Boek 21 - Die toekoms word die teenswoordige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

AANKONDIGINGS MOET LETTERLIK OPGENEEM WORD. EINDE - TOEKOMS - HEDE
B.D.3710 - 11 Maart 1946
As u die tyd nog nie as ryp beskou waarin vervul word wat verkondig is in woord en geskrif nie, dan sal u onverwags getref word, want My Wil kom in aksie soos dit bepaal is sedert ewigheid. Wanneer u `n oop oog het vir en die vermoë om te oordeel oor die geestestoestand van die mensdom, sal u ook nie twyfel aan My woord nie en u elke dag voorberei op die vervulling van My aankondigings. En slegs hy wat nog blind van gees is bereken dit op `n verder toekomstige tyd, ook wanneer hy gelowig is, dit wil sê om My as Bestuurder van alle lotgevalle te erken. Maar om die samehang presies te ken van alle skeppings met hul Skepper, om op hoogte te wees van die opgawe op aarde van die mense en die gevolge van die verontagsaming daarvan, sou die mense die sekerheid gee, dat die einde in aantog is en elke twyfel sou ongegrond wees. Die kennis ontbreek hulle egter en slegs weiniges het daarom die insig dat daar nie veel meer tyd oorbly vir die geestelike ontwikkeling van die mense nie. En solank hulle aan die aardse ontplooiing meer aandag skenk, word die laaste tyd nie produktief benut nie.
Die mense moet hulle daagliks voorberei asof die einde hulle nie sal laat skrik nie. Maar wie doen so-iets, as hy nog nie die tyd kan aanskou wat die einde van `n verlossingsperiode aankondig nie? Elke gedagte aan uitstel is nadelig vir die siele. En wanneer Ek u op hoogte bring deur My bodes wat Ek Self onderrig, wanneer Ek u wil inwy in My verlossingsplan en u bekend maak dat u nog net min tyd het - neem dan hierdie woorde van My aan in die volste geloof, bedink dat Ek u nie verniet hierdie aansporings en onderrig laat toekom nie en rig u lewe in antwoord daarvolgens in. Reken op `n spoedige einde en neem alles letterlik op wat Ek u verkondig deur My dienare op aarde. Glo dat die toekoms ook eendag `n hede sal word en as u aan die woorde geen waarheid heg nie - kyk dan na die lewe en doen en late van die mense om u, kyk na wat daar oral gebeur, herken en erken die geestestoestand van die algehele mensdom op aarde - wat hulleself oortref in liefdeloosheid en handelinge wat nie in ooreenstemming is met My gebod van die liefde nie. En die insig moet vir u die bevestiging wees van My aankondigings, u sal daaruit moet bepaal watter uur geslaan het en dus My ingryping daagliks en op elke oomblik verwag - want dit gaan die einde vooraf wat nie te lank op hom sal laat wag nie.
Ek onderrig My dienare op so `n wyse, dat u sal moet insien dat Ek hulle oplei vir `n missie. Ook die spoedige werksaamheid van hierdie dienare moet vir u `n bewys wees, want Ek het geen skoolonderrigte verkondigers van My woord nodig nie; inteendeel mense wat hulle self gevorm het om `n opnamehouer te wees van My woord deur hul lewenswandel, sodat hulle oortuigend vir My Woord kan opkom. En dus sal hulle spoedig hulle amp moet aanvaar om suksesvol werksaam te kan wees vir My en My Ryk op hierdie aarde. As so iemand My woord uit hul mond aanneem en eweneens bereid is om My te dien - vir My werksaam te wees in die laaste tyd voor die einde, sal hy ook die tyd herken en weet dat dit gekom het, hy sal self die noodsaaklikheid van My werksaamheid in die laaste tyd insien en nie twyfel aan My woord nie - hy sal rekening hou met die tyd wat vlak voor die deur staan, omdat dit aan hom toegestaan word om vir My te werk, want wie My Woord gelowig aanneem, voel ook die nabyheid van die einde. Hy sien die lae vlak van die mensdom en weet dat daar geen geestelike opbloei op hierdie aarde meer kan bestaan nie.
Maar wie slegs die wêreldgebeure beskou, het geen oog vir die geestestoestand van die algehele mensdom nie, en daarom sal hy ook nie erken dat die tyd van die einde gekom het nie. Dog onverwags vinnig sal die dag daar wees wat Ek vasgestel het sedert ewigheid as die einde van `n verlossingsperiode. Wag u daarom maar daarop en berei u voor, sodat u hierdie dag nie hoef te vrees nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205