Boek 20 - Oor die ware gebed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

GEBED IN GEES EN IN WAARHEID. VROME GEBARE
B.D. 5069 -22 Februarie 1951
Op vrome gebare slaan Ek geen ag nie, want hulle is slegs `n uiterlike pronkgewaad wat die blik in die hart moet teëhou. Wie waarlik innig aan My dink en met eenvoudige, nie aanstellerige woorde tot My spreek, is elke seremonie, elke uitwendige bewoënheid of uiterlike gebaar vreemd. Die hart het so-iets nie nodig nie, sy wend haarself regstreeks tot My en roep My haar node of ook haar liefde en verering toe. En Ek verneem elke gedagte wat uit die hart na My toe opstyg. Waar `n innerlike voel na buite toe egter sigbaar is, word te veel waarde geheg aan die mening van die medemens, omdat Ek Self nie sulke uiterlike bewyse nodig het nie en die hart van die mens daarsonder oop voor My lê.
U wil dus maar net die medemens daarvan oortuig van `n skynbaar vertroude verhouding met My, en so sal u nie met `n onverdeelde ingesteldheid na My toe kan kom nie, maar u laat u aan die oordeel van die medemense te veel geleë lê. Maar tewens verloor u gebed ook aan innigheid, want `n innige verbinding met My, sal u alles om u heen laat vergeet en ook elke uiterlike gebaar onsinnig en minderwaardig laat voorkom. Solank u dus nog na buite toe prysgee wat u alleen maar innerlik moet besig hou, het u ook nog nie die innige aaneensluiting met My in u gedagtes gevind, wat geen uiterlike toelaat nie, omdat u dan so volledig deur My gegryp word, dat u die wêreld om u heen vergeet; dat u ware kinders van u Vader is, wie se liefde vir die Vader geen ruimte laat vir iets anders nie.
Wel sal u u naaste nie mag vergeet nie, en altyd `n oop oog en oor vir sy node hê, u sal nie onverskillig aan hom mag verbygaan, wanneer hy vol leed na u toe kom nie, u sal hom nie mag negeer of verwaand teenoor hom wees nie, maar hom inteendeel in deemoed, geduld en barmhartigheid bystaan, hom volgens vermoë behulpsaam wees uit liefde vir hom. Maar as u verlang om met My in innige kontak te kom, moet u denke ook maar net vir My geld en niks uiterlik moet hierdie innige verbondenheid versteur of kenbaar maak nie. Ek wil in gees en in waarheid aanbid word en dit moet in algehele stilte gebeur, waar niemand getuie is van die samespraak tussen die harte van Vader en kind nie. En alle skyn moet van u afval, want Ek is die ewige Waarheid en wil ook in alle waarheid aangeroep word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205