Boek 20 - Oor die ware gebed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

GEBEDSVERHORING - GELOOF
B.D. 6569 - 11 Junie 1956
Die krag van u geloof waarborg u ook die vervulling van wat u vra. Want Ek staan agter My woord: "Vra en vir u word gegee, klop en vir u word oopgemaak". U moet altyd daaraan dink dat My woord waarheid is, dat Ek u nie `n belofte maak sonder om dit te vervul nie. U moet daaroor nadink dat dit vir My ook altyd moontlik is om aan u vrae te voldoen en dat die Liefde ook graag u versoek wil nakom.
Maar u moet ook hieraan dink, dat u alleen dan op die vervulling mag reken as u vas glo, wanneer u geen twyfel het aan My Liefde of My Mag nie. Die geringste twyfel verhinder My egter om u van hierdie Liefde en Mag van My blyke te gee, want dan is u nog nie so vas met My verbind nie, u sien in My nog nie die Vader nie, maar steeds alleen die ver God, Wie Hom egter ook nie op die voorgrond plaas so lank u kinderlike liefde My, u Vader nie (tot homself) trek nie, wat `n vaste geloof egter wel doen.
Daarom bly so vele vrae van My aardse kinders onvervuld en dit versterk nog hulle twyfel aan die krag van `n gebed. En tog is alleen maar die ontbrekende krag van die geloof die rede dat u gereeld tevergeefs op vervulling wag.
Kom as kinders tot u Vader en spreek tot Hom in ware deemoed en kinderlike liefde, en lĂȘ My nou u verlangens voor, in die vaste vertroue dat Ek u hoor, begrip het vir u nood en hulle van u sal afwend. En u sal daarvan oortuig kan wees, dat Ek My oor nie sal sluit nie en u vrae sal inwillig. Want Ek wil u steeds nader na My toe bring en daarom ook `n vaste geloof nie laat stukkend gaan nie. En `n ware kind sal ook maar net om dinge vra waarvan sy siel geen nadeel sal ondervind nie, `n ware kind laat dit aan My oor en Ek stuur sy gedagtes, sodat hy insig kry en elke verlange afweer wat sy geestelike ontwikkeling teenwerk.
Die ware kinderlike verhouding (tot My) waarborg ook `n verligte gees. Ek wil dat u uself in elke nood van die liggaam of die siel op My verlaat en Ek sal u help soos wat Ek u belowe het, sodra u geloof in My lewend is. Die lewende geloof kan Ek u egter nie gee nie, u moet dit self vir u verwerf deur die liefde.
En so sal u nou ook weet waarom soveel gebede onverhoord bly: Omdat `n swak geloof deur gebrek aan liefde verklaar kan word, en omdat `n mens wat self weinig liefde het, nooit `n blyke van My Liefde mag verwag nie en daarom ook die werk van My Liefde verhinder.
My woord is waarheid. Maar My beloftes stel ook steeds die vervulling van My voorwaardes voorop. Dan sal ook elke belofte in vervulling gaan by u. Streef dus daarna om u geloof te versterk, dit lewend te laat word deur werke van liefde. Dan sal die krag van die geloof egter ook in u wees en My Liefde en Mag sal duidelik by u merkbaar word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205