Boek 22 - Jesus Christus vertroos u
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

VERBINDING MET JESUS CHRISTUS IN ELKE NOOD
B.D. 6363 - 23 September 1955
U, mense sal u innig moet verbind met Jesus Christus, as u uself wil vrymaak van alle foute en swakhede, slegte gewoontes en begeertes, ondeugde van allerlei aard, as u volmaak wil word. Hy alleen kan u daarby help en Hy doen dit, sodra u Hom daarvoor vra en daarmee getuienis aflê dat u aan Hom glo as goddelike Verlosser. Sodra u dus in stryd is, sodra u innerlik ontevrede is oor uself, wend u slegs tot Hom, want Hy het begrip vir elke menslike swakheid, omdat Hy Self as mens Jesus oor die aarde gegaan het.
Maar hy het ook die middel om u te help. Hy versterk u wil en gee u die daartoe benodigde krag uit Sy barmhartigheidskat, wat Hy vir u verwerf het deur Sy dood aan die kruis. U sal op die weg na Hom nie tevergeefs gaan nie, u sal van gewisse hulp gewaarword, wanneer u hulp begeer.
En so sal u dit steeds geleë aan uself moet laat lê om die verbinding met Hom tot stand te bring en te bewaar. Niemand anders kan u hulp verleen nie, Hy alleen kan dit en wil dit ook, omdat Hy dit Self wil dat u vry word van alle boeie wat u na benede trek, omdat Hy dit Self wil, dat u die volmaaktheid van weleer weer bereik, sodat Hy u kan opneem in Sy ryk, wanneer u hierdie aarde sal moet verlaat. Hy wil dat u sal terugkeer na u vaderhuis, om weer geluksalig te wees soos dit was in die allereerste begin. En daarom sal Hy ook alles doen om hierdie terugkeer vir u moontlik te maak en Hy sal dit nie aan barmhartigheidsgeskenke laat ontbreek nie, want Hy het daarom na die aarde afgedaal, om u te help, omdat u alleen nie meer in staat was om die klim omhoog na die lig af te lê nie. Hy het vir u, mense, gesterwe aan die kruis en Hy wil dat daardie offer nie tevergeefs gebring was nie, Hy wil dat alle mense deel hê aan die barmhartigheid van die kruisoffer, dat hulle almal die doel bereik waarvoor Hy Hom Self geoffer het.
Maar u sal self na Hom toe moet kom, u sal u in u nood aan Hom moet toevertrou en om Sy hulp vra en dit sal u ten deel val. Daarom sal u uself steeds van Sy teenwoordigheid bewus moet word. U hoef Hom maar in u gedagtes na u te roep en Hy sal saam met u gaan op al u weë. Die verbinding deur middel van gedagtes verseker u ook van Sy teenwoordigheid en as Jesus Christus naby u is, praat dan met Hom soos met `n broer en ontdoen u van alles wat u terneergedruk maak, lê dit aan Hom voor, en laat u vraag van meer geestelike aard wees, ofskoon u ook in aardse node volledige ondersteuning vind. Maar dink eerste aan die toestand van u siel, en as u onvolkomenhede ontdek, kom vol vertroue met die vraag by Jesus Christus, dat Hy u vrymaak van elke boei, van elke kwaad wat u skei van Hom. Gaan so vertroud met Jesus Christus om soos met u broer en skaam u nie om ook u mees geheime foute en sondes bloot te lê nie. Sy Liefde is oneindig en Hy sal u vergewe en u help om heeltemal vry te word, omdat u Hom erken, omdat u in Hom en in Sy verlossingswerk glo.
Maar iemand wat Hom in sy lewe uitsluit, word self van sy foute en slegte gewoontes die baas, wat nie die verlossingswerk van Jesus en die menswording van God in Hom erken nie; want aan hom ontbreek alle krag, en ook die wil is swak, om ernstig die werk van die omvorming van sy lewe ter hand te neem. Hy sal niks kan bereik, vooraleer hy hom aan die goddelike Verlosser toevertrou het nie. Want elkeen wat vry wil word uit die mag van die teenstander van God, moet tot Jesus Christus roep en hom in volle geloof aan Hom oorgee. Eers dan kan hy gered word, eers dan het hy die krag om homself te verander, om verlos binne te kan gaan in die geestelike ryk, om definitief terug te kan keer na die vaderhuis.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205