BOEK 3 - DIE BEKRAGTIGING
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

Hoofstuk 3

Hiermee, My kinders, volg die volgende belangrike les in ‘n kind se opvoeding.

Uit al die mense op aarde het Ek ABRAHAM, ISAK EN JAKOB gekies om MY VOLK se erfenis en naamdraers te wees, nie omdat hulle groot en beroemd was nie, maar omdat hulle My in nederigheid liefgehad het. Ek was met hulle in hulle soeke na die ware God van hemel en aarde en het hulle roepe na My beantwoord met My heilige Lig en opdragte tot nederigheid en self-aflegging. Elkeen van hulle moes leed en skaamte in hulle hart dra oor hul lewens wat aan My gewy was sonder dat hulle dit gekies het. Dit was ‘n voorafbepaalde lot en daarom ‘n keuse met bewyse gerig tot grootsheid. Vleeslike dood was die gevolg van die keuse teen My, maar as hulle die skaamte kies wat Ek hulle opgelê het, het My Grootsheid deur hulle tot hul redding gekom om My roeping op aarde vir hulle te verwesenlik.

Aan die einde van elkeen van hulle se lewens is hulle eervol in herinnering gehou deur hulle kinders wat hul verhale aan die nageslagte moes inskerp om nuwe kinders tot GEHOORSAAMHEID EN LIEFDE vir My te bring.

Elke uur wat aan My bestee word in SAMEHORIGE GESINSLIEFDE, is soos ‘n duisend aardse jare wat tot die siel se groei toegevoeg word. Van jongs tot oud sal My kleintjies hierdie ure in herinnering roep en My dade deur hul geliefdes kragtig herbeleef. Dit is die lewende water wat die boom sal help om soortgelyke vrugte te dra op haar eie. In My dae op aarde was Ek vir vele mense, soos genoem in geskrifte, die enigste Ark waar hulle liefde beleef het om lewende water uit hul binneste mee te open.

Ek wil dat hierdie bekragtiging die harte van klip onder My kinders, almal sal oopbreek om lewende water oor al die landskappe van hierdie aarde en die bewoners as aardes te laat vloei. Amein.

Hierdie boek sal die SLEUTEL WEES TOT WERKE VAN WEDERGEBOORTE indien dit noukeurig ingeneem word en deur My in My kinders se siele verlig word. Amein.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205