Boek 22 - Jesus Christus vertroos u
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

VRIENDSKAP VAN DIE HEER. DIE VOORTYDIGE WEGROEP
B.D. 6678 - 26 Oktober 1956
Hoe eensaam is u, mense, sonder My, ofskoon u van die aardse vriende veel sal kan opmerk. Hulle kan u elke uur verlaat, hulle kan elke oomblik weggeroep word en u alleen agterlaat en niemand kan u die sekerheid gee dat hulle gereed staan om u hulp te bied, wanneer u hulle nodig het nie. Want hierdie vriende van u is mense wat nog nie volmaak is nie en daarom ook tekort kan skiet. As u My egter uitgekies het om u Vriend en Broer te wees, as u uself by My aangesluit het, dan sal u ook sekerlik in elke nood en benoudheid op My kan reken, want Ek sal u nooit verlaat nie, nooit sal Ek van u weggaan of werkloos toesien wanneer u in nood beland nie.
U is onmeetlik ryk te noem as u My vriendskap vir uself verwerf het, wat uitermatig maklik is wanneer u maar hierdie vriendskap wil, wanneer dit u verlange is om u in algehele liefde aan My oor te gee. Want ook Ek verlang na u en kom u daarom dadelik tegemoet, wanneer Ek hierdie wil van u sien.
`n Weg oor die aarde sal sonder My nooit `n sukses wees nie, ook al is u aards `n vasgestelde lewe met skynbare sukses beskore. Maar die siel verkry niks gedurende haar lewe op aarde nie en daarom het sy tevergeefs geleef. Daarom sê Ek: Hoe eensaam is u, mense sonder My, omdat Ek daarmee die lot van die siel, wat deur niemand tersyde gestaan word en haar help om volmaak te word nie, te kenne gee. Sou alle mense tog minstens `n poging wil aanwend om hulle aan hul God en Skepper, hul Vader van ewigheid, toe te vertrou, Hom `n plek in hul hart te gee en hulle deur Hom as Vriend en Broeder raad te laat gee. Maar waar die geloof aan My ontbreek of die geloof slegs `n dooie geloof is, daar word nie aan My gedink en ook word daar geen beroep gedoen op My hulp nie, maar van die aardse lewe word bewustelik ten volle geniet in `n selfversekerdheid wat duidelik karakteriseer deur wie die mense beheer word. En hul siel bly eensaam, omdat die vriende in die wêreld haar nie dit kan gee wat sy nodig het nie.
`n Lewe sonder My kan nie na die doel lei nie en daarom beëindig Ek heel dikwels voortydig die gang oor die aarde van `n mens, om hom in die ryk hierna nog die moontlikheid te gee, om `n stap verder te kom, wat weliswaar ook nog die vraag is, maar tog nog moontlik is. En vóór die einde van hierdie aarde moet My Barmhartigheid nog so baie wonde slaan, wat kan bydra tot die genesing van die siek siel, hetsy deur `n plotselinge wegroep van hulle of deur nood en lyding van `n ander aard, wat al in die aardse lewe opvoedend van invloed op die mense kan wees, Ek moet hulle in sulke probleme bring, dat hulle opsien na `n Helper om dan Self nader na hulle toe te kom, om dan deur hulle as Vriend en Broeder herken te word, aan Wie hulle hul nou onvoorwaardelik toevertrou. `n Lewe sonder My is `n nuttelose lewe en sal daarom meestal saamgaan met aardse sukses, omdat My teenstander daar kan werk waar My teenwoordigheid uitgesluit is. Maar Ek probeer nader aan elke mens kom en daarom sal ook elke mens af en toe buitengewoon moet stry en mislukkings ondervind, en dan verwag Ek dat hy hom tot My sal wend. Is dit tevergeefs, dan is My teenstander ook weer aan die werk en die verwydering van My word steeds groter. Die siel word steeds beklaenswaardiger en My Erbarming bevry haar dan dikwels van haar omhulsel en dan begin daar in die hiernamaals die worsteling om hierdie siel, dat sy daar haar eensaamheid en ellendige toestand insien en haar nou tot Hom wend Wie haar alleen kan help. Maar haar berou sal eendag baie groot wees, wanneer sy insien hoe weinig sy die aardse lewe benut het en hoe weinig sy bereik het, omdat sy vir My, Wie haar waarlik korrek sou gelei het, nie langs haar laat gaan het nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205