Boek 21 - Die toekoms word die teenswoordige
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

KNEGTE VAN DIE SATAN
B.D.5775 - 25 September
Hoe onmeetlik diep het die mense, vir wie die lewe van die medemens nie meer heilig is nie, gesink, die wat hulle onbarmhartig as regters oor hul broeders en susters opstel en na willekeur oordeel, hulle van hul vryheid beroof en hul skade toebring aan liggaam en siel. Hulle is gewillige knegte van die Satan, duiwels van sonde, totaal sonder enige liefde, onregverdig in denke en handeling. Hulle het waarlik in duiwels geworde mense verander, wat geen barmhartigheid meer verdien nie en wat daarom onskadelik gemaak moet word wanneer die tyd gekom het. Die teenstander van God bedien homself met hulle en hulle voer gewilliglik uit waartoe hy hulle aandryf.
Daar is geen liefde meer onder die mense nie en nog veel minder regverdigheid, elkeen soek slegs eie voordeel en dwing dit ten koste van die medemens van hulle af. En daar is geen op sigself staande gevalle meer nie, maar die hele mensdom beweeg hulle in hierdie rigting, hoewel steeds nie duidelik sigbaar nie, maar in hul gedagtes sondig ewe-eens baie mense - wat nie dit verafsku of veroordeel wat duidelik die werksaamheid van die Satan is nie. Die wêreld is aan skanddade wat ten hemel skrei gewoond. Hulle duld dit in plaas van om daarteen op te kom, hulle help nie waar hulp nodig sou wees nie. En die aantal duiwels groei elke dag en hul slegte dade vermeerder al hoe meer.
Daar sal egter `n tyd kom waarin elkeen homself voor God moet verantwoord, omdat niemand hulle voor Hom kan verberg nie en waarin alle skanddade geopenbaar sal word. Die mense glo nie meer in `n God nie, hulle glo nie aan `n Regter voor Wie hulle hulleself moet verantwoord nie en hulle glo nie aan `n vergelding nie. Maar hulle sal tot op die laaste sent hulle skuld moet betaal, daar sal niks van hulle kwytgeskeld word nie, elke onreg sal sy genoegdoening eis en die vryheid wat hulle misbruik het, sal omgesit word in `n gevangenskap wat hulle ewighede lank sal moet verdra, omdat hul skuld andersins nie gedelg kan word nie, omdat hulle hulleself nie kan verbeter nie.
Alleen die diepste gesonkene moet sulke kwellinge verdra, maar voor die einde van hierdie aarde sal die mense in die diepste diepte beland, en die aarde sal, buiten die klein skaar van God se getroues, slegs nog maar duiwels te siene kry, verteenwoordigers van die wat dan op die aarde woed, omdat hy weet dat hy nie veel tyd meer het nie. Ook nou is hy al lank onmiskenbaar aan die werk, want hy sit die mense aan tot wreedhede, tot leuens en intriges, hy bring die mense wat hom nie aanvaar nie in die grootste nood.
Die Satan het homself beliggaam in sy helpers en handlangers. En die wêreld is vol sonde. Die tyd van rampspoed het begin wat die einde inlei en dit sal verloop soos dit verkondig is in woord en geskrif. Die vervolging van diegene wat hom nie terwille is nie sal begin, van hulle wat aan God getrou bly en Hom wil dien en wat daarom `n tyd van stryd moet deurstaan wat teen God Self gerig is. Maar dan is die einde daar, dan is die tyd vervul en aan die aktiwiteite van die Satan word `n einde gemaak. Dan is dit die dag van die oordeel, waarop rekenskap geëis word, waarop die Regverdigheid van God alles vereffen, waarop elkeen sal ontvang wat hy verdien.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205