Boek 22 - Jesus Christus vertroos u
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

HOU U VAS AAN MY WOORD: "KOM ALMAL NA MY TOE"
B.D. 4599 - 28 Maart 1949
Hou U vas aan My Woord en kwel nie en lê dit nie spitsvondig uit nie, net asof dit anders te verstaan is as wat u in die hart voel nie. U sal steeds troos en krag kan put uit My woord en gevolglik hoef u nie in angs en sorge te leef nie, inteendeel, u sal uself te alle tye kan uitban, sodra u My tot u laat spreek. As Vader van My kinders is Ek van alles op hoogte wat hulle besig hou en wat hulle bedruk, en afwagtend staan Ek tersyde tot My kinders wat My vol vertroue nader en My vra om bystand.
En Ek weier nie aan hulle wat hulle afsmeek nie; op elke bang vraag het Ek `n antwoord gereed en Ek herhaal wat Ek gesê het toe Ek op aarde gewandel het: "Kom almal na My toe wat uitgeput is en onder laste gebuk gaan". Laat u nie terneerdruk deur wêreldse sorge wat hulle vanself weer in niks oplos nie, dink veeleer alleen aan u siel wat steeds krag sal ontvang, wat deur My woord die krag uit My oorgebring word, om welke rede die opname van My Woord vir u die aller noodsaaklikste is, wat u nie agterweë sal kan laat nie. En daarom laat Ek so dikwels nood en leed oor u kom, omdat Ek wil dat u aan My Woord die krag ontleen, sodat u siel versterk word. Ek wil dat u `n ewigdurende verbinding met My onderhou, dat u My nie buite spel plaas en die wêreld op die voorgrond laat tree nie. En as u in gevaar is, kom Ek u nader in die vorm van leed en teëspoed. En laat My dan tot u spreek. En Ek wil woorde tot u spreek wat u waarlik baie krag en troos sal skenk en vir u `n bewys moet wees van My teenwoordigheid, naamlik dat Ek op die hoogte is van u nood, en van My Liefde. Ek wil net dat u uit uself na My toe kom, om u vertroue te voel, wat My gelukkig maak en Ek wil u al My woorde in herinnering bring wat Ek tot die mense spreek op aarde, wat geestelik en aards in dieselfde nood sal wees. En u sal My Self herken in My Woord, omdat u aan die stuur van krag die goddelike oorsprong insien en dus sal u ook vas staan in die geloof, waartoe Ek u wil help deur My woord.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205