Boek 20 - Oor die ware gebed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE BID VIR MENSE WAT VER VAN GOD AF STAAN
B.D. 2172 - 2 Desember 1941
Die mees verste verwyder van God is die mense wat meen om `n verhewe (daar bo te staan) God aan te roep om hulp, wat nóg kon glo aan `n Mag, Wie tot hulp bereid en almagtig is, nóg in die gebed `n brug sien wat lei na die ewige Godheid, wat daarom ook geen verbinding aanknoop nie, en daarom heeltemal alleen staan wanneer hulle gekonfronteer word met `n swaar lot, waarby aardse hulp niks meer vermag nie. Want as die mens in hierdie nood nie die weg na God vind nie, is dit `n bewys dat hy nog volhard in erge weerstand teen God, dat die lewe op aarde hom nog geen hoër ontwikkeling opgelewer het nie, dat hy derhalwe in `n baie gebrekkige toestand is, as hy sy aardse lewe moet opgee. Hy het nog niks bewustelik aan homself gedoen om op `n hoër vlak te kom nie, en daartoe kort hy ook die krag, omdat hy dit nie in die gebed gevra het nie.
En tog sal ook die mense die seën van die gebed bespeur, want hulle sal `n merkbare meelewing van hulle wese kan vasstel, sodra `n medemens vir hulle bid. Hierdie voorbede vermag baie, en die grootste deel van die mensdom sou gered gewees het as die een vir die ander by God om liefde en barmhartigheid sou wil vra. Die afwysende wil sou dan nie meer so groot wees nie, want God verhoor die gebed waaruit onselfsugtige naasteliefde blyk, as daar vir die medemens om die gawe van die insig gebid word.
God se oneindige Liefde is dadelik bereid om so `n gebed te verhoor, omdat dit getuig van die liefde tot die medemens. Die verwydering van God is egter alleen deur die liefde te verklein, en faal die wese self, dan kan hy nog op aarde deur voorspraak gehelp word en die regte weg gewys word. Hoe verder die mens van die ewige Godheid verwyder is, des te onvoorstelbaarder is die gedagte aan hulp ook vir hom. En daarom wend hy homself ook nie in die gebed tot God nie. Omdat daar egter slegs deur innige gebed `n verandering in die denke bereik kan word, moet die mens geen moontlikheid versuim om vir sy medemens, wat nog swak is in die geloof, innig te bid nie. Die krag van die gebed is enorm en deur die gelowige gebed bereik die mens alles, en in die besonder het dit sy uitwerking op die geestestoestand, dit wil sê, die mens sal sy weerstand teen al die geestelike opgee, hy sal beweeg word om na te dink en dit wat hy tevore voortdurend afgewys het, nou goed oorweeg en tot `n ander gevolgtrekking kom as voorheen.
Die mens wat vir sy medemens om geestelike verligting bid, het buitengewone invloed op die laaste en dit blyk dan so, dat hy nou gewillig aanhoor wat aan hom oorgebring word, ook wanneer sy ingesteldheid aanvanklik daarteen was, sodat hy nou grondig daaroor nadink, en as hom dit later weer in die bewussyn kom, dit graag en met vreugde aanneem. En daardeur word die afstand tot God verklein. Innige gebed lewer die grootste krag op en moet derhalwe sy uitwerking op die medemens hê, betreffende die gebed.
Daarom is die mense wat ver van God af staan nie hopeloos verlore nie, want sodra daar iemand te vinde is wat hulle groot geestelike nood besef en hulle daaruit wil bevry, het hy self `n doeltreffende middel byderhand: Die innige voorspraak by God, vir die mens wat voorheen koppig was, word uiters weldadig ondergaan, terwyl hy homself nie vir hierdie liefde kan afsluit nie. En hy sal op die regte weg gelei word en tog nog tot die insig kom, al is dit ook eers na `n lang tyd; hy is egter nie hopeloos aan die invloed van die vyand oorgelewer nie, veeleer sal die goeie wesens, wat om hom worstel, die oorwinning behaal en die mens help om bevry te word uit sy toestand van die verwydering van God.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205