Boek 20 - Oor die ware gebed
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

DIE EENVOUDIGE VORM VAN GEBED
B.D. 3734 -3 April 1946
Die eenvoudige vorm van gebed is vir My welgevallig. As iemand met My spreek met kunstig inmekaar gevlegte uitdrukkings en sinne, sal hy nie die diep innigheid opwek wat alleen die weg na My Hart vind nie. As sy gebed egter uit die hart kom, sal dit lyk soos `n eenvoudige uiting van sy mees innerlike gevoelens, en in sy eenvoud sal dit sy uitwerking nie mis nie, want so `n roep verneem Ek te alle tye en vervul dit. Ek verlang die vertroulike gebed van `n kind tot die Vader, wat onopgesmuk en nie gemaak is nie, en wat die Vader dus verbly, terwyl al die gemaakte praat meer uit die denke van die verstand voorkom as uit die hart en afbreuk doen aan die verhouding van kind tot Vader. `n Godvrugtige gebed is `n stille samespraak met My in alle deemoed en liefde, in die vertroue op My voortdurende bystand, op `n liefdevolle antwoord. In so `n gebed vind Ek welbehae. Maar op vormgebede slaan Ek geen ag nie, want hulle kom nie voort uit die hart nie, en kan daarom ook nie so gevoelig beleef word as `n eie gebed nie. En die lengte van `n gebed verhoog nie die doeltreffendheid daarvan nie, inteendeel doen slegs die innigheid dit.
Wel moet u bid sonder ophou. Maar hierdie woorde moenie so opgeneem word dat u in die beoefening van lang vormgebede volhard nie, wat vir My nie die geringste waarde het nie, veeleer moet u sonder ophou aan My dink en met My samespraak hou, en dit sal My welgevallig wees, omdat u daaruit onmeetlik baie barmhartigheid kan put, omdat u uself deur `n ononderbroke verbinding met My oopstel om My barmhartigheid te ontvang, as u u daaglikse werk begin met My, as u My by alles wat u doen, raadpleeg en dus as gevolg daarvan My steeds in u nabyheid laat vertoef deur u eie verlange wat u My deur middel van gedagtes betoon, en uself so steeds weer met My verbind in die gebed.
U hart moet aktief wees wanneer Ek Self in en aan u wil werk. Maar die resultaat van `n lippegebed sal u nie kon boek nie, al spandeer u hoeveel tyd daaraan, want dan verneem Ek nie die stem van My kind, wat die Vader enkel en alleen bereik wanneer hy dit verlang en afsmeek.
En as u uself as My kinders voel, sal ook u gebed kinderlik en eenvoudig wees, u sal geen vormgebede nodig hĂȘ nie, want hulle sal u geen troos en krag gee nie, hulle sal vir u self as niksseggende woorde voorkom. Want die ware verhouding tot My laat u ook die juiste woorde gebruik, soos `n kind hulle uitspreek teen die Vader, en dan is u gebed ook vir My welgevallig.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205