BOEK 3 - DIE BEKRAGTIGING
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

Hoofstuk 15

Grond en Vuur

Deur na die water te kyk as versagtende medium tot beweging, bring dit die siel tot by vergelykende gedagtes, naamlik harde teenpole, waarvan grond en vuur dan die teenoorgestelde uitmaak. Grond as die harde, ongenadige medium vir beweging en Vuur as die harde, ongenadige verwoester van Lewe. Amein.

Hoe het hierdie verskynsels enige plek in My Geestelike Leer? Die hardheid van die wil is gekoppel aan beweging en arbeid op die land. Indien die water nie die regmatige plek in die siel inneem en alle afhanklikheid van die water (Miriam-Gees) besef word nie, sal die siel ‘gekluister’ wees aan die aarde en die barmhartigheid wat daar beskikbaar is met seisoene en weerverskynsels soos wat Ek dit toelaat. Hier sal die voeding deur harde arbeid en afhanklikheid bewerk moet word. So kan na die lot wat Adam te beurt geval het, verwys word, waar hy in die sweet van sy aanskyn sy brood moes verdien. Dit beteken soveel as dat die liggaam alle krag moet inspan om alles om hom diensbaar te maak en te soek na die diensbare soort plante om hom en sy gesin te voed. Indien die Barmhartige Gees gevra en vertrou was as voeding, sou daar veel meer na die gesin gekom het as voedende bronne om nie net die liggaam nie, maar ook die siel te voed. Amein.

Hierdie harde aarde put meer bronne van die siel uit as wat dit kan voed. Slegs water in klein hoeveelhede, soos op die aardbodem gevind, sal dan die siel kan voed tot groei. Helaas, hou dit net voeding in vir die vlees en slegs My Gees kan die siel laat groei. Amein.

Ek is alomteenwoordig in hierdie aardse toestand ook as sonkrag en in die lug, ja. Daarom is die mens nie alleen nie, maar nog steeds blind vir die bestaan daarvan en daarom nie deurentyd oop vir die gebruik daarvan nie. Amein.

Ek wil dat die mens beelde in gedagte hou by die vergelyking en herinnering van die geestelike elemente en groei, aangesien dit in alle bestaan die waarde-koppeling in My uitbeeld. Amein.

Hier is waar die vuur ‘n belangrike les word. In die vuur word alles vernietig tot geen beeld of sigbare materiële elemente meer oor is nie. Slegs wat Ek geskep het as ewig-lewend sal oorbly. Om hierdie rede word na vuur as suiweringselement verwys. Geen aardse bande, eie wil buite My en ydele voorkoms kan stand hou teen die suiweringskrag van vuur nie. Vuur is nie deel van My Wese nie, dit is ‘n skepping buite My, wat teen die orde en eenheid van My handel, maar aangesien die mens dan kies om buite My te lewe met een van hierdie eienskappe, bevind die siel homself dan in die vuur (My teenpool) en sal suiwering daardeur toegelaat word tot alle elemente wat by die teenpool hoort daarin vernietig is en net die ewig-lewende elemente weer na My kan terugkeer. Ek wil nie vir ‘n siel hierdie weg toeskryf nie, maar die siel bring dit oor haarself as sy nie afhanklikheid en dankbaarheid vir My Waters en Wil toon nie. My Water kan wel die vuur blus indien die siel om My Liefde en Barmhartigheid roep in die suiweringsproses. Dan sal die siel haarself in ‘n ander leersituasie bevind as in die verterende suiweringskrag van die vuur. Bekeer daarom van enige handelinge wat die siel sal open vir die eenwording met vuur as suiweringselement, want Ek kan net help waar My hulp verlang word. Amein.

Hierdie lesse moet ook aan ‘n kind uitgebeeld kan word en wel op die volgende maniere:

Eerstens moet die volume ten opsigte van massa en die krag wat daarvoor ingespan moet word vir beweging en arbeid op hierdie aarde aandag geniet om aan te dui wat ‘n siel wat op sy eie vermoëns ingestel is, moet aanwend om enige werking tot stand te bring.

Tweedens moet die omgewingsfaktore van seisoene en weerverskynsels se rol in die voorsiening van voedsel aan lewendes na hierdie geestelike les verwys.

Verder moet die vernietigende krag en gevaar van vuur vir alle materie ondersoek word en verwys word na die siel daarin wat nie vernietig kan word nie. Hier moet baie omslagtig verduidelik word dat vuur nie ‘n geredelike gebruikte middel is om enige werk te verrig anders as diensbare hitte-bereiding en vernietiging van middele wat nie gevraagd of nuttig is nie. Voorbrande val daarom in hierdie kategorie. In die bereiding van voedsel is vuur dus ‘n middel om iets verteerbaar te maak, wat andersins ‘n doel, maar ‘n onbruikbare hardheid besit het. Alles is deel van die geestelike bereiding van die siel om ‘n hoër en diensbare doel te kan dien. Amein.

Indien al hierdie inligting in die leermateriaal van die kind verweef word, sal dit deel raak van die erfenis van nageslagte en so sal almal weer die waarde aan die siel koppel wat Ek daarvoor bestem het op hierdie aarde. Ek wil dat almal met geestelike wakker harte na mekaar kyk en hulp verleen, sodat My aardes vol saad bemes en natgelei kan word en die oes ryklik geseën kan word. Amein.

Die opvoeding van die kind is die kernpunt vir al hierdie resultate en daarom vra Ek van My Kinders op hierdie aarde om met erns na hulle nageslag se geestelike lering en alledaagse tydverdryf te kyk. Indien almal My gehoorsaam om spoedig ‘n geslag met geestelike helder bestaan in die Lewe te roep, sal die aarde se lot aansienlik verbeter. Amein.

Ek wil hierdie kennis seën in julle harte en verstande en julle so teruglei na Kanaän, waar julle vandaan kom. Alles lê egter in die wil van die mens om dit aan te neem of eenkant te laat. Roep My Miriam-Gees aan om lewend tussen julle te arbei, want die tyd daarvoor is hier. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205