Boek 20 - Oor die ware gebed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

HOE MOET DIE GEBED WEES WAT VERHOOR WORD?
B.D. 8738 - 28 Januarie 1964
Ek is daar vir u wanneer u My ook maar roep. Elke innige gedagte wat iets afsmeek, dring tot My deur, elke geluid wat die hart uitspreek, hoor Ek en steeds wend Ek My na u toe, want die stem van die kind dring (tot My) deur en sal steeds die oor van die Vader bereik. En dan is Ek ook steeds bereid om te help, wanneer u hulp nodig het, of voorsien Ek u van geestelike krag wanneer u dit afsmeek. Ek buig My na u toe oor en laat u versoek aan My voorlê, omdat Ek My vreugde daarin vind om My skepsele gelukkig te maak, My kinders te gee wat hulle nodig het en wat van My vra. Nooit sal `n roep wat in gees en in waarheid tot My opgestuur word, aan My oor wegsterf en onverhoord bly nie. Steeds sal elke innige gebed tot My vir u seën oplewer en sal u siel ryper word.
U roep mag net nie `n gebed met die lippe wees nie. En juis aan hierdie vereiste word gereeld nie voldoen nie, want die mense is `n manier van bid aangeleer wat nooit tot My oor kan deurdring nie. Hulle bid gereeld gemeenskaplik en spreek woorde vir hulleself heen wat hulle aangeleer het en wat nooit die gevoelens van die hart uitdruk nie, maar leë woorde is en bly, wat beter onuitgespreek sou bly.
`n Innige gebed moet uit die hart omhoog styg en die resultaat moet `n innige verhouding met My wees, sodat die kind dan met My spreek soos met sy Vader. En wanneer hy ook net stamel en homself van geen welgekose bewoordings bedien nie, dan sal Ek tog dié stamel verstaan en dit beskou as `n liefdevolle roep van die kind tot die Vader, en Ek sal daarna luister en daarop antwoord.
Die gebed tot My is `n brug wat u steeds sal kan betree, maar hierdie weg word slegs min gebruik, omdat die gebed, alleen nog maar tot `n louter vorm geword het, `n praat van woorde waarvan die betekenis nie deurdink word nie, en wat ook die meeste van die tyd `n innige aandag, `n innig gedagte aan My moeiliker maak. En dan beroof die mens homself van groot barmhartigheid, omdat hy nie die krag van die gebed benut nie, omdat geen krag hom kan toestroom, wanneer hy nie die innige kontak met My vind nie, wat egter nie baie woorde nodig het nie, maar net `n hart wat heeltemal vir My oopstaan.
Tydens die gebed moet die deur van die hart wyd geopen wees, sodat Ek Self daarin kan binnegaan, sodat Ek u met lig en barmhartigheid kan vervul. En daarom moet u gedagtes met alle liefde by My wees. Die hart moet vry wees van ander gedagtes en dan moet u stilletjies saam met My praat en My met al u sorge en wense toevertrou, of, wanneer u nie met sorge na My toe kom nie, moet u My u liefde betuig. En daarby het u waarlik geen gebedsmanifestasies nodig nie, geen algemene aksies, geen massagebede nie, tensy meerdere mense vir `n besondere aangeleentheid daartoe gebring word om My gesamentlik om hulp te vra. Maar dit moet dan ook stil en in hulleself gekeer gebeur, want elke luide uiting verstoor die innige band, en kan die mens nie so diep in homself wegsink, dat hy My heeltemal by homself teenwoordig voel nie.
Ek moet u steeds weer daarop wys dat u met u gebruiklike gebed nie baie by My sal bereik nie, omdat Ek maar net ag slaan op dit wat die hart voel, egter nie wat die mond uitspreek nie, al neem hoeveel mense aan so `n gebed deel. Dit sal vir My altyd `n gruwel wees, omdat dit slegs `n bewys is hoe weinig ernstig u dit meen om met u Vader van ewigheid te spreek, en omdat u ook nog hulp van sulke gebede verwag, wat u tog nooit sal ondervind nie. En u sal daardeur weer maar net begin te twyfel aan die Liefde en Mag van `n God, omdat u geen hulp bemerk nie.
En, u sou so veel kon bereik het deur `n stil, ernstige gebed wat uit die hart opstyg, omdat Ek so-iets nooit negeer nie, maar My veeleer daaroor verheug en steeds bereid sal wees om daarop in te gaan en u blyke te gee van die Liefde en Mag van `n Vader, Wie u gelukkig wil maak. Die innige oorgawe aan My sal u nie beter kan betoon nie as deur stilletjies met My te spreek vanuit u hart, want dit sal u nie gedagteloos, as maar net as vorm, kan doen nie. En dan sal elke woord wat u tot My rig kinderlik en vol vertroue klink. In feite sal die verhouding van kind tot Vader deur u tot stand gebring wees, en die kind sal alles bereik, omdat die Liefde van die Vader, altyd vir hom gereedstaan en onophoudelik die kind wil gelukkig maak.
Solank die mense egter dink dat hulle My deur vormgebede daartoe sal bring om hulle te help, sal hulle weinig sukses kan boek en sal daarom ook altyd weer twyfel aan `n God, Wie in sy Liefde steeds bereid is om te help en wat ook kan, op grond van Sy Mag. Dié geloof is egter `n voorwaarde dat Ek My oorvloed aan barmhartigheid sal uitstort oor alle mense. En so `n geloof vereis ook `n lewende verbinding met My, wat steeds slegs deur die liefde aangegaan kan word - en daarom bereik die liefhebbende mens alles by My.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205