Boek 21 - Die toekoms word die teenswoordige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

GOD KEN DIE WIL – NATUURKATASTROFE - BESKERMING VAN DIE DIENARE
B.D.9000 - 22 Junie 1965
Alles is in die skeppingsplan opgeneem, en so vloei daaruit voort dat Ek ook op die hoogte is van die wil van elke mens en hierdie wil sal My allerweë aanleiding gee, om sy lewenslot so vorm te gee, dat dit die mens niks anders as wins sal kan oplewer nie, vooropgestel natuurlik dat so iets van die kant van die mens nagestreef word.
En dit sal u sekerlik moet glo dat Ek goed weet hoe die wil van die enkeling hom rig, maar dat Ek ook niks kan doen om hom te verander of hom na My toe te lei nie. Maar Ek kan die mense nog vele weë laat gaan om `n verandering van die wil te bereik. Hierdie verandering van die wil het Ek in die oog deur My ingryping, waaraan weliswaar ontelbare mense ten offer sal val, maar vir wie die poorte van die ryk nog steeds hierna geopen is om nog daarin ryp te kan word. Maar die mense wat in die lewe bly is nog `n uitermate grote barmhartigheid verleen, om hierdie verandering van die wil nog op hierdie aarde te kan realiseer om dan vir ewig gered te wees.
Steeds weer wys Ek u mense op die gebeure, maar Ek vind geen geloof nie. Daar is maar baie min wat hulle ernstig met dit wat kom, besig hou, maar ook hulle kan hulleself geen voorstelling vorm van die omvang van die katastrofe nie, omdat dit alles sal oortref wat ooit op hierdie aarde voorgekom het. En ook die enkeling kan hom geen begrip daarvan vorm nie, omdat die mense van elke kontak afgesny sal wees, omdat daar geen samehang meer sal bestaan tussen die plekke en ook tussen die lande wat daardeur getref sal word nie. Daar sal streke wees wat volledig uitgesterf sal lyk, waar maar enkele mense te vinde sal wees om nou die lewe voort te sit. Elkeen sal deur ontsetting gegryp wees; hulle wat nie aan My vasgehou en geheel op My vertrou het nie. En dan kan die wil `n beslissing neem. Elke mens kan ook die weg na My neem en hy sal verseker deur die chaos heen gelei word.
Maar hy kan ook net so goed die Wese, Wie so iets laat gebeur vervloek, en die vloek sal homself tref. En juis omdat Ek die wil van die mense in die eindtyd ken, is dit My laaste poging om die mense die verskriklike lot van die hernieude kluistering te bespaar.
En wederom sal u vra, waarom Ek so `n verwoesting oor die mense laat kom, wat slegs maar deur die katastrofe op die einde oortref sal word, omdat in u almal geen geloof meer te vinde is in `n ewige God nie, in `n Skepper van hemel en aarde, in Hom Wie u ook laat ontstaan het nie. Daar kom steeds minder mense wat die geloof nog besit en dit nog nie verloor het nie, en hulle sal ook nie in hul geloof verswak of egter vroeër weggeroep word nie, sodat hulle die leed nie meer hoef deur te maak nie. En u hoef met geen mens medelye te hê wat tevore al uit die lewe heengegaan het nie, want vir hom bestaan die moontlikheid nog om in die hiernamaals heeltemal ryp te word.
Wanneer die dag egter gekom het, dan sal dit niks baat of hy ook vlug nie, want My Hand reik oral, en so hou Ek ook My beskermende Hand bo elkeen wat aan My behoort. En by hulle sal Ek duidelik sigbaar wees, want hulle is in die grootste nood en in hierdie nood kom Ek hulle tot hulp. En dan sal dit blyk waartoe die krag van die geloof in staat is. Want wie maar My nabyheid soek, sal ook `n bewys hê van My teenwoordigheid en sy geloof sal steeds sterker word. En die tydstip van die gebeure sal nie lank meer op hom laat wag nie, al is `n duisend jaar vir My soos één dag.
Maar Ek het u gesê, u sal dit meemaak. En dit beteken dat `n groot deel van hulle wat My woord aanneem, dit alles self sal ondervind - dat Ek aan al diegene nog groot eise sal stel, dat as die tyd van die werksaamheid gekom het, dat u vir My nog ywerige knegte sal moet wees en dat Ek u nie vroeër van die aarde sal wegneem, alvorens u uself van hierdie taak gekwyt het nie.
U almal wat werksaam is vir My en My Ryk sal u aangespreek moet voel. Want Ek sê u steeds weer dat Ek nie baie arbeiders in My wingerd het nie en dat Ek daarom elkeen sal beskerm wat homself aan My ter beskikking stel. Hieruit al sal u ook kan aflei dat daar nie veel tyd meer sal verloop tot die katastrofe, wat u nie kan voorstel nie, sowel wat die omvang betref asook in leed en ellende wat dit vir die oorlewendes sal beteken. En daarom moet Ek die mense met grote krag uitrus sodat hulle My tot steun kan wees in hierdie tyd van rampspoed. En Ek sal ook aan u, wat volgens die natuurwet deur groot swakte aangetas is, die krag gee, omdat Ek u in hierdie tyd nodig het en maar alle middele wat bedink kan word, aanwend om die getal van Myne te vergroot, om hulle `n vaste geloof te gee en nog so in te werk op hulle wat sonder geloof is in `n God en Skepper, Wie alle Mag het oor hemel en aarde en dus ook diegene se lewe kan verleng wat hulle wil help om te glo.
En dink daaraan dat die einde van `n verlossingsperiode gekom het, dat hierdie tyd tog op `n ongewone wyse benut moet word en dat Ek daarom ook ongewone middele sal aanwend om maar `n vonkie geloof te ontsteek in die mens voor hy sy lewe moet gee. Want as hy maar die klein vonkie in hom het, dan is die opgaan in die geestelike ryk ook vir hom verseker.
Maar om heeltemal sonder geloof van die aarde te skei, is sonder hoop en eindig met die hernieude kluistering, omdat die hiernamaals die poorte gesluit het, op die oomblik toe die ou aarde ontbind word. Daarom sal Ek ook op die einde nog alles doen om die mense te beweeg om hulle wil te verander, en omdat My sagte aanspreking nie deur hulle gehoor word nie, spreek Ek hulle luider toe, so luid, dat hulle hierdie stem goed moet hoor. Maar of hulle My Self daarin sal herken, staan hulle ook dan nog vry, maar dit verseël hul verdere lot.
Maar u wat van My is, u is verseker van My beskerming en seën in geestelike en aardse nood, want Ek het u nodig. En al gaan u ook sware tye tegemoet, u is tog onder My hoede en u sal niks hoef te vrees nie.
Amen

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205