Boek 22 - Jesus Christus vertroos u
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18.

JOHANNES 14: 18 "EK SAL U NIE AS WESE AGTERLAAT NIE"
B.D. 7702 - 17 September 1960
Ek wil u nie as wese agterlaat nie. As Vader wil Ek My oor u bekommer en u ook bewyse van My Vaderliefde gee, Ek wil nie dat u alleen en sonder leiding op aarde voortgaan nie, dat u sonder beskerming aan My teenstander oorgelewer is nie, wat u dadelik sal benader wanneer hy sien dat u verlate is. Want Ek hou van u, omdat u My kinders is; wat eens van My uitgegaan het en wat die regte weg verlaat het, wel in vrye wil, maar Ek weerhou hul tog nie My Liefde nie. En My Vaderliefde sal alleen nog daarna streef, dat u weer terugkeer na u vaderhuis. En daarom neem Ek dit op My om u te lei, vooropgestel dat u uself nie hardnekkig teen My verset nie, dat u uself gewillig deur My laat lei. Maar dan is u onder goddelike hoede en kan daar niks met u gebeur nie, u hoef u nie as wese te voel nie, wat alleen staan in die wêreld en u daarom ook dikwels in gevaar bevind. Want dit is My Liefde, dat Ek My skapies by My saambring, dat hulle nie oral hul eie weë gaan nie, dat Ek hulle lok en roep as goeie Herder, Wie geen enkele van Sy skapies wil verloor nie.
En My skape herken ook die stem van hul Herder en hulle volg Hom en Hy sal hulle tuisbring, Hy sal Sy kudde beskerm teen die vyand, wat hulle steeds weer benader om verwarring te stig, om die skapies uitmekaar te dryf waar dit vir hom maar moontlik is. Dan sal My lokroep weerklink, omdat Ek hulle nie oorlaat aan My vyand nie. Ek sal diegene agterna gaan wie te ver geklim het of die gevaar loop om in die afgrond te stort. Want Ek wil geen enkele van My skapies verloor nie, omdat Ek hulle liefhet. En dus hoef geen mens bang te wees om deur My en My Liefde verlaat te word nie, want Ek bekommer My oor elkeen wat in nood is, wat alleen staan en aangewese is op hulp. Ek is almal naby wat maar aan My dink, wie hulle aan My toevertrou in hul nood - en Ek sal as `n goeie Herder teenoor almal handel wat hulle van My verwyder het en wat met lokroepe van Liefde teruggelei moet word, na daar, vanwaar hulle vertrek het.
"Ek sal u nie as wese agterlaat nie". So lui My belofte en so sal u nou ook met oortuiging op My beskerming kan reken, u sal steeds aanspraak kan maak op My hulp, want u weet dat daar Eén is, Wie u Vader wil wees en bly tot in alle ewigheid.
En aan hierdie Vader moet u uself toevertrou, wie u ook mag terneerdruk. En Hy sal u dan aan die hand neem en veilig lei deur alle teëspoed, Hy sal u krag gee om alle hindernisse te oorwin, Hy sal u weë gelyk maak, sodat u sekerlik u doel sal bereik, sodat u die weg na My vind en dan vir ewig by My bly.
Want u almal is My kinders wat eens die Vaderhuis verlaat het, maar wat ook weer terug moet keer en dit steeds maar net kan doen met My hulp. En hulle hoef nie swak te voel nie, want as `n liefdevolle Vader voorsien Ek My kinders van krag, sodat hulle dan ook die weg na die ware vaderland kan aflê, sodat hulle sal terugkeer na My, na hul Vader van ewigheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205