Boek 20 - Oor die ware gebed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

VERGEEF ONS ONS SKULDE
B.D. 5428 -4 Julie 1952
Vergewe mekaar, soos wat Ek u vergewe. U mense laat nog te gereeld vyandskap heers, u kan u vyande nog geen liefde gee en hulle die skuld vergewe nie, u is nog vervul met toorn teen hulle. U wens hulle niks goeds toe nie, selfs wanneer u daarvan afsien om hulle die slegte toe te wens, u beoefen nie die nodige geduld nie, en stuif op as u beledig word, en daarom leef u nog lank nie in die navolging van Jesus nie. Die liefde het nog nie in u so sterk geword dat daar geen kans meer gebied word aan `n vyandige gedagte nie. U sien in u naaste nie u broeder nie, anders sou u hom vergewe het en `n krenking nie so swaar opneem nie.
En tog moet Ek u, wat netso vyandig teenoor My handel, u skuld vergewe, omdat u andersins sonder skuld sou wees. My Liefde vir u is oorgroot en die opregte vra om vergewing van u skuld sou u vry van u skuld laat word. En nogtans moet Ek `n voorwaarde daaraan stel: Dat u ook u skuldenare vergeef as u My vergewing wil verkry. Ek moet dit daarom doen, omdat u tog die vaste voorneme sal moet opneem om die sonde nie meer te doen nie, en omdat met dié voorneme ook die liefde tot die naaste, wat teenoor u skuldig is, in u moet wees.
U moet u naaste liefhê soos uself, u moet hom sy sondeskuld nie bly verwyt nie, want geen enkele vyandige gedagte leen homself daarvoor om wederliefde te wek nie, terwyl die liefde wat u u vyand betoon, ook in hom opwellings kan oproep wat positief te beskou is. Elke slegte gedagte aan `n mens word deur kwade kragte opgeneem en op hom oorgedra, dit kan geen goeie uitwerking hê nie, omdat die kwade alleen maar kwaad voortbring en daarom steeds maar net met kwaad beantwoord word, wat die krag van die kwade vinnig vergroot en daarom dus `n negatiewe invloed het. U moet teenoor die kwade egter die goeie stel om (die kwade) te verswak en dit wat sleg is, te verander in wat goed is.
U moet goeie gedagtes uitstuur en ook net aan `n vyand die goeie wens, omdat u daardeur die slegte kragte verjaag, omdat goeie gedagtes `n bevrydende uitwerking het, dus wrok en haat versag, weer goeie opwellings oproep en selfs in staat is om die vyand in `n vriend te verander, omdat die krag van die liefde steeds `n goeie uitwerking het.
Daarom kan u dan eers vergewing vind by My, wanneer u ook u skuldenare vergewe het, want hoe kan Ek mild wees teenoor u, wat nog hard oordeel en vyande het, omdat uself die vyandskap in stand hou? Wanneer My Liefde u die skuld vergeef, laat so ook u liefde toegewendheid betrag, dink in `n goeie sin aan u vyande, vergeef hulle wat u beledig het, laat steeds die liefde in u oordeel en dit sal sekerlik wil vergewe, want waar liefde is, kan haat en wraakgevoelens nie bestaan nie. Waar liefde is, is Ek Self en Ek oordeel waarlik nie liefdeloos nie. Ek vergewe u u skuld, soos wat u u skuldenare vergewe.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205