Boek 21 - Die toekoms word die teenswoordige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

DIE BEËINDIG VAN `N PERIODE OP AARDE STAAN VOOR DIE DEUR
B.D.7929 - 27 Junie 1961
Ek hou My by die tyd wat aan u gestel word vir u verlossing en dit beteken, dat daar ook `n verlossingsperiode ten einde loop, dat daar `n nuwe tydperk begin volgens die plan van ewigheid. Soos Ek dit insien as noodsaaklik en om sukses op te lewer vir u siel, vir die ontwikkeling van die hele mensdom; so is die plan vasgestel, want die geestelike lae vlak vereis `n nuwe ordening, dit vereis `n ingryping van My, `n ommekeer wat alleen tot seën strek, wat vir die geestelike bevorderlik is om hulleself positief te ontwikkel. En aan My is die tydstip ook sedert ewigheid bekend waarop die mensdom op `n geestelike laagtepunt gekom het, wat `n verandering vereis, en Ek sal My ook by hierdie tyd hou en My heilsplan uitvoer, maar steeds is My Liefde en Wysheid bepalend vir My heerskappy en werksaamheid in die hele universum. En so sal die einde van `n verlossingsperiode nou ook plaasvind en `n nuwe sal weer begin, omdat die ontwikkelingsproses aaneenlopend verder moet gaan, omdat van My kant af geen stilstand hom kan voordoen nie en omdat Ek `n nog dieper wegsinking van die geestelike wat as mens oor die aarde gaan, wil verhinder.
Dat daar dus `n tydperk van ontwikkeling ten einde loop, is verseker. Daar sal `n geestelike ommekeer wees wat egter ook aards `n uitwerking sal hê, want daar is ook nog diegene wat in die vorm gekluister is, wat vry sal kom en nuwe vorms betrek, en dit sal ook `n ontbinding en omvorming van die skeppings op aarde vereis, sodat op `n totale omvorming van die hele aardoppervlak dus te reken is, wat die ou verlossingstydperk beëindig en die begin van `n nuwe ontwikkelingsperiode beteken.
Wat voorbestem is sedert ewigheid, sal ook vervul word op die dag wat daarvoor vasgestel is, maar vir u mense bly die presiese kennis van die dag verborge, omdat dit nie dienstig is vir die heil van u siel wanneer u op hoogte daarvan sou wees nie. Maar dit sal nie meer lank duur nie, of u dit glo of nie, die tyd is verstreke en My heilsplan van ewigheid sal volgens My Wil ten uitvoer gebring word.
Dat u, mense van die huidige tyd die einde sal moet deurmaak, het ook sy oorsaak, want u weerstand teen My was sterk en het `n vroeëre beliggaming as mens nie toegelaat nie. Maar wederom was aan u dieselfde tydperke gestel waarin u u ontwikkelingsgang moes klaarmaak. Dit is vir u ook moontlik om dit met sukses te beëindig, dit is vir u almal nog moontlik om voor die einde die weg na My te vind, wanneer u maar u weerstand opgee en u weer na My toe keer van Wie u uself eens in vrye wil afgewend het tot u eie ongeluk. Nou bly u op aarde, maar laat die tyd nie onbenut verbygaan nie, want Ek stort My barmhartigheid in ryke mate uit oor u en Ek help u waarlik op elke manier, omdat Ek alleen weet wat dit vir u beteken wanneer u faal en die eindelose lang weg om te groei nog eens sal moet deurgaan deur die skeppings van die nuwe aarde.
Reken daarop, dat die einde baie naby is en stel u in op die einde. En waarlik, dit sal vir u slegs tot seën wees, wanneer u uself na My wend en vra om My krag en hulp. U sal ook in `n kort tydjie nog baie kan bereik, u sal vry kan word van u laaste vorm (u liggaam) en volledige geestelike vryheid verkry. U hoef alleen maar te wil dat u u weg oor die aarde as mens nie tevergeefs aflê nie. U hoef slegs vir My, u God en Vader van ewigheid af, om hulp aan te roep en u sal die weg na Jesus vind, na Hom Wie u alleenlik kan en ook sal verlos.
Laat hierdie aanmaning nie op dowe ore val nie, druk dit in alle erns op u hart en dink hieroor na en handel voordat dit te laat is. Want niemand mag verlore gaan nie, almal wil Ek nog help voor die einde kom. Maar dit sal onherroeplik kom, want die tyd is vervul, die termyn is afgeloop wat die geestelike toegestaan word wat hulle in hierdie verlossingsperiode moes voltooi en daar sal `n nuwe begin wees soos en wanneer dit in My heilsplan van ewigheid voorsien is. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205