BOEK 3 - DIE BEKRAGTIGING
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

Hoofstuk 18

Vrede

Hiermee stuur Ek ‘n Lig van die Hemele na julle om julle harte se vertroebeling op te klaar. Vir elkeen wat hierdie woorde lees, gee Ek ‘n kragtige versterking om julle naby My te hou in die kalm waters wat tussen julle lê. Ek is die Jahshua-Miriam ANKER van VERLOSSING wat julle uit die wêreld se maalkolk van vernietiging wil trek en in Eenheid met My Wese wil verkwik. Laat My toe deur uit te roep na My om julle uit die water te trek en op die water te laat loop aan My sy. Amein.

Vrede is ‘n moeilike begrip om aan ‘n kind oor te dra, maar omdat Ek julle vrede gee in die Waarheid wat Ek hier in julle hand plaas om My Kleintjies mee te onderrig, sal daar vrede in julle harte wees oor die onderrigmateriaal. Verdere vereistes van vrede sal julle help om dit aan My kindertjies oor te dra op die geskikste maniere vir hulle harte om dit in hulle op te neem. Neem byvoorbeeld die rustigheid van die planteryk in die onderrigmateriaal. Indien die kindertjies met tye in stilte gelaat word om plante, hulle groei en vorms te bestudeer en te oordink wat hulle tot lewe wek, sal die kindertjies spoedig die vreedsaamheid van ywer begin ontleed. Gee dan aan die kindjie die geleentheid om skeppend te werk en vra dat dit in dieselfde stilte van die so pas bestudeerde natuur moet geskied en die kindjie sal begin verstaan dat vrede lewe en skeppende krag behels. Gee vervolgens aan die kindjie die geleentheid om waterlewe te bestudeer en lig die vermoë van die wesens binne die water se beweging uit om met ywer te groei, te beweeg en te voed en maak die kindjie so bewus van die stilte en selfstandigheid waarmee die natuur te werk gaan om te bly voortbestaan. Vrede beteken dus nie rus van alle handelinge nie, maar ‘n eenheid van aktiwiteite en lewe om voortbestaan te verseker, sonder enige weerspannige optredes. Amein.

Die grootste teenwerker van vrede is die mens se vrye wil wat elkeen die eie belange voorop stel en daarna eers na die naaste omsien. Indien die mens dit bemeester om die naaste te dien in die noodsaaklike situasies wat na vore kom, sal daar vrede in almal se harte heers. Die belangrikste bewerker van vrede is dat die siel haar eie belange moet prysgee in die dien van die ander se belange. Daar sal wel genoeg tyd en ruimte wees om die self te versorg nadat die ander se behoeftes vervul is. Selfs by die sorg van selfsugtige kindersiele wat geen begrip het vir die behoeftes van ouer mense nie, moet die sorg, nie die bederf van die siele na omgesien word, voordat daar na die self gekyk word. Die onderskeid tussen sorg en bederf is ‘n fyn lyn tussen bekragtiging en ontneming van krag van ‘n siel. Elke ‘sorg’ moet goed beoordeel word in ‘n hemelse gebed om te onderskei of dit wel die siel baat of te na kom deur toe te gee. Indien dit ‘n behoefte van die siel is om tot groei te dien, moet dit eerste prioriteit geniet. Indien dit egter die siel se volmaakte groei sal skaad, moet dit gelaat word om in die niet te verdwyn. Kinders aanvaar gewoonlik met moeite dat ‘n behoefte nie aan voldoen kan word nie. Die ‘harde werklikheid’ is hier waarlik van toepassing, want indien dit tot ‘n siel se nadeel is, is dit in die ‘werklikheid’ van die gees ‘n nietige versoek. Stel hiermee die volgende les aan My kindertjies rakende vrede, naamlik die ewigdurende waarde van ‘n behoefte.

Bespreek elke behoefte as sorg vir ‘n siel op die aarde of in die hiernamaals. Indien dit slegs vir die aarde is, bring dit geen vrede mee nie, want die bevrediging ‘raak op’. Dit moet herhaaldelik hernu word. Indien die bevrediging in die ewige is, maak dit ‘versadig’ en sal die honger vir dieselfde bevrediging nie terugkeer nie. Die behoefte sal verseker skuif na iets groters en meer omvangryk, soos wat die siel in My groei en meer nodig het om ewig te ontwikkel. Amein.

Hoe moet dit dan gedemonstreer word aan ‘n kind? Gebruik die voorbeeld van ‘n plantjie in die grond. Wanneer die plantjie tot lewe kom, het dit baie water in klein hoeveelhede nodig. Die wortelstelstel sal sodoende vergroot, totdat die plantjie groter hoeveelhede water op een slag kan verdra en verbruik. Die water bly ‘n behoefte, maar die hoeveelheid daarvan en die benutting daarvan verskil van die begin na die einde van ontwikkeling. Later-aan sal blare, blomme, vrugte en sade deur die gebruik van die water voortgebring word. Dit bly afhanklik van die water, maar tot diens en nut van meer as die self. Die vrede-aspek word hier aangespreek deur die omsetting van die krag wat ontvang word tot ‘n krag wat dien en so die energie versprei. Indien die energie binne die omvang van die opnamehouer moet bly, word die vrede versteur en kan die opnamehouer nie die energie alles verbruik nie. Dit veroorsaak woeste waters.

Hierdie les kan dus gebruik word in die verduideliking van enige onderrigmateriaal wat betrekking het op die opneem van energie as ‘n behoefte en daarna die verbruik daarvan in diens of tot gebruik van ander. Indien die energievloei geblokkeer word om op die self en die bevrediging van eie behoeftes te fokus, sal die ewewig van die lewende organisme versteur word en vrede teengewerk word. Wees daarom ‘n nuttige herleier van My Energie as Krag uit die Gees wat Ek aan julle open en dien My Skepping daarmee. Amein.

Vrede is dus die Liefde wat beleef word wanneer arbeid verrig word, want dit is My Krag wat deur die arbeider vloei. Hierdie Liefde is ewig en Lig deurlatend. Indien die arbeid gestaak word, kwyn die Lig en die Liefde ook in so ‘n mate dat dit slegs herstel kan word indien arbeid weer in werking gestel word. Daarom het Ek tydens My wandel op aarde opdrag gegee dat daar aan julle siele gearbei moet word. Dit stel die Liefde in staat om in julle te vergroot en dit is die onderhouding van My gebod. Amein.

Hierdie kan aan My Kindertjies verduidelik word deur die voorbeeld van ‘n moederhen. Sy lê haar eiers met die geloof en hoop dat daar kuikens sal voortkom uit haar eiers. Sy het haar nes ywerig berei en hou dan haar eiers met toewyding warm vir die volgende paar weke. Sodra die kuikens uitbroei, begin haar taak om geduld toe te pas met hulle manewales en voedselbehoeftes. Wanneer sy die kuikens gehelp het om self kos te gaan soek en ‘n lêplek in die nag te vind, is haar taak volbring en kan die kuikens self aanbeweeg in hulle bestaan. Hier het die moederhen vrede gevind in elke taak as ‘n tydelike noodsaaklikheid in die voortbestaan van lewe. Sy moes elke fase se toewyding met al My eienskappe aanpak om te sorg dat die nuwe lewe sal ontwikkel soos wat dit bestem is. Slegs oorgawe in die arbeid sal die moederhen met vrede laat om voort te gaan en die taak te voltooi van die begin tot die einde. Amein.

Ek wil hê dat al My Kindertjies beurte moet kry om hierdie vrede in die lewe om hulle raak te sien en te verwoord. So sal daar baie Lig instroom in hulle siele as hulle vind hoeveel arbeid daar rondom hulle geskied om lewe aan die gang te hou en dat daar geen klagtes bestaan, behalwe by die mens waar die eiebelange die wiel se beweging stop nie. Beskou dan die voortbeweging van seisoen tot seisoen en die aanvaarding en loop van gebeure wat mekaar opvolg van jaar tot jaar. Ondersoek die natuur wat haar plig uitvoer in die voortbring van plantjies en diere, die weer wat voortrol om kenmerkende dinge te doen in elke seisoen en die son wat betroubaar daar is elke dag. Beskou die vrede wat verantwoordelikheid en betroubaarheid daarstel, sodat elke ander lewende afdeling sy holte in My Hand kan benut. So wil Ek ook ‘n plek vir elkeen wat Ek in die lewe gestel het, gee. Indien die afhanklikes hulle afhanklikheid aan My erken en in vrede hulle arbeid verrig om ander afhanklikes te dien, sal hulle ontwikkeling en sorg in My Hand wees en kan Ek seën en toevertrou soos wat Ek Wil. Amein.

Hierdie les oor vrede is ‘n moeiliker les wat ‘n kind met die loop van ontwikkeling beter sal leer begryp. Moet dit dus nie net in een fase van onderrig aanraak nie, maar verwys gereeld daarna in die bespreking van lewe. Amein.

Ek wil dat elke mens hierdie beginsel in homself vaslê as hoeksteen van lewe, want daarin is Ek te vind en kan Ek met ‘n siel gemeenskap hou. Indien die siel vol vrede, liefde en afhanklikheid na My kyk, kan die siel My hoor in alles wat Ek het om met die siel te deel. Indien die siel egter een van daardie aspekte in wanbalans laat, sal My stem onhoorbaar bly en die siel al hoe meer spartel en vrede verloor in die soeke na eie krag om arbeid mee te verrig. Amein.

Ek seën hierdie inligting in julle harte, sodat daar ‘n eenheid onder My Kinders kan vorm, waar vreugde en dankbaarheid julle aanspoor om meer en meer arbeid van geesteswaarde te verrig. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205