BOEK 3 - DIE BEKRAGTIGING
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

Hoofstuk 4

Die volgende kerngebeurtenis is die vaslê van DIE TWAALF STAMME VAN ISRAEL waarop MY EWIGE POORTE gebou is. Edelstene wat aan elke stam toegeken is, dra belangrike waarde in die hart van elke mens wat as priester oor sy eie lewe moet waak. Elke edelsteen het ‘n plek of orde in die borswapen in die diens wat aan My gedoen word. So het elke stam ‘n ewige plek, orde en doel in My Koninkryk gekry, al is hulle nie uit een moeder of een geslag nie. Net Ek kan Eenheid, orde en ewige waarde aan iets toeskryf, daarom moet alle besluite eers voor MY VOETE neergelê word, dat Ek die priester van die hart daaroor kan insig gee en tot die regte antwoord lei. Let wel dat die hart daardeur bewapen is en nie die hoof nie. In die hart lê My geheimenisse in elke mens as skat begrawe en dit is die lewenstaak van elke mens om die skat te vind wat Ek voor geboorte reeds vir My kleintjie daar begrawe het. Net as aan die TWAALF ORDENINGE voldoen word, soos vir Moses gegee op die berg Sinai, sal die skat in die hart bereikbaar word om die land Kanaän mee te mag beërwe. Die weg na Sinai is weereens weg van die vleeslike behaging en in wolkedonkerheid en afsondering sal die priester die KLIPTAFELS lewend beskrewe ontvang om die hartskat te ontsluit vir Sy eie doel op aarde. Wees daarom ‘n Moses wat nederig moes lei en gehoorsaam moes doen wat Ek beveel het. Wees daar ook gereed op die uur wat Ek jou kom haal om die vlees te absorbeer in die wedergeboorte wat Ek vir al Myne bedoel.

Dink dan in hierdie les aan wat jy eet en wat jy drink, hoe jy jou liggaam heilig en klee om ‘n tempel vir MY, AS HOËPRIESTER te wees. Gebruik die dag in jou bestaan om My te vra om jou te leer van HEILIGHEID EN REINHEID, KUISHEID EN SINDELIKHEID. Laat My toe om aan jou insig te gee van ware skoonheid. Ek het jou geskape met elke WAARDEVOLLE LIGGAAMSEIENSKAP wat jy besit, maar gewyd is dit aan My en diep is die gevolge van die versorging en gebruik daarvan.

Beginnend by die HOOF sal geen oorringe, halssnoere en skoonheidsmiddele My sorg vir jou kan verfraai nie. Net as jy as siel My LIEFDE EN NEDERIGHEID in jou dra sal jou skoonheid van ewige waarde wees. Mag die vleeslike gebruik word? Nie ter verfraaiing, maar vir praktiese redes is dit nuttig vir die weg op aarde. Geen onnodige aandag moet daaraan bestee word nie, anders faal die siel in Sy doel vir die dag. Amein.

Daarna volg die bedekking en verfraaiing van die liggaam. Alle KLEDING moet vir praktiese manlike of vroulike dade oorweeg word en GESONDE VENTILASIE EN BEDEKKING in een begrip bewerk. Weereens sal oordadige of uitdagende kleredrag na die teenpool se guns neig en Ek sal daarmee vêr van die siel se sorg en leiding vir die dag wees. Elke dag is ‘n nuwe kans om My te behaag en in die diepte van die hart te vind. Ek is naby elkeen wat My daarvoor aanroep. Amein.

SKOENE AAN DIE VOETE van My kleintjies is bedoel om werk en beweging te vergemaklik. Geensins moet die fokus van die dag op die voete se uitputting, kwelling en versorging gerig wees nie. Alle praktiese, diensbare skoene sal die aardse kleding voltooi en daarmee is daar genoeg daaroor gesê.

In die geheelbeeld is HAARVERSORGING van kop tot tone geensins bedoel tot ure se debattering en voorskrifte nie. Dit is vir gesondheidsredes die spesifieke liggaam toebedeel en indien die praktiese diens aan My en die naaste ‘n spesifieke versorging vereis, sal die siel geen las daardeur beleef deur daaraan te voldoen nie. Eer My in jou weë en voorkoms-ingesteldheid en geheilig sal dit wees in die ewigheid. Bid My om leiding en antwoorde in jou eie kwelpunte en Ek sal dit vir jou verlig en antwoorde bring. Amein.

Geen INSKRYWINGS OF INPLANTINGS in die vel is aanvaarbaar nie.

Ringe is in hierdie bestaan ‘n simbool in julle samelewing, maar Ek wil die ring aan jou bestaan wees, die ANKER VAN VERLOSSING en die sieraad voor jou naaste. Vertel My kleintjies dat Ek hulle mooi gemaak het en hulle versiering is wat nooit kan vergaan deur mot of roes nie. Toon hulle die waarde daarvan deur dit self uit te lewe en My opreg te bemin. Heg waarde aan MY TEENWOORDIGHEID IN HULLE TEENWOORDIGHEID, sodat hulle deur hulle sintuie kan ontwaak tot ‘n hoër vlak van bestaan.

ORE wat My stem in hulle binneste herken.

OË wat die wêreld in My Lig aanskou.

‘n NEUS wat nederig hulle eie weë ondersoek en My asem daaroor begeer.

‘n MOND wat stil is uit haarself en spreek uit My, wat smaak vind in My skeppingswondere en geure en My dank vir elke gawe uit My Hand.

‘n VEL wat sensitief is vir My blik en dankbaar is vir My son wat hitte en lewe bring vir alle lewendes.

‘n LIGGAAM wat sy plek in die heelal voel en beweeg in diensbaarheid van ander lewendes, hetsy mens, plant of dier. Hierdie liggaam se funksies is almal geheilig as praktiese redes uit My en daarom moet MY SEËN oor elke funksie gebid word. Amein.

Toon aan My kindertjies die basiese eenhede van hulle liggame, die miniatuur skepping wat in ‘n sekere orde en onder gesonde omstandighede moet funksioneer om die groot geheel lewend te hou vir haar praktiese, volmaakte doel. Toon dan dieselfde ooreenkoms tussen alle lewende organismes en hoe die aarde ook so ‘n organisme in die heelal is wat ‘n bepaalde orde en volmaakte doel het. Vergelyk die aarde met die mens se hart wat die vuil of onsuiwer bloed ontvang en dit moet suiwer om diensbaar te kan wees in sy volmaakte doel. Die hart is ook die draer van MY GEES en die OORSPRONG VAN LEWE in die Mens. Amein.

Bewaak daarom die hart deur My ordes uit te leef. Amein.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205