Boek 21 - Die toekoms word die teenswoordige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

DIE DAG WAT VOORBESTEM IS VIR DIE EINDE, SAL NIE VERSKUIF WORD NIE
B.D. 8500 - 18 Mei 1963
Die dag is nie meer ver wat My Wysheid vasgestel het om `n verandering tot stand te bring op die aarde nie, wat alleen nog maar dien as woonplek vir `n materiële mensdom, waarop egter geen aanspraak gemaak word as geestelike skolingsoord nie. Die dag is nie meer ver nie, waarop My Wil `n werk sal verwesenlik, wat `n volledige verandering van die skeppingswerk aarde in haar uiterlike vorm ten doel het, wat `n vernietiging van alle lewe in, op en bo die aarde en ook van alle bestaande skeppingswerke beteken. Want My heilsplan is van ewigheid af voorsien en Ek hou My aan die tyd wat Ek in My Wysheid as noodsaaklik insien om vir die geestelike weer nuwe moontlikhede te skep om ryp te word. En u, mense sal My nie kan oorhaal om van die plan af te sien of `n tydelike uitstel te verleen nie, want Ek weet en wis sedert ewigheid in welke geestelike gemoedsgesteldheid die mensdom hulle in hierdie tyd bevind, wat juis ook `n totale verandering, `n gee van `n nuwe vorm vereis aan al die geestelike wat hulle op die terugweg na My bevind.
En daarom moet My voorspellings ook letterlik opgeneem word, dat u nie meer mag reken op `n lang tyd nie, dat u die aangekondigde einde nie in die toekoms sal verplaas nie, want eendag word ook die toekoms teenswoordige tyd en hierdie tyd het gekom.
U, mense sal ook self aan alle gebeurtenisse in die wêreld en om u heen kan sien dat die geestelike lae vlak van die mense byna nie meer erger kan word nie en ook daarin sal u die rede van `n naderende einde moet insien, want alles het buite die ordening getree, daar het so `n stilstand in die ontwikkeling van die geestelike ingetree, dat daar al amper van `n agteruitgang sprake is.
Daarom is dit ook `n valse hoop, wanneer u mense glo om My deur gebed tot ander gedagtes te kan bring, selfs al sê Ek u steeds weer dat gebede groot krag besit. Maar wat u vra, is steeds maar net `n gebed uit eie liefde, omdat u nie bereid is, om die lewe op aarde prys te gee en u alleen daarom bid, dat Ek die aarde moet laat bestaan om nie ook `n slagoffer van die einde te moet wees nie. U gebed moet alleen nog maar bedoel wees vir die toestand van die siele van u medemens, u moet alleen vir die geestelike rypword sorg dra en vir mekaar bid, maar My nie daarom vra om van `n definitiewe verwoesting af te sien nie, want dit is nodig vir die geestelike wat nog in die skeppings gekluister is, wat net soos u mense die reg het om opwaarts te gaan, sodat hulle eendag ook toegelaat kan word om die menslike vorm aan te neem.
Maar die mense verspeel vir hulleself die reg om op die aarde beliggaam te wees, omdat hulle self geen stap meer omhoog aflê nie, maar veeleer weer op die diepte afstuur. En hierdie siele sou ook geen enkele voordeel hê van `n verlenging van hul bestaan op hierdie aarde nie, inteendeel dat hulle alleen nog dieper sal wegsink en dit moet hulle belet word, wat deur `n hernieude kluistering kan gebeur, dat hulle weer ontruk word aan My teenstander, wat hulle in die aardse lewe as mens te veel in sy mag gehad het.
U, mense moet slegs vir mekaar bid dat die siele hulle nog voor die einde sal bevry uit sy mag. So `n gebed wat in liefde ten gunste van u medemens verrig word, sal ook My oor bereik en sal verhoor word – maar om My daartoe te wil bring om My heilsplan van ewigheid te verander, sal u nie bereik nie, want Ek weet tog wat dienstig is vir al My skepsele en Ek wil hulle help om vooruit te gaan.
Wie dus vir My en My wingerd aktief wil wees, moet op `n spoedige einde as `n sekere feit reken en nou daarmee in ooreenstemming op aarde werksaam wees, deurdat hy die liefde preek en ook alle mense wys op die Verkondiger van hierdie goddelike liefdesleer, op Jesus Christus, sodat hulle die weg gaan na Hom onder Sy kruis en hulle dus verlos word van sonde en dood, wanneer die einde gekom het. Dan is daar vir hulle, óf `n binnegaan in die ligryk óf `n terugplasing op die nuwe aarde, waar hul `n paradysagtige verblyf verseker is, wat al gelyk te stel is met die binnegaan in die ligryk, omdat die mense dan die proef van hul aardse lewe deurstaan het en vry is van hulle skuld. En sodat die doel nog deur baie mense bereik kan word, spreek Ek hulle steeds weer aan deur u - My bodes op aarde, u wat My aanspreking direk in ontvangs neem en dit aan hulle deurgee, waar dit gelowig opgeneem word. Die aanspreking sal nie ophou voor die einde nie, want Ek weet wie daarvoor geskik is, om My Woord te hoor, dit ook korrek te gebruik om My Liefdestraal in die hart te laat binnestroom. En dit sal steeds weer opnuut getuig dat die einde nie meer ver is nie, hulle sal nooit ophou om melding te maak van My heilsplan nie en onophoudelik wys op Jesus Christus en Sy verlossingswerk.
Ek sal steeds weer die grote betekenis hiervan ook na vore bring en die mense na Hom, Wie alleen hul redding is, verwys, om nie in die diepste dieptes neer te stort nie. En wie aan `n einde kan glo, sal dit ook nie vrees nie, want sy geloof word deur die liefde lewend en `n mens wat in die liefde leef, sal ook steeds die krag besit, om alle stormaanvalle die hoof te bied wat die laaste tyd nog sal oplewer. Want die suiwer liefde self is krag, omdat deur die liefde die mens met My as die ewige Liefde verbind is en omdat aan hulle vanuit My voortdurend krag toegestroom word. En u almal hoef waarlik die einde nie te vrees nie, as u maar u beste sou wil doen om in die liefde te lewe. Maar dit ontbreek die mensdom aan liefde en daarom sink hulle voortdurend dieper weg en bring hulle self die einde na hulle toe - soos Ek dit sedert ewigheid sê en daarom word My heilsplan ook uitgevoer, soos dit aangekondig word deur woord en geskrif.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205