Boek 21 - Die toekoms word die teenswoordige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

EINDE VAN `N VERLOSSINGSPERIODE. DIE HEILSPLAN VAN GOD
B.D.5278 - 21 Desember 1951
Ek het vir u `n doel gestel en u `n termyn daarvoor toegeken waarin u, mense, die doel goed sou kon bereik het. En ook nou nog is dit vir u moontlik, wanneer u dit ernstig wil, dat u by die doel uitkom. Maar die geskonke termyn aan u is verby, nog maar `n kort tydjie skei u van die einde en wie die doel dan nog nie bereik het nie, sy geestelike lewe is verspeel, hy het dit verbeur, hy wil nie lewe nie en sy lot is die dood. Daar loop `n verlossingsperiode ten einde en `n nuwe begin, maar die geestelike wat tans as mense beliggaam is, het onvermydelik by die einde aangekom en as hulle faal, moet hulle weer die kringloop van die ontwikkeling begin, sodat My Wet van die ewige ordening vervul kan word.
Die termyn het afgeloop en slegs minute skei u van die uur van ondergang van die ou aarde, waarin die skeppings hierop ontbind sal word om weer opnuut te ontstaan, om weer nuwe moontlikhede te gee vir die ontwikkeling van die nog onryp geestelike. En al stel Ek u steeds weer die uur voor die gees, dit gaan sonder om indruk te maak by u ore verby, u glo dit nie. Maar u ongeloof hou My plan van ewigheid nie teen nie, dit gee My egter aanleiding om u steeds duideliker tekens te stuur sodat `n nabye einde vir u geloofwaardig voorkom.
U ongeloof noodsaak My om u uitermate pynlike wonde toe te bring sodat u uself sal besin oor wat u lewe eintlik is en hoe u dit benut het. Ure van nood en ellende kan u nie gespaar bly nie, dit kan dalk daartoe bydra om u na die doel te lei, wat u waarlik nog sal kan bereik wanneer u dit ernstig wil. Ek help u op `n duidelike wyse en gee u krag, maar u hart moet My aanroep om hulp sodat u wil hom laat sien.
Alles kan en wil Ek vir u doen om u geluksalig te maak, maar My heilsplan van ewigheid kan Ek nie omverwerp nie, dit moet volgens die wet van die ewige ordening uitgevoer word en dit binne `n vasgestelde tyd, wat nou haar einde vind.
Die geestelike gesteldheid van die mense het al sedert lankal haar hoogtepunt bereik wat `n einde van die aarde meebring, maar Ek talm nog steeds terwille van die weiniges wat swak en besluiteloos is, sodat Ek hulle nog kan wen, voordat die termyn afgeloop is. Maar dan is alle moontlikhede uitgeput, dan moet elkeen die gevolge van sy gesindheid teenoor My dra, dan word die oordeel onherroeplik gehou en iedereen sal die lot ten deel val wat hy verdien, ewige geluksaligheid of verdoeming, `n lewe in die paradys op die nuwe aarde of `n hernieude kluistering in die skepping weer vir `n eindelose lang tyd.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205