Boek 22 - Jesus Christus vertroos u
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

SLAE VAN DIE NOODLOT. DIE LIEFDE VAN DIE VADER
B.D. 6277 - 6 Junie 1955
My sorg volg u in Liefde wat nie verander nie, want Ek wil u nie laat ondergaan nie, maar u geluksalig sien. Ek wil u verlos uit die duisternis en u laat binnegaan in die Lig. Daarom sal Ek u nie in ellende en nood stort uit ander motiewe as om u te help om hoër op te gaan nie, omdat u nog in duisternis smag en net nie die krag het om omhoog te gaan nie. Maar My middele en die uitwerking daarvan is vir u vreemd en u is maklik geneig om te glo dat Ek wreed is. Maar glo in My Liefde en glo dat steeds alleen die Liefde My daartoe bring om My werk te verrig; dat Ek met alle gebeure altyd slegs u saligwording voor oë het. Ek alleen is op hoogte van die uitwerking van sulke gebeurtenisse, Ek alleen weet welke weg u sou gegaan het, sonder My slae van die noodlot, en Ek alleen weet wanneer so `n weg op dwaalweë lei en wat Ek nou laat kom om so iets te verhinder, wat steeds My Liefde tot grondslag het en sal `n seënryke uitwerking hê, ook wanneer dit vir u mense onbegryplik voorkom.
In die laaste tyd voor die einde is nou smartlike ingryping van My kant dringend noodsaaklik en dit sal homself steeds meer dikwels herhaal. My Hand sal steeds meer dikwels knope moet losmaak en daar sal nog baie leed en droefheid wees, maar daar sal ook siele gered word, die mense sal duidelik gewys word op Hom Wie die lot van almal in Sy Hande hou, hoewel hulle Hom dan ook net vrees, omdat hulle nie in staat is om Hom lief te hê nie, maar hulle erken Hom, hulle glo aan `n God en Bestuurder van hemel en aarde. En die geloof kan hulle verder lei as hulle van goeie wil is. Die kleinste skepsel besit My Liefde en Ek alleen waarborg almal die Lewe, sodat dit eens ook in die stadium van die vrye wil binnegaan en sy laaste opgawe op aarde kan vervul. Hoeveel meer egter bekommer Ek My oor diegene wat die stadium al bereik het, (die mens) dat hy nie terugval en sy weg oor die aarde tevore, tevergeefs was nie.
Maar Ek sien ook die klippe op die weg van die aarde van ieder mens. En Ek weet of die mens hierdie klippe oorwin of in gevaar is om daarop skipbreuk te lei en Ek volg hom daarom met My sorg en trek hom terug of lei hom op `n ander weg verder. Maar nooit wil Ek sy ondergang wees nie. Tewens sal u moet weet dat Ek steeds `n sorgsame Vader is en dat My vaderlike sorg vir die mense op aarde waardevoller is as die sorg van `n mens ooit vir sy medemense kan wees.
Hou u daaraan steeds vas, wanneer u uself twyfelend die vraag voorlê, hoe Ek dit kan toelaat: Om die kinders tot wese te maak, om families van hul broodwinners beroof, om mense die liefste wat hulle besit, af te neem. Ek kan almal troos, Ek kan alle sorge oorneem en Ek is `n Vader vir almal wat eensaam en verlate is, maar hulle moet die weg na My vind. En dit is dit wat Ek as doel het, dat hulle die verbinding met My tot stand bring in die grootste nood. Want waarvoor het woorde sin wat blyke moet gee van `n geloof aan My, wanneer hulle nie waar gemaak word nie, wanneer die mense nie in daardie geval na My toe kom, as die aardse leed dreig om hulle terneer te druk nie.
Die lewende geloof sal vir die mense `n ware steun wees, maar die dooie geloof laat twyfel op twyfel opkom oor die Liefde en Almag van God. En ieder mens word gekonfronteer met ure van diepste nood. Dan moet hulle hul weg na My neem en Ek sal hulle waarlik help in hul nood. Alleen Ek is die Een Wie kan neem en ook gee. En wanneer u, mense dit weet, glo dan ook daaraan dat Ek wonde kan genees wat Ek geslaan het terwille van u geluksaligheid. Glo vas en twyfel nie dat dit altyd na die geluksaligheid lei, wat vir u as goed en nuttig voorkom nie. My weë is dikwels anders, maar lei sekerlik na die doel. En kom vanuit die geloof steeds na My toe en dan sal u My Liefde kan voel, omdat u in My glo.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205