Boek 20 - Oor die ware gebed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

GEBEDSVERHORING. DIE KORREKTE VERHOUDING VAN KIND TOT VADER
B.D. 8073 - 6 Januarie 1962
Ag, besef tog die Liefde van u Vader, Wie alleen die beste vir u wil. Laat u tog weghou van die weg wat na die verderf voer, luister na die lokroep van u Herder en draai om. Keer terug na My en laat u deur My lei, want wanneer u uself ver van My afhou, is u aan die vyand oorgelewer, wie u onbarmhartig na benede, die diepte insleur, wie My kudde uitmekaar dryf en hulle met gemak in sy domein bring, wanneer hulle hulleself nie onder My hoede stel waarheen hy hulle nie kan volg nie
En u, mense, moet weet dat hy steeds op u loer, dat hy geen geleentheid laat verbygaan om u in sy net in te trek nie, en dat hy baie resultate het omdat u op u eie krag vertrou, terwyl u alleen maar met My ondersteuning oorwinnaar kan wees. En Ek sien u noodlot, Ek sien die gevaar waarin u verkeer, en al sou Ek u ook graag wil help, u neem My hulp nie aan nie, omdat u uself van My afwend, omdat u wil nog nie op My gerig is nie. En onder dwang kan u denke nie verander word nie, daar moet `n vrywillige ommekeer na My toe geskied, dan eers kan Ek u by die hand neem, dan eers kan u My hulp duidelik ervaar.
En om te bereik dat u uself vrywillig na My rig, moet Ek nood oor u mense laat kom en weer sal dit vir u moeilik wees om aan `n God van Liefde te glo, maar die nood moet u daartoe bring om die weg na My te neem en My om hulp te vra. Ek wil slegs dit bereik, dat u die weg na My toe vind, en dat u na die lokroep van u Herder sal luister, dat u na Hom sal vlug wanneer u in nood is. En u sal waarlik hulp vind, u moet slegs u roep vanuit die hart na My toe laat opstyg.
U verwonder u gereeld dat u gebed geen verhoring vind nie, dog gee u geen rekenskap daarvan hoe die gebed is wat u na My toe stuur nie. Wanneer Ek u innige versoek nie gewaarword nie, in gees en in waarheid na My gestuur, hoor Ek u nie, want sulke versoeke styg daaglikse by die duisende omhoog, maar hulle is sonder gevoel afgerammel, dit is vormgebede, wat Ek nie kan verhoor nie, omdat hulle My nog geen blyke gee van die band, die verhouding van `n vraende kind tot sy Vader nie, Wie dan waarlik ook sal help - met wat dit ookal is. Want vir My is geen ding onmoontlik nie.
Ontbreek egter die innigheid aan `n gebed, dan bereik dit nie My oor nie, en dan bly dit ook onvervuld. Nooit egter uit ontbrekende Liefde van My kant af nie, maar uit ontbrekende kinderlike vertroue in My, wat `n stellige waarborg is vir die vervulling van welke wens dan ook. Kan u maar in My onmeetlike Liefde vir u glo, Wie homself steeds maar `n weg wil skenk, Wie u nie wil laat ly nie. Maar u houding dwing My daartoe om middele aan te wend wat u aanleiding gee om aan My Liefde te twyfel. En tog wil Ek u maar net help.
En salig is hy wat van hierdie uiterste hulpmiddele gebruik maak, wie die weg nog na My vind en My aanroep in sy nood. Want hulle sal waarlik My hulp gewaarword en My mag duidelik ervaar, en hy sal glo in My en nie verlore gaan nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205