Boek 20 - Oor die ware gebed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE GEBED AS BARMHARTIGHEIDSMIDDEL
B.D. 6321 - 29 Julie 1955
Die barmhartigheid wat na u mense toe stroom, benut u te weinig, want Ek wend My steeds met barmhartigheidsgawes tot u. Ek bied hulle vir u aan, maar u gaan daarby verby. Waarom roep u nie na My as u in nood is nie - waarom gebruik u nie die gebed nie? En waarom sluit u u oor vir My woord wat u van bo gestuur word deur My dienare op aarde? Glo dat elke nood slegs `n middel is wat deur My aangewend word wat u moet help - dus `n barmhartigheid van My kant af is: Glo dat ook die gebed `n onverdiende barmhartigheid is, dat Ek na u luister, wanneer u tot My spreek, en dat My woord die mees waardevolle barmhartigheidsgawe is, omdat dit vir u die grootste hulp beteken, wanneer u My aanhoor wat Ek vir u te sê het en u help om die ewige geluksaligheid te bereik.
Elke middel wat Ek aanwend om u te help om uit die diepte tot die lig te kom, is `n barmhartigheidsgeskenk vir u, omdat u by u afwysende houding nie verdien dat My Liefde steeds maar sorg dra vir u nie. In die eindtyd stroom barmhartigheidsgawes u waarlik in oorvloed toe en niemand hoef met leë hande te vertrek nie, elkeen kan homself soveel daarvan toe-eien as wat hy begeer, en hy hoef maar net te wil dat hy in geestelike nood gehelp word, en hy kan seker wees van die hulp.
Maar geen enkele barmhartigheidsgawe werk sonder u bereidheid om dit te gebruik nie. Daarom kan Ek u nie verander nie, maar u moet dit self doen. U wil moet strewe na `n geestelike vooruitgang. En oral sal trappies sigbaar word wat hy kan gebruik om opwaarts te gaan. Maar u, mense, het `n verkeerd idee van die woord "barmhartigheid". U dink dat u deur hierdie middele uself al in die besit van krag en sielerypheid kan stel. U glo dat formele gebruik "barmhartigheidsmiddele" is en weet nie wat daar eintlik onder barmhartigheid te verstaan is nie. Ek hou van alle mense, ook die wat ver van My af staan, en Ek wil alle mense help om opwaarts te gaan. Daarom geld My sorg eerstens vir diegene wat in geen enkele verbinding met My staan nie, dat hulle in die eerste plek in kontak met My tree. En daarom bring Ek hulle in situasies van die lewe, waarin hulle in nood en leed tot My moet roep, omdat die roep na My `n suksesvolle uitwerking het. Dus bedink My Liefde steeds nuwe middele om die skepsel wat My ontrou geword het, weer op My te rig. En al hierdie middele wat geskik is om die band tussen die mens en My tot stand te bring, is barmhartigheidsmiddele, omdat hulle onverdiende gawes is.
En sodra `n mens sy toevlug tot die gebed neem, dan vra hy om My barmhartigheid en dan sal hy dit onbeperk ontvang. Ek sal My in sy lewe so duidelik openbaar dat hy `n oortuigde geloof kan verkry, want hy het deur sy bereidwilligheid, laat blyk om My barmhartigheid te gebruik. En daarom kon dit hom nou ook onbeperk toevloei en werksaam word, wat egter steeds die vrye wil van die mens vereis.
En in die eindtyd kan iedereen die weg na My vind as hy dit maar wil. In die eindtyd word alle mense so duidelik gewys op hulle God en Skepper, op `n Leidsman en Helper. Iedereen kan met My Self in verbinding tree en uit hierdie verbinding ongelooflik baie voordeel trek. Maar hy moet daartoe bereid wees, omdat alle barmhartigheidsgawes andersins sonder effek bly, maar dat die mens dan ook reddeloos verlore sal gaan wanneer die laaste dag gekom het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205