om die eerste te wees om met Miriam te verenig, want Miriam is hier om alle skuld van erfsonde vry te spreek en My met julle te laat verenig. Vrygespreek is elkeen wat My Woorde soos Water opgedrink het, My nagmaal in hulle hart gebreek en geëet het en hulle in My opstanding bevry het van die aardse leed en laste. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205