Boek 22 - Jesus Christus vertroos u
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

GEBREKE VAN DIE LIGGAAM. LYDING VIR DIE SIEL
B.D. 5995 - 7 Julie 1954
Die liggaam sal vergaan, maar die siel sal dit verlaat om die ewigheid binne te gaan in stralende volheid van lig, wanneer sy die aardse lewe korrek gebruik het. Wees daarom nie bedroef, wanneer die liggaam gebreke het nie, want die liggaam dra dan `n las vir die siel, sodat sy in vryheid kan opvaar na verligte hoogtes, wees nie bedroef nie, wees veeleer bly, want dit is `n pluspunt vir die siel aan die einde van die aardse lewe. Dit is die weg waarvan u uself eens vrywillig bereid verklaar het om te gaan, ook wanneer u in die aardse lewe niks daarvan weet nie, maar die siel sien die moontlikheid in om ryp te word en neem die lot op haar, wat vir u moeilik te dra voorkom. Maar kan u liggaam sy las nie meer dra nie, voel u uself te swak om die kruis te dra wat u opgelê word; kyk dan omhoog na Hom en vra Hom dat Hy u las op Sy skouers mag neem en Hy sal u die kruis help dra. Hy sal u krag gee en u ondersteun. Hy sal steeds vir u gereedstaan as u Hom aanroep om hulp.
U wat sal moet ly op aarde, ondervind in besondere mate die Liefde van God, ook wanneer u dit nie begryp nie, ook wanneer dit vir u onbegryplik voorkom dat Sy Liefde u `n kruis oplê. Dog die liggaam ly maar net en dit vergaan, maar die siel word onuitspreeklike lyding gespaar en die Liefde en sorg van God gaan uit na hierdie siel, van wie Hy `n lot sou wil behoed wat heelwat smartliker is as die lyding wat die liggaam te dra het gedurende die lewe op aarde. En sodra u uself skik in die Wil van God, sodra u geduldig u kruis dra, los die omhulsels van die siel op, sy word ontvanklik vir lig, sy word vry en hoef nou ook die dood nie te vrees nie, sy sal hom begroet as toegang na die ryk van die lig, met vreugde sal sy die liggaam aflê en dankbaar wees dat dit vir haar gely het. Want nou sal sy lewe in lig en vryheid en ewige geluksaligheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205